almal is oënskynlik besig om afskeidsbriewe te skryf. Ek hoop nie dat dit as 'n massaselfmoordpoging aangesien gaan word nie!
Die abtes het Maria die non in Salzburg (Die Trapp-Familie Sound of music) gesê: „As God 'n deur toemaak, maak Hy 'n venster oop.” Moenie vergeet nie!
Hoe neem die mense, ook in ander wêrelddele, van mekaar afskeid?
Ons sê, byvoorbeeld, „Mooi loop!” „Mooi bly!” „Totsiens!” „Vaarwel!”
Maar daar's ook ander maniere om dit te sê:
Die Romeine het (op Latyn) gesê, „á Deo”, wat beteken „(gaan) met God”,
die Spanjaarde het dit oorneem: „á Dios”
die Franse ook: „á Dieu”,
dis verduits: „Adé” (in Schwabenland en Bayern),
in Noord-Duitsland: „'Tschüß” (hoor jy, „aa-Djuus” spaans?),
Algemeen-duits, „Geh mit Gott!”,
In Engels: „Goodbye” („God be with ye”).
Eintlik het ons nie 'n woord vir onvermydelikewigafskeidneem nie;
alle vorms dra die hoop dat die toekoms iets nog kan bewerk!
Ek ok.
Intussen verdeel ek
oor skynbaar oneindelike geografiese verte
maar ongelooflike virtuele kubernabyheid
– op elke virtuele linkerwang –
'n virtuele soen.
En ek sê, vaar moet ons vaar,
en sonder ongeval is wel.
VAAR aldus almal WEL
TOT ons mekaar weer SIEN,
Virtueel of reel.
Groetnis vanToom
(met een wenende en een laggende oog)
In Januarie 2016________________ c]:o(٤ (o;[>____________________________tje