Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Om te oorleef; Die stryd om net te oorleef verdwerg my doel in totaliteit!
Alles en almal attack my.
Soos ek hier sit, is my uitsig nil. Ek het die venster se gordyne toegetrek.
Buite, teen die venster, spartel ’n mossie om in die kantoor in te kom.
Hy wil my kom attack.

Vandat ek my verstand het, weet ek dat ek altyd onder attack is.
Ek herinner; Tot Oupa het my attack.
Daai storie toe ek my eerste huis bou. Oupa is alleen en hy moet by ons kom intrek. Sy plaas het hy verkoop, hy kom nou dorp toe.
Ek vat hom so oor die fondasie. Al die vertrekke se eerste ry stene is al uitgepak.
Hy vra my van die baie klein vertrekkie:
“Dit is die toilet oupa.”
“Toilet? wie se plek is dit ou seun?”
“Die klein huisie oupa, net soos op die plaas, maar nou net binne die huis.”
Oupa staan so terug en kyk die plekkie aan.
“Jy bedoel ons gaan nou binne-in die huis skyt?”
“Ja, oupa, dit werk so hier in die dorp.”
As oupa se ogies skrefies trek en hy kyk jou skeef kop aan, dan kom sy attack.
“Boetman, luister vir my, luister mooi wat ek jou vertel, ek en my skyt slaap nie langs een vuur nie, gehoor?”

Hulle beweer dat poppe en speelgoed kom tot lewe in die nag. Museum geraamtes en beelde word lewendig.
Ek getuig:
Dit is nog nag donker. Ek soek iets uit die werkswinkel. Die buitedeur se slot is moeilik om oop te maak in die donker.
Terwyl ek sukkel, smaak dit my ek hoor geluide daar binne.
My pogings slaag, ek maak oop en skakel die knoppie wat die ligte aansit. Die knoppie werk maar die ligte gaan nie aan nie.
Wel, sulke dinge gebeur maar(?)
Ek moet dieper ingaan, daar is nog ander ligte maar die knoppie is verder die plek in.
Daar is uile wat in die nag oppas. Ek het hulle versteur, ek hoor net die gekrap van hulle naels soos hulle op die staal balke gaan sit. Uile vlieg geruisloos.
Ek vra askuus en loop met my foon se liggie na die ander ligte se knoppie.
Die ysters het ook gespeel. Ek het hulle speletjie versteur. Een kon nie vinnig genoeg na sy plek terugkeer nie(?)
Ek skryf ’n vraagteken. Het die ding ’n agenda ? Hoekom het hy vir my, op my pad gewag, op so ’n strategiese plek?
Hoekom het die ligte nie op die knoppie se bevel gewerk nie?

Ek beweeg gemaklik deur die dowwe skynsel na die ander knoppie.
Die vierkant hol yster wat ek die vorige dag skuins afgesny het, die punt vlymskerp, wag sy kans af.
Sy agenda realiseer en ek loop in die skerp punt vas.
Net só! Ek trek die ding uit my been, gooi dit verergd eenkant, los wat ek wou soek en gaan terug kantoor toe.
Ag, nie eers baie bloed nie. Vee die gemors af en draai lap om. Ek word mos gou gesond.
As ek stort, hou ek die lap droog.
Drie dae:
“Willem, daai lap om jou been?”
“ Dis niks nie, net ’n skrapie.”
Dáái stem:
“Lê, ek wil sien!”

Ek gaan ’n kompetisie loods vir ’n manne dag.
Elke een moet ’n bandmasjien vat, vroulief mooi moerig maak en dan haar fanfare opneem.
Op die volgende vergadering sal ons besluit wie se vrou het die beste oorlogskreet.
Ek kan myne se kreet, met die sien van die wond, nie herhaal nie.
Ek onthou net:
Vrot! Tot op die been, vrot!
Dit was vandag, seker ses weke gelede. Nog so twee weke, dan is ek weer reg.
Ek het die yster se attack oorleef.

In die vroeg ure, as ek by die grot aankom, klim ek nooit sonder my kierie uit die bakkie nie.
Ek is lief vir al my diere. My honde het die lieflikste slaap kaste. Dit is winterkoud, die ryp lê wit.
Waar slaap die honde?
Beslis nie in hulle kaste nie.
By die hek het hulle elkeen ’n gat gegrawe. Een links en een regs. Hulle werk julle strategie mooi uit. Die gat is net diep genoeg dat die kop uitsteek.
Daar, net daar, wit geryp, daar slaap hulle.
Hoekom?
Wil hulle my attack?

Ek is paraat. Ek weet:
Bome stap voor karre in, Lamppale stap voor karre in, brugrelings swaai voor karre in, Vensters swaai oop en mense val uit die boonste verdiepings, Tornado’s’ attack verwoed, Honde vreet hulle baas op….
Nie vir my nie.
Ek het my kierie, ek is paraat.
Miskien is dit die doel van my lewe.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

DOEL
Herinner my nogal aan my ouma wat eenmaal vir my gesê het die hele wêreld is teen haar, net oor ek nie haar hare wou "perm" nie. (En ek was nie rêrig teen haar nie, ek wou net die arme yl ou haartjies beskerm want ek het gereken hulle sou heeltemal uitval as hulle met die chemikalieë in verbinding kom.) As sy ook 'n kierie gehad het, was sy dalk meer paraat teen my!
8 jaar 1 maand 1 week 9 ure oud


attack
jy's reg Willie, ons mans is moes altyd onder attack...daarom die kierie, ek loop ook nie sonder myne nie. Lekker gelees!
8 jaar 1 maand 1 week 1 dag 10 ure oud


jou doel in die lewe
Agge nee toggie, Willem...jy is mos nie 'n bangbroek, dat jy nou dink alles wil jou attack nie...paraat, ja, so moet mens wees in vandag se leeftyd...altyd op en wakker, dalk...nee ek wil nie eers daaraan dink nie...maar moenie warrie nie, jy het jou kierie en vertel net jou stories en bogger die res! Lekker gelees!
8 jaar 1 maand 1 week 2 dae 6 ure oud


DOEL
Op jou foto nr 1, jou kolle-brakkie. Dink hy dalk die hoeners wil hom attack?
8 jaar 1 maand 1 week 2 dae 9 ure oud


AA se vraag...
Wat het gebeur dat jy nou so swartgallig is? Nogtans is die beskrywing van die gebeure goed gedoen - jy mag maar!
8 jaar 1 maand 1 week 3 dae 9 ure oud


Ek dag heeltyd
jou doel in die lewe is om mense lekker te laat lag. Dit pas beter by jou as die hele attack gedoente.
8 jaar 1 maand 1 week 4 dae 7 ure oud



Sonstraalbeloftes

deur Doret Johnstone-Robertson

'n Digbundel. Grootliks in Afrikaans, maar bevat ook vyf van my gedigte wat ek in Engels vertaal het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar