Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

So is dit toe –
Die boek is toe en hulle lewe vir altyd gelukkig en tevrede saam –

Mina Afrika van Zuretha Roos is klaar.

Dis nou mooi – baaaaie mooi . . .

Ek gee vyf uit tien opdat :
Die verhaal was spannend en mooi aangepas by ‘ so moes dit gewees het’ –

Die ander vyf punte trek ek af omdat:
Daar was deurentyd ‘n dreigende oemf want die verwagting is geskep dat iets gaan gebeur.
Die bietjie wegraak van Mina was mos nou nie oemf nie –
Dit was deel van die storie . . .

Zuretha kon beter gedoen het ; Mina moes werklik wegraak !

Hoe?

Hierdie slot sou ek gemaak het . . ..

Daai Konstabel –
Hy moet terug gaan Universiteit toe en Argitek word.
Dit is ses jaar later en haar besigheid ontplof en almal is baie tevrede (behalwe Mina met ‘n halwe hart, ‘n geheim van ‘n opgroeiende seun en Apartheid blom !) en toe –
Toe antwoord Mina een nag ‘n klop aan haar deur en daar staat hy !
Die Liefde het geen perke.
Mina pak haar tas en die volgende dag sluit niemand die besigheid oop nie en die dae word weke en die weke word maande en die maande word jare en die snot en trane loop maar Mina is weg soos in weg.

Klaar.

Nou moet die leser self besluit wat het geword van die twee verliefdes

Die vervolg sal wees:
Die terugkeer van Mina Afrika –

Dis dertig jaar later en die vliegtuig land in Kaapstad . . .
Nou volg ‘n spannende verhaal propvol intriges en . . .
Kan jy dink hoe staan Mina voor die een-en-dertigjare pragtige Schoeman en die verhaal moet ontbloot.

Dit is verhaal skryf – die leser moet ook deelneem in sy eie wêreld
5/10 is my besluit.

Groetnis

2015/07/27



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Mooi
Man dit gebeur gewoonlik....dis asof hulle moeg raak vir die storie en dan sommer ophou. Tog was ek tevrede met Julie's Bistro. Man dit was maar 'n lekker storie en ek sien uit na die opvolg.
3 jaar 9 maande 3 weke 5 dae 21 ure oud


***
Nee wat, lyk my ek is besig om die plot te verloor...
3 jaar 9 maande 3 weke 6 dae 17 ure oud



Reistog van Genade

deur Hannelie

My genade reistog van diagnosering van bipolariteit en my reistog na die veiligheid van God se Arms



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar