Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die tropiese storm bars los in al sy woede. Met hand gebare wys ek my troepe om skuiling te soek. Sentraal Afrika, met al sy gevare, en ontberinge, is deel van ons lewe.
Die land is gegiet in bloed. Die Burgeroorlog, terroriste en ongediertes, trotseer ons teen betaling.
Slaap, ontspan en kuier ken ons nie. Die gevaar kom van enige kant. Die knal van die geweerskoot, mag jy dalk nie eers hoor nie. Die tref van die koeël in jou bors, sal jy nie voel nie. Net jou Mede kameraad sal die dowwe plof van die trefslag hoor.

In stille waaksaamheid en spanning wag ons tot die storm bedaar. Ek sit met my rug, gesteun teen die stam van ʼn reuse boom. My troepe skuil effe wyd uitmekaar terwyl elke een in ʼn ander rigting kyk. Alle sintuie word tot die uiterste aangewend. Oë kyk vir die geringste vreemde beweging van ʼn tak of bos. Ore is gespits vir die sagste vreemde geluid. Wapens, met die vinger op die sneller, is gereed vir gebruik.
Stil en bewegingloos, op die hurke, kan hulle vir ure so waaksaam sit.
Die storm bedaar net so vinnig as wat dit gekom het. Niemand beweeg nie. Hulle wag op my bevel. Ek wag en bespied vir nog ʼn half uur en toe fluit ek sag soos ʼn voël uit die omgewing.
My tweede in bevel wys met ʼn ligte handbeweging dat hy my gehoor het. Ek wys hom met handgebare dat die manne hulle kamoeflering moet herstel. Die swaar reën het skade aangerig aan die modder wat ons daarvoor gebruik.
Met stil handgebare gee hy die manne een vir een die opdrag. Net een op ʼn keer mag sy wapen neersit en die kamoeflering doen.

Ons opdrag is duidelik. Opperbevel het kennis gekry van ʼn klooster waarvan hulle nie geweet het nie. Dit is ʼn sagte teiken. Die Terroriste het al groot skade, moord en vernietiging aangerig aan ander kloosters, kerke en hospitale. Ons moet gaan kyk wat by die een aangaan.
Ek wys een troep nader en beveel hom om in die hoë boom te klim en kyk of hy die klooster al kan sien. Van bo af beduie hy in ʼn rigting. Hy klim af en ek gee die teken vir ons aan beweeg.
My Tweede in Bevel beweeg heel voor. 'n Swanger stilte hang oor die woud. In groepe van drie beweeg ons vorentoe. Stop, luister en bespied die deur die digte bos.
Sy sagte fluit en wink laat my vorentoe beweeg. Ons is aan die rand van die oopgekapte area. Ek sien die, met klip geboude klooster reg voor ons.
Ek wys die troepe om uit te sprei en stelling in te neem. Dit is heel moontlik al beset deur die Terroriste. Ons wag in stilte, kyk vir beweging en luister vir enige mensegeluid.
ʼn Doodse stilte hang oor die gebou. Ek wys twee manne aan om my te volg en ons spoed oor die oop terrein, stop teen die muur en bespied van daar af die omgewing.
Op my teken, kom my troepe in groepies vinnig nader en omsirkel die gebou en neem stelling in.
Na ʼn lang ruk, met geen teken van lewe nie, beweeg ek om die gebou en vind die swaar hout deur, effe toegerank. Dit is lank laas oopgemaak.
Hierdie is die gevaarlikste deel van die operasie. Sou daar vyand binne wees, kon hulle spioen ons al raak sien. Dit is moontlik dat hulle op ons binnekoms wag.

Met my rug teen die muur, weg van die deur, strek ek my hand uit en voel aan die grendel. Ek druk dit en beur aan die deur. Ek druk harder. Dit is van binne gegrendel.
Met my geweer se kolf tik ek liggies teen die deur en wag. Ek tik weer en wag. My Tweede in Bevel lig sy vinger, hy hoor iets. Ek luister. Dit is ʼn ligte geritsel.
Ek klop weer. Geen reaksie.
“Kaptein, hier is beslis lewe hier binne.”
Ek knik my kop en kry uit my sak my nota boekie en skryf ʼn boodskap. Deur die opening gleuf, druk ek die stukkie papier en klop weer.
Die geritsel van binne hoor ons duidelik en ek sien die nota vinnig na binne verdwyn.
Na ʼn paar minute kom die flou stemmetjie van binne. Dit is in Engels met ʼn Franse aksent:
“Staan voor die sleutel se gat dat ek jou kan sien.”
Haar stemtoon maak my onrustig. Hierdie is ʼn baie ou streek. Sy kan ʼn gevangene wees en sou ek voor die deur staan, is ek ʼn duidelike teiken van binne af.
“Staan jy eerste terug dat ek jou kan sien.”
Ek hoor haar skuifel geluid en besluit om die kans te vat. Ek loer deur die sleutelgat. Sy staan daar, in volle mondering maar bleek in die gesig. Ek staan ʼn paar tree terug en antwoord:
“Kyk, ons is hier om te help.”
My Luitenant wys met sy duim dit is reg. Die sleutel knars en met ʼn kraak maak die deur effe oop. Hy druk dit verder oop en beweeg in. Die Non steier uit vrees terug. Hy troos haar en ek beveel die troepe om nader te kom. Ek plaas een op wag by die deur en binne.
Die troepe beweeg vinnig na binne en sprei uit. Die verligting op haar gesig vat aan my hart. Haar stemmetjie kom flou:
“ Alles is reg, ons is al maande hier alleen.”
Ek sien egter sy kyk my met welbehae so op en af.
“Hoeveel van julle is hier?”
“Ons is tien vroue alleen.”
Ek kyk en ek dink.
“Wel, ek het ʼn klomp manne hier, ek stel voor dat ons gee vir die vroue met klein mondjies elkeen ʼn man.”
Haar oë begin blink en met ʼn tuit mondjie antwoord sy:
“Dit is ʼn wonderlike gedagte.”
“Wel, dan vir die dames met groot monde gee ons twee manne.”
Sy ruk terug, druk haar hande teen haar sye en rek haar mond groot oop:
“ Maak nou op jou bleddie mind!”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

klein of GROOT
Hahahaha, liewers laat as nooit, mooi man, jy MAG maar!
8 jaar 5 maande 5 dae 3 ure oud


Nonne
Oorlog is oorlog!
8 jaar 5 maande 1 week 2 dae 21 ure oud


Angs bevange..hahaha!!
Ah sneeuwolf, vang jy ons lekker uit nê, ek kan sommer sien hoe lekker jy gelag het met die skryf van die slot! Dankie vir jou goeie sin vir humor wat ons altyd verbly, en net so terloops....jy is 'n great storie verteller. Woes voort!!
8 jaar 5 maande 1 week 3 dae 5 ure oud


rex
Angsbevange ...
Klein botteltjies, groot gif. Jou storietjie is mooi geskryf, jy doen nou baie meer moeite, nê?!
8 jaar 5 maande 1 week 4 dae 4 ure oud


=)
haha eish en hier dog ek dis ernstig....lol wys jou net hoe dink 'n man lol
8 jaar 5 maande 1 week 5 dae 7 ure oud


Grootmond-non
Soos die ander is ek ook lekker met die slap riem gevang!!! Dit was nou ABSOLUUT PUIK!
Ook visueel uitstekend beskryf - mens VOEL en SIEN en LEEF jou absoluut in die storie in.
So asof mens een van daai ou flieks soos "Grensbasis 13" sit en kyk voor die rekenaar.
Ken 'n soortgelyke grappie van 'n platbek-paddatjie en 'n reier, maar mens moet ongelukkig praat vir die "punchline"...
8 jaar 5 maande 1 week 5 dae 18 ure oud


Angsbevange
Lank lewe Willie!
8 jaar 5 maande 2 weke oud


Hahaha!!
Soos altyd veel plesier uit jou gekrif geput! Alles daaraan was puik! Slaap jy ooit snags, Of wanneer dink jy al die dinge uit?!!!
8 jaar 5 maande 2 weke 2 ure oud


Angs Bevange
En so kom die heilige Gees oor onse troepe!!! Hulle was nooit vergeet nie!
8 jaar 5 maande 2 weke 2 ure oud


Kom nou...
Willie, dit was 'n lae hou
lekker gelees, sê ek jou
maar die einde, o bloed
dit was sommer bleddie goed!
8 jaar 5 maande 2 weke 2 ure oud


........
Al wat ek wil weet, was dit regte nonne en het hulle darem gesmile?....Mooi stroie. Om Willem, jy mag maar stories skryf...
8 jaar 5 maande 2 weke 4 ure oud


...
Hahahahaha! Baie goed gevang!
8 jaar 5 maande 2 weke 6 ure oud


.
Puik vermaak goed gedoen, jy het my ook heeltemal onverhoeds betrap met die einde.
8 jaar 5 maande 2 weke 7 ure oud


Sowat van 'n wending .... maande alleen .... ja, maar ons het ander s verwag. Goeie spanningslyn!
8 jaar 5 maande 2 weke 7 ure oud


*
'n Non is nie 'n klip nie...
8 jaar 5 maande 2 weke 8 ure oud


Angs
Agge neeee jou bleddie fool. Hier sit ek en wag, met 'n regop rug en opgehoude asem. Vir 'n bloedige geveg en wonderbaarlike oorwinning! En daar gooi jy yswater in my gesig! Nee man, hoe is jou hart.
Ek moet net sê, tot waar jou streke hul verskyning gemaak het, was dit 'n dem goeie stuk werk. Gemeet aan taalgebruik, struktuur, emosie en tema. Jy het my vasgevang in emosie. En toe klap jy my wakker.
Lekker gelees Wolfie! En uitgevang.
8 jaar 5 maande 2 weke 8 ure oud


bwahahaha
Ja maak nou op jou blerrie mind!
Jy het my lekker uitgevang!
8 jaar 5 maande 2 weke 9 ure oud



Die Ander Vrou

deur http://www.woes.co.za/

Die boek belig 'n wereld oue situasie uit die perspektief van die "ander vrou"- soos deur die vroue self vertel Die boek sluit ook perspektiewe deur 'n maatskaplike werker en 'n predikant in.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar