Gorrel

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

[Vic Viviers se limerick: http://www.woes.co.za/bydrae/gorrelstuk/bogrympie-wolfie-van-tonner


Wolfie van Tonner

daar was 'n man Wolfie van Tonner
sy geheue het almal bewonner
hy het baie verwed
en gewen met roulette
want hý kon die spinner bedonner


Let wel:
Die name van persone wat in bogrympies vervat word, is uit die duim gesuig, dus fiktief en enige moontlike ooreenkoms met bestaande persone is bloot toevallig.]



My poging om hierdie ‘blote toeval’ verder toe te lig:

BLOOT TOEVALLIG?

'n sekere wiek wiwwejee
het kwansuis voorgegee
dat die van tonner wolf
met wit hare wat golf
nie wandel op WOES se weë

http://www.woes.co.za/bydrae/gorrelstuk/bogrympie-wolfie-van-tonner



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

hehehe...
die limerieke gogga het gebyt,
danksy Vic, maar sonder verwyt,
sal almal met liefde probeer lees,
geeneen nodig vir weg te smyt.
7 jaar 5 maande 1 uur oud


Wolfie
Nee wat ek kan sien ek is reg oor jou. As jy jou pen op papieer sit kan dit maar enigiets wees, dit klink maar net altyd reg, en mooi. Dankie weereens was lekker om dit te lees.
7 jaar 5 maande 14 ure oud


Lekker
Die bogrympiebrigade
rym en dig vasberade
vinnig en sekuur
al om die ander uur

Hehehe, is nogal pret!
7 jaar 5 maande 15 ure oud


VIC
Sal maar liewer niks sê nie. Ek bewonder julle mense wat so met die rymery kan speel.
7 jaar 5 maande 18 ure oud


Ita
rympie
willie die donner
laat ons almal wonner
oor sy nuwe gier
wat woesblad versier
met dramas sonner
ons te bedonner
7 jaar 5 maande 21 ure oud


VIC
Daai man het ons omtrent met
'n rym-maak virus besmet.
Selfs die blond het probeer
maar ek sal liewers nie weer.
7 jaar 5 maande 21 ure oud


wiek wiwwejee
Hei Elise -- hoe lekker kry ek nou!

Dit lyk my dis aansteeklik en baie het dit onder lede...

Goeie idee, Raqia!
7 jaar 5 maande 1 dag 1 uur oud


Limirieke
Prettig!
7 jaar 5 maande 1 dag 2 ure oud


uitstekend

. . . . ek wonner nou net,
of Carol brunet,
die volgende tema
as woes skema
nie dalk limiriek moet set
7 jaar 5 maande 1 dag 8 ure oud


giegiegie
o wee
o nee
die wiwwejee!

wat ons algar lat wonner
oor die ou va'tonner
die dêm ou donner

liewe ou Bachie
dankie vir die laggie
maak weer so - nog 'n slaggie!
7 jaar 5 maande 1 dag 10 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

slavin

deur Maangodin

Annelise, die skrywer van Maanvrug, is terug. Ná haar eksoties-metafisiese reis deur die hiernamaals in Weerloos speel slavin weer in die bekende wêreld van hedendaagse Suid-Afrika af. slavin bevraagteken die definisie van normale seks en die aanvaarde sienings oor seksualiteit. Dit streel en verlei, daag uit en wonder. slavin is weereens net vir volwassenes. Eroties Afrikaans.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar