Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dit is 06h15 hierdie Sondagoggend en ek stoot trollie.
Kleinjan werk nie na-weke nie, dan moet ek honde kos gee. Dan loop ek van hondekamp na hondekamp met die trollie en die groot pot pap.
My honde en ek eet saam:
Hoenderkoppe (mildelik) in Putupap gaar gemaak.
My deel is net effe anders – Die putu is ook putu maar vars botter en effe suiker en met ‘n vurk of die hand ge-eet.

Jip, soos Moeder – bymekaar die krummel met die vingers - so ‘n half hand vol ; kompress dit effe vir die optel en druk-druk dit tot ‘n kompakte rolletjie en byt stukkies-stukkies af en eet stadig.

Toe
Toe tuit my ore en sing my kop en ek kan sweer ek hoor glas breek soos in vensters maar hy is te vinnig vir die oog maar ek vang hom op waar hy loodreg die oggend-bloue lug in swiep teen die snelheid van wit lig –

En ek sien dit is Edward wat net sy terugkoms met ‘n laag verbyvlug aangekondig het en ek wonder of sy geld selfs Burgerlugvaart kan smoel maar ek kyk en kyk en ek sien niks . . .
Ek sien niks nie vis wat uit die blou lug val nie en ek is teleurgesteld want hy het belowe om vir my ‘n Geelstert saam te bring.
Daai botteltjie Chivas het nie lank gehou oor hierdie Feestyd nie.

Dis Bruce se honger-neus-stamp teen my been wat my laat aangaan met die kosgee en ek moet roer – hierdie naweek is die Ark weer oop van ouers wat kinders Pukke toe bring en vakansiegangers wat ‘n klein geskenkie vir ons arm-ou-mens-tuis-blyers saambring en ons moet bluf.

Jip
En dis heerlik om te bluf en die waarderende gesigte te geniet
Onbeskaamd en selfs met trots te bluf want sy behou die fancy Nescafè Supreme bottel met skroef deksel maar daar binne is gewone Riccoffee.
Dit word mos saam die suiker, goed bemooi met daai klein gekleurde ‘Thousands’ en die melk in twee vet pens kraffies – warm en koud en dan die fancy bottel “Nescafè’ en daai spesiale tee lepel en die urn wat staan en kook op die buffet . . .
Om arm te wees is nie ‘n skande nie – moet net nie stupid wees nie.
en die kompliment sal inkom:
“Dit is nou lekker, kan ek nog ‘n snit van daai heerlike Appel pie kry?”

Net hier moet beide ek en Anita keer vir verstik. Sy staan eintlik op en verdwyn om die hoek en ek askuus:
“Sy’t seker ‘n krummel in die keel”

Alles is oom Roelf se skuld.
Julle onthou oom Roelf wat in die Winter kom druiwe soek het. Tannie Roelf het die groot K gehad en oom Roelf was al uit gehuil en bleek van wanhoop.
Sewe-en-sestig getroude jare is aan’t opbreek en na elke halmpie hoop word gegryp en die bekende sangeres sê in die Huisgenoot sy gebruik druiwe – baie vars druiwe teen haar K en oom Roelf hardloop in die middel van die Winter rond met harte hoop al is dit net een trossie druiwe en ek omarm hom en sy lyf ruk aan stukke teen myne en die nat van sy wang verkleur my hemp . . .

Wel, dit was twee jaar gelede en nou bel oom Roelf want hy het verwerk en aanvaar en ons kuier voort. Ek ontbyt baie saam met hom want hy het nog ‘n koolstoof en sy pap kom uit ‘n yster potjie en hy sê:
“Willie, bring skottels, die pere val en bemors my bakkie !”

Dit is nie so maklik nie. Ek moet die bakkie stellasie en die lang leer saamvat want die bome is hoog en ek moet die klein swartetjie wat my altyd baie gewillig help aanhou wys hoe oes mens ‘n peer –
Jy pluk nie ‘n peer nie; jy pluk ‘n appel of perske maar ‘n peer lig jy!
Handpalm onder die vrug en lig dit net effe op. Dit sal self sy takkie los indien dit reg is en in die palm van jou hand snoesig dan moet jy dit netjies neersit.
Anita strip as daar kneus kolle op die vrugte is.

Gisteroggend vroeg blaas sy die fluitjie – om my te roep as ek iewers in die tuin is, blaas sy op ‘n fluitjie en ek staan nader:
“Maak vir my twee groot bottels pere oop ek wil ‘n pastei vir die besoekers maak, skei die stroop af en maal dit sommer klaar.”

Dit is nou hierdie pastei wat herdoop word na ‘Apple pie” deur die grend mense maar ek troos haar in haar ontstoke toe sy uit kan-nie-verstaan by my wil weet:
“Willie, kan die mense nie die pere proe nie?”

Ek troos:
“’Nita, al is hulle ryk koop hulle een peer teen R15.00. Hulle het nie ‘n oom Roelf nie en die brein ken van ‘n pak appels en nie van ‘n pak pere nie.”

Haar trane het egter spoedig omgesit in gatwip:

In die week lui my foon vroeg oggend en ek sien dit is haar werk foon en ek worry dadelik: Ek het haar dan pas afgelaai?
“Willie, iemand het ‘n hele skottel vye gebring. Kom haal dit, skil dit en pak in die vrieskas.
Wragtig, die volgende oggend lui my foon weer en die storie herhaal.
Met die skil van die grote vye, sien dit is anders. Dit is massiewe pers vye met miljuisende pitte en die kroontjie is versteen van die soet en baie donker.
Bol kiewe skil ek en nou is daar twee skottels vol in die vrieskas.
Laat gistermiddag, toe die ‘apple-pie ‘ eters almal weg is, start ons vir monday-monday en ek start vir Big Jim ook want –
In dieselfde vrieskas is ook nog ‘n hele pak snipper perskes van die anderdag se inmaak wat ek uitgehou het vir konfyt.

Ons kook saam -
Een kook en die ander een saam net; spoel die taai afvee doekies uit en hou die proppe onder kook water en op bevel, verstel aan die hitte vlam van die gas bottels en sy roer-en-roer en ek gatsit en hou my hande tuis.

En sy roer maar ek vang haar kyk die vye pot in en ek sien sy vat die skerp-punt-messie en vis-vis na iets:
“Het jy die vrugte mooi deur gegaan met die skillery?”
Ek weet waarna sy vis. Ek het my bril op gehad met die skillery. Ek het gekyk en gekyk in die kroontjie en dubbel seker gemaak daar is nie lewe nie maar satan is op my skouer:
“Hoekom vra jy? Waarna vis-vis jy so?”
Toe
Toe vis sy raak en versigtig gooi sy in die wasbak en toe is die gort gaar – toe vis sy ernstig en haar gesig vel verkleur en duiweltjie seg:
“Vat hom Willie!”
Ek weet dit is versteende soet en die vrugte is donker pers van kleur en die versteende soet vertoon swart en agterdogtig en ek weet sy dink dit is gogga-agtige iets:
“Anita dit is suiwer proteïen en dit sal net daai pikante smaak aan die konfyt gee.”

Ek was net-net betyds want sy gooi die visvang tools in die wasbak, gryp die groot lap en ek sien sy wil die pot aftel . . .
Blixem . . .!
Maar so ‘n merrie het haar verg en dit het gebly tot na die bottelary want toe bekyk sy die pot met ‘n tweede oog en dit is net pitte en jy sien net pitte!

My troos :
“Anita, dit is hoe vye konfyt eintlik moet lyk!”

Ek weet wat gaan deur haar gedagte:
Die anderdag stop ons by die rak met die “tuis gemaak” en duidelik sien mens net vier of vyf pitte.

“Aniita, die tuisgemaak gebruik ook maar pampoen. Hulle is net meer suiwer –
Een pampoen op een vy !”

2015/01/11



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Apple
Lekkerte tog!
Ag Wolf, fax daar vir my 'n ou ietsie.
Perske jem, Vye jem, Apple-peer pie....enige iets sal goed wees, selfs al is daar biki protein in!
5 jaar 2 maande 2 weke 4 dae 14 ure oud


jem
willie altyd lekker om jou bydraes te lees
5 jaar 2 maande 2 weke 5 dae 2 ure oud


Jem
Operasie-Jem-kook laat julle nog wraggies kommunikeer!
Ek is seker die slim mense sal dit van nou af as noodsaaklike berading aanbeveel!
Miskien moet ons dit ook probeer!
He-he-he, ek het ook nou die dag by oom Koos, toe Gawie sy trekker wat die lusern vir die Nyalas en Koedoes aflaai, gaan regmaak het, jemtamaties gekry. Ja, ek het gekook, met heelgemmer en als!
5 jaar 2 maande 2 weke 5 dae 6 ure oud


Apple pie
Vreemd wat lig kan doen

Ek het twee foto's bygevoeg

Die pers van die vye kom nou beter deur - alhoewel nog baie ligter as werklik.
5 jaar 2 maande 2 weke 5 dae 17 ure oud


Apple pie
Die foto's
Vensterbank = Geelpeske jem.
Dit lyk mooi nê

Pitte =
Die flits van die kamera verander die kleur.
Dit is veel meer donker

Iemand vir 'n snit Apple pie ?
5 jaar 2 maande 2 weke 5 dae 18 ure oud



Weerloos

deur Maangodin

Eroties Afrikaans - sodat ons in ons eie taal geprikkel kan word.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar