Gorrel

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek loop so kop onderstebo myself vanoggend in ʼn groot virtuele koper Gong was. So ʼn eier op my voorkop mens kan dit amper rêrig sien. Boinggg... Boinnng ... Boing. Toe die sterretjies minder raak begin die groot rooi letters wat daar regs, amper bo op die Woes blad, soos neon ligte aan en af flikker. PUBLISEER ...publiseer..PUBLISEER. Dis alles te danke aan twee dinge. Nommer een dat ek gereeld loop en mor dat ek nooit ʼn boek gaan Publiseer teen die trant wat ek gorrel nie en Nommer Twee vanweë ʼn gedagte wat krap vandat ek dit gelees het. Dit was van Weeping Willow wat nou die dag ʼn aanmerking gemaak het, dat mense nie haar werk moet kritiseer nie en dan liewer moet afgaan/uitgaan uit haar blad uit.(Ek is haar dankbaar dat dit my laat dink het, Dankie Wilger).

BOIINGGG –Kom ek mos vanoggend by. Ek Publiseer reeds. Publiseer beteken vir die Publiek oop stel en die Publiek is Almal. Solank jy agter jou rekenaar of A4 blokkie sit en potlood kou, sit en skryf is dit vir jouself. Dit nie kritiek waardig nie, mens kritiseer nie goed waaraan jy die lewe geskenk het nie. Dis jou eiegoed. ʼn Joernaal as jy wil boek hou van jou emosies. As jy op FaceBook skryf is dit jou blad en jy kies mos jou vriende. Sodra jy ʼn werk, van watter aard ook al op Woes plaas, is dit op Woes se blad, nie joune nie. Jy het Werk gemaak van jou woorde en of gevoelens en dit ge-Publiseer. Dis die ganse wye wêreld in (en die Heelal vir al wat ons weet).

Woes is ʼn Web blad, enige iemand wat toegang tot die Internet het, kan jou werk wat jy gepubliseer het, lees en kommentaar of kritiek daaroor lewer. Jy self het dit oop gestel aan die Publiek deur dit te Publiseer op Woes. Enige iemand kan lees wat geskryf word op Woes en kommentaar deur bloot in te teken. Ons het dus ʼn potensiële Internet lesers kring van 6,930,055,154 (volgens Statistieke Desember 2011). Dis meer lesers as Die Son en die Landbou Weekblad saam, ek het gaan tel. Boiiinnggg !! en moenie sê : “Jaaaa, maaar dis Afrikaans nie” ʼn Mens kan mos deesdae enige iets vertaal na al wat ʼn vertaalbare taal is. Capishe ?

Bring my tot die BOIIGGG PUNT en dit is:- Wanneer jy skryf , of jy nou ʼn gesoute Skrywer of ʼn Eppie is, deel jy meer as woorde, styl, tema. Jy stel jou persoonlikheid, waardes, opvoeding, vrese (die hele inhoud van jou mens wees) bloot aan die leser. Nie altyd maklik om agter te kom by goeie Storie Vertellers nie, maar dit kan gedoen word en as jy dig of rubriek skryf is jy ʼn ope boek.

Meer as dit, skep ons gesamentlik, as skrywers by Woes, ʼn beeld aan die ganse mensdom, oor hoe Afrikaans sprekende mense is, lyk, voel dink, selfs al skryf jy onder ʼn skuil naam. Dit is vreesaanjaend. Ook die kommentaar wat deur mede-Woesters gelewer word, op medeskrywers en die werk word ‘gelees’ as tipiese Afrikaanse Mentaliteit, Karakter etc. en dra by tot die positiewe of negatiewe beeld wat ons vanaf hierdie skrywers forum projekteer as ʼn groep (en as indiwidue).

Eina ! Hier is ek, Bettie Bitterbek, nou ewe skielik verantwoordelik vir die goeie beeld van Afrikaans sprekende mense, as geestesgesonde en beskaafde, verantwoordelike  mense. Booiing Boinnggg Boink. Onthou die gesegde : “Het jou ore gehoor wat jou mond nou net gesê het ?” (Het jou oë gesien wat jou vingers nou net geskryf het?)

Ons het nou nie die luukse om iemand te hê wat ons werk redigeer nie maar ons kan dit maar paar keer deur lees en oor skryf en herskryf voor ons dit plaas, en bowen alles besin voor ons die kunswerk van ons breins die Woeste in stuur. Ja, daar is ʼn heel groot klomp van ons wat lees gestremd is, swak oë en bewerige hande het maar dis okei.

Een ding is egter seker en dit is om beter te kan skryf, moet mens dit aan hou doen dag na dag na dag, totdat jy tevrede is met jou werk want ons bloed is mos Ink. Laat hy val waar hy wil !



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Gong
En da slat die gong my ook voor die kop so uit jou skryfsel uit. Ek is nou ook 'n gepubliseerde skrywer!
4 jaar 9 maande 6 dae 13 ure oud


Ita
stem
ek stem saam dat mens moet kan kritiek aanvaar soos wat jy in par 2 en wat volg noem,dis mos wat jy share en nie meer alleenbesit nie
4 jaar 9 maande 1 week 4 ure oud


vraag ------Ita
Nie seker waarmee jy nie saamstem nie ?
4 jaar 9 maande 1 week 11 ure oud


Ita
saamstem
O hoe stem ek nie saam nie!! As mens jou breinvondse hier op die publieke domein plaas ,moet jy aanvaar dat jy ( enige ene )kritiek gaan ontvang.En halleluja daarvoor ,want die hou mens in voeling met die breë leserspubliek en hoe hul jou pennevrugte beleef!As hul net sinvol wil kritiek lewer oor wat mens skryf,die inhoudelike wil aanvat,of mens se skryfstyl,en net wil waak teen eiers lê wat geen verband hou met mens se skrywe nie!En hier vaar ek nie teen enige spesifieke skrywer uit nie.En grooooooot les wat mens hier leer en ALTYD moet onthou,is om nie die intelligensie van die leser te onderskat nie!!Eina...Boinck...nou sommer my eiers ongevraag hier kom neerplons.Baie dankie my oulike tertjie met brannewyn vir jou gepaste gorrel!
4 jaar 9 maande 1 week 12 ure oud


Boiinngg !
Demmit, nou sal ek 'n bietjie versigtiger moet wees met my PubliSeriNg... Het juis netnou gesien die meervoud van troebadoer [volgens my ou woordeboekie] behoort eintlik met 'n "s" te eindig en nie met 'n "e" nie. Maar nou ja, ek kom uit die tyd toe ons nog van Australianers gepraat het...

Lekker gelees, dankie [en ek stem].
4 jaar 9 maande 1 week 14 ure oud


...
Ek stem vir jou.
4 jaar 9 maande 1 week 1 dag oud


TadadadeDAAA!
Goue medalje vir hierdie ene!
4 jaar 9 maande 1 week 1 dag 7 ure oud


/
Binne inniemirrilvanniekol in!

Wanneer die liefde vir en behoefte aan die skrywery so groot is soos dit klaarblyklik in jou geval is, dan mòet jy mos skryf. Sonder ophou.

Om te skryf is nie vir sissies nie!!!

Wat die 'boek skryf' betref...Indien meesters soos Mark Twain 10 lange jare geneem het om Huckleberry Finn te skryf, het jy en ek en derduisende ander wannabe's mos geen rede om te teem, indien daar na 'n paar jaar nog steeds zilch op die boekrak is nie.

Wanneer mens skryfsels op Woes of waar ookal vir algemene kennisname kom plak, moet jy sekerlik aanvaar dat positiewe en/of negatiewe kritiek noodwendig mag volg.

Miskien moet mens eerder sak-en-as en klere skeur oorweeg, wanneer jy iets wil sê, maar niemand stel belang om te weet wat jy ookal te sê mag hê nie.
4 jaar 9 maande 1 week 1 dag 10 ure oud


PS -
Hierdie is geensins kritiek op enige iemand nie, bloot my eie persoonlike Boiing oomblik gewees :-) Lekker dag aan almal.
4 jaar 9 maande 1 week 1 dag 16 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

LIESBETH

deur Trixie

'n Tradisionele roman wat wye lewensveld in kompakte tonele aanbied. Liesbeth stoei onwetend met die emansipasie-draak en vind uiteindelik vrede by Hein.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar