Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Ek slip van tyd tot tyd op met . . . .
Vergeet –
Plein en simpel vergeet.


Wanneer ek iets op band opneem soos met die gedigte moet ek tog die onderwerp ‘n naam gee om dit weer te kan vind.
Die naam tik ek in en dit is gewoonlik die opskrif van die gedig.
Nou tree die tegnologie in:
Wanneer daar enige leesteken in die naam is, tree die duiwel in.

Normaalweg toets ek nadat ek geplaas het om foute en weglatings reg te stel - maar ander kere toets ek nie want sulke ‘upload’ en ‘download’ vreet my bites op.

Toets ek nie, kom my broer – die satan – in en as jy as leser wil luister, seg die duiwel:
FILE NOT FOUND!

Whaaaaa . . . kom die beswaar:
“Jy foeter met my rond – daar is geen klank nie !!!”

Hoepla daizie . . . .
Dan hol ek terug en verwyder gou al die leestekens in die opskrif en daarmee neutraliseer ek boetie duiwel se streke en . . .
Whallaaaaaa . . .
Julle kan lekker luister.

Gaan asseblief terug na Viooltjie se : “Toemaar, my Meisiekind”
Ek het die komma uit die opskrif gehaal en nou kan julle lekker luister.

Ek dink dis ‘n goeie werk – of ek waarde toegevoeg het, dit weet ek nie.
Ek try maar net.

Liefde en weer my askuus aan julle.

2015/01/28



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Hmmmmmm
So die duiwel is in die detail?
Of eerder leestekens...
"Hier lê my vrou Griet,
in die hemel is sy niet,
in die hel, dit weet ek wel!"
;-)
Eerder:
"Hier lê my vrou Griet,
in die hemel is sy,
niet in die hel,
dit weet ek wel!"
:-D
4 jaar 5 maande 3 weke 2 dae 16 ure oud


Toemaar
Ek kon lees, my rekenaar het nou sy streke gelos lyk dit my!
4 jaar 5 maande 3 weke 2 dae 20 ure oud


;-)
Ag wat, Willie...ons waardeer maar net al die moeite wat jy doen :-) Baie dankie..
4 jaar 5 maande 3 weke 3 dae 8 ure oud



DVD-reeks, HOE HOOR EK DIE HERE SE STEM

deur Christo Nel

Hoe hoor ek die Here se stem? Soveel gelowiges vra gedurig: Maar hoe hoor ek die Here se stem in my lewe? In hiedie DVD-toerustingskursus gebruik Christo Nel 9 sessies om verskillende fasette van die antwoord op hierdie vraag vir gelowiges te belig.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar