Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek is nie baar nie – ek praat maar net die taal wat ek enige plek sal praat . . .
Want ek skuld niemand niks.
(Behalwe vir my geliefde lesers op Woes en ander plekke – ‘n Storie.)
Jy kan lees as jy wil.
Thanks.


Storie een:
Bounty Hunter:
Alle cowboy fliek maniakke weet wat dit beteken.
In gewone taal is dit so ’n breed van skouer, smal van heup, skuins van stap, strak van gesig met hoed laag oor die oë getrek, stil gekom, stiller weggegaan, misteurieuse wese met ‘n langloop rewolwer laag teen die bo-been en die breed, met ry patroon-belaaide-blinkleer-gordel om die dun middel.
Agter, so ’n paar meter weg, hande agter die rug gebind, seer van voet, vaal van stof, sleepvoet strompel sy gevangene aan ’n tou om die nek en aan die saalboom vasgemaak.
Soms is daar nog ’n perd agter die stil man – ‘n perd met ’n liggaam hangende oor die saal wat op sleep leisel agter die stil man aankom – die, op-sy-pens-hang-man . . . is leweloos.

Op sy skimagtige, grasieuse manier, sal hy stop voor die planke-geboue dorp se Sherrif kantoor, die vier plank trappies bestyg met die stêr-yster spore aan sy leer skerppunt boots klingelend, die kantoor binnegaan, die oopgerolde A4 grootte tekenprentjie van ’n man se gesig met die onderskrif: ’ WANTED – DEAD OR ALIVE’ op die Sherrif se tafel neersit en sy hand uitsteek.

Die opvolgende toneel is, is stereo-tiep en gewoon:
Die Sherrif oorhandig ’n pakkie geldnote en stap saam met swaai-in-die-heup-cowboy na buite. Indien dit ’n lewelose siel, hangende oor die saal is, het die dorpie se verpiepte klein mannetjie met die pluiskuil-hoed en sy wa met kis alreeds langesaan gestop en wag net vir die oorlaai bevel.
Indien die gevangene, vloekend en skellend aan ’n tou vas is, sal die Sherrif hom hardhandig aan sy nek en broek se gat vasvat en na binne neem, in ’n klein traliesel toesluit, waar die beserk man deur ’n klein venster kan kyk hoe ’n platform-meer-as-net-kophoog-hout galg buite aanmekaar getimmer word.
Dit is ’n skildery uit die vroeg-jare-geskiedenis van Amerika.

Storie twee:
Die Engelse sê dit mooi; die Afrikaans is ewe mooi:
‘Money makes the World gou round’
“Geld laat die wiele rol’ ( . . . ‘laat die wêreld draai’ – klink ook reg)
Ek laaik meer die Engels.
Dit beteken iets baie, baie dieper; baie meer ernstig. Dit beteken eintlik in plein Afrikaans wat dit is:
Politiek doen dit nie; georganiseerde mensegroepe ook nie.
Banke doen dit alreeds en gaan uiteindelik wen en die bo-toon voer.

Die ‘Stelsel’, geld organisasies soos banke, assuransie, geldskieters en ander haaie, is in beheer van alles en almal en dit is nie mense nie maar slegs masjiene – geprogrammeerde rekenaars met menslike knegte in die vorm van gesiglose wrede Prokureers en stupid, antwoordlose, redelose, mense-pionne-klerke, doen die fisieke :
“Meneer / dame, die rekenaar sê . . . “
Wie uiteindelik die besitters is, is nie baie duidelik nie, want dit wil voorkom asof die Direkteure wel groot salaris (voordele) verdieners is, maar iemand pocket wel uiteindelik.

Storie drie.
Sy ry op die grootpad – teen ’n spoed. Haar niks-sien-oge, wel op die pad gerig en met net een hand op die stuurwiel want die ander hand hou ’n selfoon teen een oor en die werking van die kop, met daar binne dit wat veronderstel is om ’n brein te wees, is nie hier nie, maar wel iewers, daar vêr waar die selfoon se gesprek vandaan kom en dit gebeur gelyk:
Die niks-sien-oge merk vlugtig die tarentaal.
Die een, in-onbruik-oor, hoor die slag.
Die ‘brein’ is by wat op die selfoon gepraat word en . . .
Die motor ry voort teen dieselfde spoed - vir net ’n wyle en begint dan te stotter- stotter-stotter en ruk-ruk-ruk en kom snikkend, stadig sterwend tot stilstand met rook en stoom wat van onder die enjinkap uit borrel en blaas.

Haar moer slaan om vir die verdomde kar. Sy pluk haar versteurde lyf heel bedonnerd uit die kar en lig die warm enjinkap met ’n vloek na bowe en haar oge sien niks – net ’n verflenterde oorblyfsel van vere en bloed en gebrande vleis van wat minute gelede nog ’n prag-natuurskepping ; ’n tarentaal was en die gemors van ’n sissende, stomende, gloeiende enjin en erg beskadigde motor-voorrooster ( is ‘grill’ nie ’n beter beskrywing nie?) en ‘n vervrommelde verkoeler met kookwater wat oral uit blaas en stoom en sy kyk na vore en sy kyk na agter en sy sien net die lang slang van ‘n stuk swart teerpad met weerskante van haar die stil, wye, verlate, vlaktes – die mooi en prag en praal van die goeie reën seisoen se groen graswuiwende halms en die skone wegsteek blommetjie natuurskoon is buite haar perspektief en sy is woedend en bel.

Storie vier.
Sy is ’n doodgewone werkende vrou met die kar wat vir haar moet help om geld te verdien en die kar is op skuld.
( ‘Motor’ is verkeerd. ’n Motor dryf ’n fanbelt of dryf iets aan, ’n Kar ry jy mee. Perdekar, kapkar, bokkie kar . . . die ou mense was reg. Motorkar is dubbelsinnig – watter een van die twee praat jy van; die motor of die kar? – Moenie die motor ry nie, dit word warm en gaan jou gat brand en jou nylon pantie skroei dat jy net ruik hare brand. Wat maak jy in elk geval met ’n verbrande koekie langes die grootpad? Bly dus maar met die kar.)

{ 06.30. Hou vas ek moet loop brekfis en my pille sluk en hoor of sy lekker geslaap het – ek het nie. Ek is nou-nou terug; moenie weggaan nie!}

Storie vyf (a).
Elke aksie het ‘n teen-aksie. Stadig met die pille – doen presies soos die voorskrif. Die pil help hier maar newe effek daar. Aspirine verdun die bloed . . . los maar – jy verstaan wat ek bedoel.
Elke oortreding het ‘n straf.
Die ‘Stelsel’ is in beheer en die rekenaar sê:
Dame die skade aan die kar beloop R40,000
Die uitstaande skuld aan die bank beloop R50,000
Die kar se boekwaarde is R40,000
Ek, die assuransie, is verantwoordelik teenoor die Derde party – die bank en dus die werklike eienaar van die kar. Jy het net die kar gebruik-huur en jy het die kar verniel.
Nou gaan ons eers die bank betaal en dan vat ons die kar en nou moet jy nog vir die bank die uitstaande R10,000 ook betaal.

En die vrou bars uit in trane wat nie help nie want die ekonomiese reël sê duidelik:
“Jy mag nie op skuld koop nie – indien jy wel op skuld koop, betaal jou skuld so vinnig soos weerlig.”

Storie vyf (b)
Hennie koop sy bakkie op skuld en die bank dring aan op versekering – hy is tog die werklike eienaar.
Skelms breek in by die huis en steel die bakkie en jaag weg.
Die opspoor mense kry die bakkie op ‘n verlate plek met voor-konsole verflenter en ‘n paar ligte stampe en duike.
Die assuransie sê:
Hennie, die skade is R50,000 maar jy skuld die bank R40,000. Ons moet eers die bank se R40,000 betaal en dan vat ons maar die bakkie en gee vir jou R10,000.

Hennie het klaar geslaap:
“Nee, wag ‘n bietjie, ek gaan gou vir die bank sy R40,000 wat ek hom skuld gee, dan hou ek die bakkie want dit is nou myne en dan gee julle vir my die R50,000 assuransie.
Met hierdie skuif, slaat Hennie die ‘Stelsel’ met ‘n Spoorweg klap, plat op sy bek.
Hennie gaan privaat onderdele verkoper toe, kry ‘n konsole vir R3000 en laat dit privaat insit en herstel vir R2000 en los die skrape en duike want in die stad is ‘n bakkie met skrape en duike kiets en WAP! steek hy R45, 000 in sy sak.

Storie ses
Die banke en die assuransie is in die oë van die verbruiker boelies en boelie handeling word altyd gestraf.
Omdat die ‘Stelsel’ eintlik net geprogrammeerde rekenaars is, kan die rekenaars nie redeneer nie en daar is Bounty Hunters met die hedendaagse naam van ‘Hackers’.

Daar is ‘n baie klein arm landjie in die Grote Noorde van sand, klip, woesteny en die inwoners bly in karige tent huise maar daai inwoners is die beste Hackers en sit met miljarde in die sak wat hulle uit banke roof.
Dit is ‘n globale probleem vir banke en bydraend tot die grootskaalse ekonomiese insinking van geldstelsels en lande se ekonomie.

My storie het nie - soos gewoonlik – ‘n einde nie.
My storie gaan maar net oor geld en geld laat die wêreld draai en dit laat my met ‘n versoek:
Terwyl die Aarde draai en jy staan iewers en daar val ‘n sak geld af –
Asseblief, my telefoon nommer is op my profiel – stuur vir my ‘n bietjie – net ‘n klein bietjie vir melk en suiker en ‘n toffie of wat . . .
Wat ?
Wat praat ek alles . . .
Koebaai!

Willie F van Tonder
2014/01/29



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Hmmmmmmm
Dink ek lankal ons is skape ter slagting en word met allerhande dinge soos "swartlys" geboelie deur die banke en mede rowers soos assuransie. Almal georganiseerde misdaad soos Mafia, net met wette wat hulle beskerm en die gewone man in kettings slaan en verkneg tot in alle ewigheid!
Ek baklei al van laaankal met woord en daad teen die klomp. Meestal met minder beskaafde woord en redelik minagtende dade..
Moet jou nooit laat boelie deur die klomp nie, al moet jy ook hulle moere vloek! Posession is 90% of the law... maar as jy eers die kar of wrak uit jou hande laat glip het, is jy gedoem!!
Sterkte in die stryd...
6 jaar 2 weke 5 dae 9 ure oud


Geldmag
Baie waar. Ons is slawe met oogklappe.
6 jaar 2 weke 6 dae 13 ure oud


bounty hunter
willie jou ou doring. dis nou n pragtige vergelyking van die jakkalse van daardie tyd en nou. deesdae besluit die rekenaar mos alles die dae van n goeie bankbestuurder in die oê kyk is verby
6 jaar 2 weke 6 dae 14 ure oud



Tong in die kies

deur Delene de Wet

My menswees: my blydskap, humor, nostalgie, ironie, walging en poppies uit pram gooi, en ja, natuurlik ook vuurwarm liefde in die vorm van kortverhale, gedigte, monoloë en briewe. Die boek is 'n gesprek met jou, die leser, want op die einde van die dag is ons eintlik almal besig met dieselfde avontuur in die soeke na oorlewing.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar