Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

my vrou dink dis te oulik,ek kan die ou liedjie nie verdra nie.sou al lankal by die 'raad van misleidende advertensies' gekla het as dit nie was dat ek so mal is oor tjoklits nie.veral paashaas sjokelade!net jammer die goed is so blerrie duur!vir jare loop ek verby al die hasies en 'settle' vir 24 marshmellow hasies,diertjies of wat ookal.dan eet ek te veel,ek is vies vir myself en sweer nie weer nie.verlede jaar het Clicks 'n 'special'- Lindt sjokelade,hierdie vierkantige boksies,koop 3 en kry een persent! my vrou verdeel dit netjies regverdig,twee vir haar en een vir my.elke keer as ek 'n skokelade(nie verkeerd gespel nie) in my mond sit en dink dit kos R5 dan stik ek.nou die dag kom my kans en in Pick en Pay,het een of ander stoute kind 'n groot haas skelm stukkend gedruk en aan hom begin eet.ek vat toe ook maar 'n stukkie(dit le oop en bloot daar!)en vind myself vier keer verby dieselfde rak loop.hoekom verstaan ek die waarheid van sonde en versoeking soveel beter ten proeing van sulke hemelse appels(ek bedoel tjoklits)dis toe my dag ook, want erens is daar 'n groothaas uitverkoping.seker 'n voet hoog!vir 'n belaglike prys.nou as daar een ding is van tjoklits en ek,ek laat dit nie oud word nie.voor ek nog die kar vind in die parkeerarea is die haas driekart daarmee heen.ek kon dit nie glo nie maar die tjoklits proe toe nie meer so lekker soos daai gesteeldes nie.nie eers soos die marshmellow hasies nie.om die waarheid te se,ek voel toe aardig-net soos Adam moes gevoel het.
Nou,ter onderbreking,wyl ek die slegte gevoelentheid afskud-ek het twee dierbare,heelwat ouer vriende(soos in 84 jaar oud)wanneer hulle 'n blok tjoklits koop,word hy gebreek in blokkies en in 'n blikkie gebere en elke aand kry hy en sy 'n blokkie.dis nou sonde as jy van sonde praat.
terug by myself,wanneer ek 'n 'slab' koop of kry,dan breek ek hom ook op in strokies van vier,le hulle netjies uit en daag myself uit om so lank moontlik uittehou.ek verloor elke keer,dan voel ek so skuldig,gaan haal my 'rosery' se 10 keer die 'hail mary' en gaan drink 'n koppie jamica gemmer.
dan moet jy nou nie vir my daai simpel liedjie speel of sing nie,ek is mos darem ok maar net 'n mens.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Lag ek nou...
... vir jou wat 4 keer in die stukkende haas se paadjie af geloop het!!!
7 jaar 7 maande 1 week 21 ure oud



HOOP

deur Ano

HOOP is 'n hulpmiddel vir persone wat sukkel om die dood van 'n geliefde te verwerk. Die hoofstukke is kort en aan die einde van elkeen is 'n paar vrae wat jy aan jouself kan stel. Vrae soos 'Van watter metodes maak jy gebruik om van jou rou af weg te vlug', of 'Hoe hanteer jy verjaarsdae en ander feestelike byeenkomste'? Hierdeur hoop ek die leser sal tyd in introspeksie deurbring en vir homself 'n paar antwoorde vind.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar