Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek was nou die dag by ‘n Kermis of “Bazaar”, soos die ouer mense sȇ en wat sal ek sien?
Die koektafel is deurspek van “gekoopte” koeke. Selfs die pryse wat dit by die kettingwinkels voor verkoop word, was nog op die koeke. Dus, is my gevolgtrekking, dat die ouers ‘n koek moes skenk en die instansie maak dan weer ‘n fortuin op die koeke deur dit vir die oorspronklike bedrag te verkwansel.

Nou is my vraag? Kan ons jongmense dan nie meer koekbak nie? Om die waarheid te sȇ, ek sien myself nie as ‘n “bakster” nie, want selfs die koeke wat uit pakkies kom, is floppe, wanneer dit deur my vingers is. Tog, gee ek nie op nie, en het ek uiteindelik ‘n “floplose” sjokoladekoek resep gekry. Ek was in ekstase toe die ronde koek “gaar” uit die pannetjie gehaal is.

Dit wys jou nou net weereens “probeer is die beste geweer”

My dogter het onlangs drie verjaardagkoeke moes voorsien, Die eerste het sy die vanillabasis by ‘n plek gaan koop en toe ontdek sy , versiersuikerblommetjies en kersies en… en… Nou is sy skielik ‘n ‘bakster en koekversierder.” Ek moet egter erken, die koeke lyk pragtig en sy gaan beslis binnekort groot bestellings kry.

Is daar nog mense wat vroeg opstaan om koeksuster te bak, of broodjies knie. Ek sal beslis wil weet wie nog vlytig in die kombuis is.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Bak en brou
Ek het belowe dat ek vir niemand sal se, dat sy bak en brou nie. Dus , kan julle maar net raai wie dit is...

Ha-Ha!

Jy is 'n meisie so na my hart!
4 jaar 10 maande 5 dae 3 ure oud


Bak
Ek wil jou iets vertel, maar jy moet vir niemand vertel nie, dis ons geheim want ek is bang ek verloor al my aansien. En 'n meisie het mos darem haar trots, alla wȇreld.
Ek bak en brou dat die meelstof staan. Nie omdat dit lekker is om die werk te doen nie, maar omdat dit so lekker is om te kyk hoe mense daaraan smul. vir presies dieselfde rede brei en hekel en naaldwerk en krale-borduur ek ook!Skryf en prentjies maak doen ek vir my eie plesier.
Onthou, jy het belowe om nie uit te praat nie.
4 jaar 10 maande 5 dae 3 ure oud


koek bak
My oudste dogter is bo-baas verjaarsdag- en troukoek versierder en my middelste dogter en haar man beide gormet chefs .. aard beslis nie na ma nie.. hehehe... al het ek vir baie jare "catering" vir funksies gedoen as ekstra inkomste is die kombuis defnitief nie my geliefkoosde vertrek van die huis nie... so ook nie die naaimasjien, hekel en brei nie... nee wat gee my n pen en papier dan is ek op my stukke.... al moet ek alles wel doen (was, stryk, kook en bak) is dit nie uit die liefde vir die saak nie maar wel uit liefde vir my gesin..

Ja jy praat waar Moekie daar is baie min vrouens wat vandag nog bak en brou.. maar ek dink dit is seker maar omdat dit soveel vinniger en makliker is om gou tuisnywerheid toe te ry en ietsie daar te kry ... ons lewe mos maar in n gejaagde wereld met die dat die meeste vrouens ook voldag werk
4 jaar 10 maande 6 dae oud


Ano
Bak
Oe, my dogter is waarlik 'n ster in die kombuis (en sy het dit nie van haar ma geerf nie...) Ek bak net onder uiterste dwang en daar is geen waarborg op sukses nie :-))))
Tog reken ek dat wanneer 'n mens iets vir die kermistafel belowe, dit darem nie van die winkelrak moet kom nie.
Dan wil ek ook sommer vra of mense nog kan naaldwerk doen en hekel en brei? Hoeveel mense doen nog die moeite om hul huis skoon te maak, was en stryk, en betaal liewers iemand anders om dit te doen.
4 jaar 10 maande 6 dae 6 ure oud


Bak
ek het nog nooit veel sukses met koek bak gehad nie en darom geniet ek ditom yskasterte te maak.
4 jaar 10 maande 6 dae 12 ure oud


Bak mense nog koek?

Gister was 'n flop,
die room is geklop
lekker smaaklik die koek
sonder om te kroek.

4 jaar 10 maande 6 dae 12 ure oud


bak
moekie ek dink daardie dae is verby
4 jaar 10 maande 6 dae 16 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Destined to Love

deur Rachelle du Bois

As she sat down on her suitcase, despair almost overwhelmed her. The events of the past week should have prepared her for something like this – this old house with this overgrown garden in this godforsaken little town in the eastern Free State of South Africa, which was left to her by a grandmother she had not known existed. But as she steadily began uncovering the secrets of her granny’s and her mother’s past, she found her destiny here, irrevocably linked to her smouldering neighbour, Julian du Toit. He'd made a promise to her grandmother that he fully intended to keep.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar