Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Berge, berge berge... Hoeveel berge moet ek nog klim? Ek voel soos iemand wat elke dag haar bergklimskoene moet aantrek en wanneer ek opkyk, is dit net styltes voor my. Wanneer gaan dit eindig? Wanneer gaan ek my vlaggie op die spits kan plant? Sal ek ooit die vreugde hê van oorwinning; of sal e k vir die res van my lewe net berge voor my hê?

Ek wil nie “nee” sê nie, want berge gee jou stamina en uithouvermoě, maar hoe lank is te lank? Hoe hoog is te hoog? Hoe ver is te ver?

Die gesegde is dat ons op oorwinning is wanneer ons bo-op die kruin staan. Tog, dis die plek waar die son jou skroei. Daar groei niks nie en daar is geen water nie. Dis eintlik ‘n dor plek, waar jy nie kan woon of huis kan opsit nie. Dis mooi van ver af, tog is dit koud, alleen en onplesierig om jou woonplek daar te vestig.

Gee my die groen weivelde, waar ek tussen mense en diere kan leef. Hier kan ek asemhaal sonder om te snak. Ek kan my arms oplig saam met die bome en op my knieě val. Hier voel ek nader aan my Skepper, as bo-op ‘n berg. Tussen my vriende kan ek lag en mens wees. Hier kan ek sien hoe die blomme blom, die voěltjies sing en die natuur lewe kry. Selfs die miertjies leer my ‘n les.

Ek het my antwoord gekry: op berge en in dale en oweral is God... Hy laat toe dat ek berge môėt klim om my sterker te maak; hy laat my ook toe om die mooi en rustigheid te kan ken en te belewe.

Ek onthou altyd die koortjie:
“Rondom Jerusalem is berge
So beskerm die Here Sy volk
Hy beskerm van voor en van agter
So beskerm die Here Sy volk”

Dankie Here, dat U liefde my omvou.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Berge
Dis goed om te onthou dat die berg piek nie altyd so wat wonders is soos wat dit lyk nie. Goed geskryf.
4 jaar 1 maand 2 weke 4 dae 20 ure oud


Berg
Haai jinne, dis goed om te weet dat die berge ook ons beskerming kan wees! Voorwaarts, suster!
4 jaar 1 maand 3 weke 20 ure oud


berge
Ons hoef net ons oë op te hef en daar sal redding kom.
4 jaar 1 maand 3 weke 1 dag 3 ure oud


berge
Al voel mens soms of daar slegs berge en heuwels is om te klim, kom daar tog weer gelykpad en groen weivelde. Pragitg gepen.
4 jaar 1 maand 3 weke 1 dag 12 ure oud


berge
Rondom Jerusalem is daar berge...moekie ek is mal oor hierdie werk
4 jaar 1 maand 3 weke 1 dag 13 ure oud


berg
Lyk my die lewe is een groot geklimmery :-)maar soos jy sê, dis juis dit wat ons sterk maak
4 jaar 1 maand 3 weke 1 dag 13 ure oud


berge so hoog
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die BERGE projek.
4 jaar 1 maand 3 weke 1 dag 19 ure oud


berge
Aanhouer wen ne Moekie. Baie mooi geskryf. Met Jesus se krag klim ons elke dag.
4 jaar 1 maand 3 weke 1 dag 20 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

IN DIE AANSLAG OP DIE KLEUR VAN ONS VELLE VAL ONS BLOED OP DIE GROND

deur http://www.woes.co.za/

FIKTIEWE VERHAAL WAT DIE ONGELYKHEDE VAN ONS VERLEDE EN HEDE BLOOTLê.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar