Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hoekom slaap jy nie?
Omdat ek skrik.
Skrik?
Man, nie skrik nie, ek vertel jou, ek f#k#$n skrik!
Ek word nie meer wakker nie, ek skrik wakker.
Daarom weier ek om te slaap.

Dit is sy wat die ding begin het. Ek het feite:
Sy het net eenvoudig besluit: ‘Die jafel is nie meer reg vir my nie. Ek soek ʼn anner een.’
Die dokter se raad:
“Maak hom slaap. Goed slaap, vas slaap.
Maak hom wakker met ʼn skrik, ʼn goeie skrik!”
Hy sal nie lank leef nie.

Great minds think alike; Ek was ook by die dokter.

Sien, sy het ʼn sussie. Daardie sussie het ʼn smart filosofie:
‘Maak liewer 20 gelukkig as een ongelukkig’
Ek wil vreeslik graag daar ʼn paar houe inkry.
Toe beveel die dokter aan:
“Broer, maak haar klaar. Finish haar op; Voor opstaan, na brekfis, met teetyd kom jy huis toe, met middagete kom jy huis toe, voor aand ete, na aand ete en dan weer net voor sy slaap.”

Ek vertel jou. En ek doen dit. Gee my kierie en help my op, dan gaan wys ek haar vir jou.
Sy speel vandag tennis maar sy weet nie, sy het nog net twee weke oor om te lewe!

Dit is egter nie my punt nie.
Ek skrik in elk geval wakker oor die dag van vandag.
Wat gaan vandag, in die paar uur wat vandag gaan duur, wat gaan alles vandag gebeur?
My keel trek toe. En nie verniet nie.

10h00. Ek het ʼn spesiale wastertjie nodig. Ek ry. By die hardeware winkel staan ʼn vrou by die toonbank. Sy wag vir die verkoopman. Sy staan met die koper handvatseltjie van ʼn venster in haar hand.
Die vrou se gesig hang. Ek kan dit nie verwerk nie:
“Vroutjie, wat is jou moeilikheid, jy lyk nie goed nie?”
Die vreemde vrou begin grens.
Hemel, hoe hanteer ek ʼn vreemde grensende vrou?
Die verkoopman kom terug. Hy het nie die soort skroefie nie.
Ek vra ʼn skoon lap. Hy gee die beste wat hy het en terwyl ek vrou se trane met die lap wegsoen, vertel hy my:

“Sy is ʼn alleen mens, was met vakansie, bediende het die huis se sleutel vir budgie, kat en hond se kosgee. Rowers was in die huis. Die huis gestroop. Tot die koper dele van die vensters afgehaal.”

Hoe meer hy vertel hoe meer huil die vrou.
Ek vat die vrou eenkant. Toe ek klaar is, huil sy nie meer nie. Maar ek het werk om te sien hoe kan ek haar lewe net weer in plek kry.
Ek hoop nie sy is siekerig nie.

14h00. Ek sit op die stoep. Ek is op wag:
Twee meisiekinders op die Pukke, Hulle kom met die fietse eet want dit is Jool tyd en hulle pak blommetjies. Ek moet hulle terug vervoer.
En ...
Inus in Gimmies ( Hy het Florida gefire) Hy moet by die skool gehaal word maar sy ma doen dit ek moet hom net sportveld toe vat na ʼn ligte middag vrug.

Geluk by die ongeluk. ʼn Verbygaande dogter laai die twee meisiekinders op en hulle is van my skouers af.
Ek wag op Inus en sy ma.
Niks. Ek stres. Die kind staan nou al langer as ʼn uur in die son en ek weet nie waar nie.

Toe, hier kom hulle. Hy is bloedrooi van kwaad en son. (van die lang wag)
My dogter ...:
“Askuus pa, ek het vir hom ook askuus gesê. Ek kon dit nie help nie.”
Ek ken. As ek die tekens sien, dan weet ek. My lewe lank gebeur die dinge en ek kan nie meer nie. Ek kan die verdomde dinge net nie meer hanteer nie!
Luister vir my. Iets in die lewe gebeur in mens se herfsjare. Jy kan bad news net meer vat nie.

Ek kyk vir haar gesig. Sy werk hard. Enkel ouer is nie maklik nie. My taak is egter om te sien waar kan ek verligting bring.
As ek net weet wat is die probleem. En ek kan sien, hier is een helse probleem aan die kom.
Sy kyk op die grond terwyl sy praat. Inus is die huis in om sy kwaad weg te eet.

“Pa, hulle het gewag. Hulle het 9 maande gewag en na vandag uitgesien. Ek het hulle deur al die maande bygestaan vir hierdie mooi geskenk. Alles moet net goed gaan.

Vandag is haar dag. Pa, ons is baie besig en ek vat nie grond nie. Pa toe hulle haar instoot vat ek oor.
Pa, ek doen alles, die Vader weet, almal is daar, Pa ... ek ... ek kry nie die hartkloppie nie.”

Sy bly stil. Na 20 jaar is dit nie nuut nie. Na 20 jaar is dit egter elke keer die Hel vanself.
ʼn Moeder kom kraam en die lykswa ry weg!

© Willie F van Tonder
02/02/2012



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Als binne een dag
Hieruit is dit duidelik wat "van kwaad na erger" beteken. Baie goed oorgedra! Teen die einde het ek self gevoel of 'n stoomroller my getref het.
8 jaar 11 maande 1 week 2 dae 16 ure oud


...een dag
Willie, ek bewonder jou moed om oor hierdie dinge te skryf en dit so insiggewend aan te bied. Groete
8 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 9 ure oud


hartseer
Ten minste kan mens daar wees en die hartseer verlig, maak nie saak hoe nie,- met 'n skoon wil lap ens, of net 'n simpatieke oor.
8 jaar 11 maande 3 weke 15 ure oud


EEN DAG
Sjoe, my hart is nou baie baie swaar! Ek huil vir albei vrouens wat beroof is!
8 jaar 11 maande 3 weke 18 ure oud


Carpe Scrotum
Grab the day by its balls...
8 jaar 11 maande 3 weke 1 dag 7 ure oud


sjoe
It never rains...
8 jaar 11 maande 3 weke 1 dag 10 ure oud


Die wiegie bly leeg
"'n Moeder kom kraam en die lykswa ry weg. . ."

Soveel verwagting, soveel onuitgestorte liefde. . .

Die lewe vereis 'n "van die wieg tot by die graf" siklus, maar die wiegie het leeg gebly. . . Hartverskeurend.

Dankie vir die deel, my vriend.

Vonnie.
8 jaar 11 maande 3 weke 1 dag 11 ure oud


Binne een enkele dag.
Aarde, Willie...die lewe en realiteit alles in een dag en 'n stilgebore baba...ontroosbare verdriet!
8 jaar 11 maande 3 weke 2 dae oud



Gedoria

deur Martha Maria Jones

Gedoria is my debuut digbundel. U kan dit koop by www.afrikaansenuusagentskap.co.za of u kan my kontak by 0760176453. Ek is tot alles in staat deur Christus.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar