Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Daar is nou al wyd en suid (syd) gepraat en bespiegel oor hierdie aangeleentheid.
Die dag voor die vonnisoplegging het deels waarheid uitgekom toe iemand hardop genoem het:
“ Die enigste volledige hofsaak waar nooit oor die waarheid gepraat is nie.”

Gegewe:
Bladegunner is ‘n bedorwe seun en trigger happy met ’n skietyster wat daarop mag dui dat hy effe fout in die kop ook mag het.
Bladegunner met sy pure bokslagter deursetting het van hom met sy gebrek en met die samewerking van kreupel-hulp-toerusting-vervaardiging-maatskappye, ’n self-geldmaker gemaak.
Soveel so dat nadat daar volgens bespiegeling alreeds meer as R16 miljoen uitbetaal is, seg ‘n voorprater van die Dept. Gevangenis:
“Weet julle hoeveel geld het daai mannetjie?”
Op ‘n vraag aan die losprater oor watse voorregte bladegunner in die tronk sal geniet, antwoord hy:
“Moenie vir my vra nie, vra vir Jackie Selebe wat kan geld alles koop”

Ek was op my ore met die heel eerste aankondiging oor die radio destyds.
Wat het die mannetjie so kwaad gemaak dat hy daai knopknieg-spykerbeen-mooi gesiggie modelletjie met ’n batton wou dood donner en daarna sommer deur ‘n toegesluite toilet deur vol gate geskiet het?
Wat maak enige man so boos?

Daai berig het beweer:
Sy het hom “slaapgemaak”
Met so ’n lyf was dit maklik.
Sy het gedink hy slaap vas en bel toe haar regte boyfriend en vertel:
“Hy slaap nou en ek verlang na jou”
Toe, word dit beweer, hy slaap nie doodvas nie en hoor die gesprek en sy moer strip en hy soek haar foon – seker om te sien wie die moer is wat beslis ’n koeël verdien, maar sy hol weg.
Toe is dit ‘n gemors en die polisieman is uitgeslape en sien die gaping tussen die rondgeskarrel van die dooie model en die beroemde atleet en die gaping dui op:
Hier lê rand en sent – ek moet nou mooi werk.

Mooi werk beteken vernietig getuienis – selfoon inhoud en praat deurmekaar en skommel getuienis op die midaad toneel – klits die eiers behoorlik.
Ek aanvaar dat die selfoon maatskappye kan nie boekhou van alle gesprekke nie maar wel net van feite:
Watter nommer is hoe laat gebel en hoe lank het die oproep geduur. Dit is al.

Ek stel myself voordat daar dalk oor geld gepraat is:
“Betaal boetie, hier is die rekenaar, daar is my bankrekening nommer, gooi daai Million en jou saak is skoon.”

Dit was bladegunner se misstap.
Hy moes doodeenvoudig net die foon gevat het, na die polisiekantoor gestap het en ’n “Crime of Passion” gepleit het.
Kort en saaklik:
’n Paar nagte in die selle.
Sonder enige duur Prokureer en Advokaat verdediging, net sy beste getuienis – die selfoon met inhoud - aan die Judge voorlê, loop haal daai ander wetter en wurg die waarheid uit hom uit en ek waarborg hy stap ’n vry man daar uit en niemand is kwaad vir hom nie –
Hy mog dalk nog ‘n Hero ook wees

Die vonnis:
Regsmense is slim. Dwarsdeur al die twakpratery behalwe as oor die waarheid, het die Judge belangeloos net geluister en aangehoor na die kakofonie van twak.
Sonder dat een woord gerep is, het sy geweet van wat is die eintlike waarheid en ek reken sy het dit ook met die paneel van ander Regters bespreek en daar is saamgestem oor die vonnis.
Die gepaste vonnis vir (eintlik) ‘ a Crime of Passion”
Want -
Indien ontledend gekyk word na die tegnies van die vonnis – na alles wat so saamloop, dink ek hulle weet en het bereken:
Die mannetjie sal nie sy streke los nie – dit is geneties en binne korte duur nadat hy uit is, sal daar weer skietyster dinge opduik en dan tree die voorwaardes in en dan sal hy regtig sy gat sien by die geharde misdadigers.

Sy loopbaan:
Indien die onmoontlike gebeur dat hy nou soetseun gaan wees, blom die toekoms.
Die Olimpiese komitee het hom kastig nou geskors maar die Olimpiese Spele is niks. Olimpiese Spele het net roem en min geld. Geld lê op die atletiekbaan tussen lande en sport organisasies.
Die mannetjie kan hardloop en hy is ’n geldmaakmasjien.
Ek aanvaar dat almal wat kan put sal gryp.
Geld laat die wêreld draai.
Geld kan selfs ’n hofsaak swaai.

Feit van die lewe
Willie
2104/10/22




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Blade
Hmmmm interessant, baie interessant!!
5 jaar 5 maande 2 weke 4 dae 17 ure oud


bladegunner
en hier kom slaan jy op n baie komiese manier die spyker presies op die kop!!! .. lekker gelees Willie

hulle se as jy nie jou TV lisensie betaal nie kry jy 15 jaar.. so volgende keer skiet die beampte en sit net 5 jaar.. (10 maande???) hehehe
5 jaar 5 maande 2 weke 4 dae 18 ure oud


Bladerunner
Sal die arheid ooit uitkom of sal dit saam met hom sterf? Ons was nie daar nie, dus kan ons net raai. Ons is tog ook nie dom nie; hy het geweet dat sy in die toilet was.

Ek onthou 'n baie spesifieke episode. Met die laaste Olimpiesespele, het hy die eerste wedloop gewen en die televisiekommentator ('n dame) het na Oscar se meisie gegaan en vir haar gese "I see that Oscar is very loved around the world" Die meisie (ek weet nie wie sy was nie, het op haar beurt geantwoord; " He is, however you don't know him like I do."
Die oomblik toe sy dit se, het ek vir my man gese, dat sy iets weet en nie weet hoe om dit aan ander oor te dra nie. Nie lank daarna nie, is Reeva doodgeskiet.

Wie was die meisie? Wat wou sy aan die publiek bekend maak?

Sterkte Oscar!
5 jaar 5 maande 2 weke 4 dae 22 ure oud


Hmmmmmmm
Net eergister sê ek dieselfde ding. Of amper. Daar is steeds die moontlikheid dat hy wakker geword het en deurmekaar was.
(Maar dan moes hy dalk medikasie of dwelms of groot hoeveelhede drank gedrink het.)
Die weergawe van hoe jy dit sien is, volgens my, 'n baie groot moontlikheid. Crime of passion was presies die woorde wat ek gebruik het. Ek ken iemand wat sowat 30 jaar gelede sy skoonpa doodgeskiet het deur 'n deur en toe aan moord skuldig bevind is. Hy het wild en woes van 'n afstand af geskiet en was gesuip. Sy skoonpa het hom vroeër die laas belet en hom gedreig dat hy hom sou skiet, so hy was emosioneel gestress. Uiteinde was dat hy na appèl 4 jaar gekry het en een jaar gesit het. Hy reken hy was ongelukkig, want dit was 'n skrikkeljaar! (Hy is nou 'n praktiserende prokureur met, sovêr ek kan sien, 'n baie suksesvolle praktyk. )

Die straf van 5 jaar is dus soos jy sê in lyn met 'n moord sonder beplanning in die hitte van emosionele onstabiliteit.
Ek is nie 'n regskenner nie. Soms is die regsprosesse se vonnisse vir ons te lig en soms te swaar. Dit hang seker net af van watter kant van die draad jy staan en watter een van die betrokkenes in die saak jy ken of mee identifiseer.
Wat sê die slim juriste onder die woesters?
Of sou dit minagting wees as hulle hul opinie na vonnisoplegging uitspreek?
5 jaar 5 maande 2 weke 5 dae 4 ure oud


runner
ek hoor daar is n nuwe Mercedes 450 SLC in Pretoria verkoop he he
5 jaar 5 maande 2 weke 5 dae 5 ure oud


runner
willie ons sal nooit die waarheid weet nie want in hierdie hofsaak is gekook en gelieg dat die berge bewe. ek dink juo storie is die naaste aan die waarheid wat daar is.
5 jaar 5 maande 2 weke 5 dae 5 ure oud


***
Jy bly maar 'n bok vir 'n storie, nè Willie?
5 jaar 5 maande 2 weke 5 dae 10 ure oud



ENGELE EN ROWERS

deur Piet Schoombie

Vier-en-twintig lekker lees kortverhale, sketse en artikels oor uiteenlopende temas en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar