Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Niksvermoedend laat ek die naam van die ou film my nadertrek vanaand.
Van die eerste oomblik bekoor die ou bekendes my,gesigte,stemme,motors.
Sommer alles wat eie,myne, ons s’n, is.Hoe deftig is die dames aangetrek,die
jongetjies met swier.Die storie van die alter-ego genaamd Blink Stefaans,
spreek my eie lewe,leemte,bebreke en begeertes indringend aan.Ek verloor
myself in die fantasie van so ‘n moontlikheid.Van hoe ek anders kon en
sou,van liefdes verlore van kanse verbeur en verspeel,van iemand wat ek dalk
net sou kon wees.Op die maat van bekende liefdesliedjies,ingekleur deur
wonderlike teenwoordigheid van ons vroegste kunstenaars,sweef ek saam
op die wieke van die feeverhaal.Hier na die einde se kant,met die wete dat
die draaiboekskrywer die goeie sal laat oorwin,snuif ek al erger tot die trane
onbeskaamd oor my wange loop.Ek huil,nie oor die storie nie,nie vanwee die
toneelspel van die akteurs nie,maar sommer omdat ek deel is daarvan,dis my
storie,dis my mense,dis my land.Ek mag maar.In die proses huil ek sommer oor
ou bekendes wat ons vir jare vermaak het en wie se plek nou leeg is,groot,diep
spore. Toe die einde aanbreek,voel ek, snaaks genoeg,nie leeg soos iemand wat
‘n geliefde aan die dood afgegee het nie,maar warm en lekker en dankbaar.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Nostalgie
Dankie Johnie. Jy praat die taal van ons geslag, die geslag wat begin om (met 'n traan in die oog) nostalgies terug te dink oor 'n tyd wat verby is.

Lekker 2012
8 jaar 1 maand 1 week 5 dae 11 ure oud


rex
Stefaans ...
Heerlike nostalgie, Johnny! Goed gedoen!
8 jaar 1 maand 2 weke 3 dae 16 ure oud


Kry ek hoendervleis (genuine)
net omdat jy die gedeelde erfenis so mooi uitbeeld. Ekt nie gedink ek sou nog van Blink Stefaans kon onthou nie! Dankie Johnie
8 jaar 1 maand 2 weke 4 dae 4 ure oud


Johnnie007 en die nostalgie!
Ja, dis baie goed.
8 jaar 1 maand 2 weke 5 dae 6 ure oud



VOLLEDIG CHRISTEN, VOLLEDIG MéNS

deur Johann P. Boshoff

"We need to rediscover ourselves as full human beings and discover that it is precisely as full human beings that God wants us to come to him. His salvation, his love, his mercy are designed for full human beings, not for theological or religious creatures who have stifled their humanity or repressed their deepest emotions. We ought to be fully human and unashamed of our humanity ... as we approach the God who made us that way and is waiting for us to come to him in that way. Jesus himself approached God in that way and communicated with his whole heart in prayer to the Father. (Hebrews 4:15-16 and 5:7) The Spirit is imparting to our heart the faith and desire to approach God." ■ Ralph Martin in Hungry for God (1974)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar