Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek sien hier is ‘n hele paar deelnemers aan die Woes skryf Woes Projek wat al hul boekomslae gelaai het. En al wat ek daaroor wil sê is WOWWWWWW!!!

Mmmm … ek het twee ontwerp en gaan albei hier laai:

Die abstrakte omslag: My eerste poging, maar miskien pas so iets eerder by gedigte ???

Die foto-omslag: Op hierdie stadium wil ek hierdie een gebruik.

Enige voorstelle en kommentaar is meer as welkom. Baie dankie!!!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Boekomslag
Baie beslis die tweede een vriendin. Puik!!
4 jaar 1 maand 3 weke 2 dae 21 ure oud


Dogters
Ek dink altwee is baie goed . . .

Wat van 'n kombinasie van die twee? Die son wat uitsteek bo-kant die koppe van die mooi vroue?

(Ek is baie jammer ek kon nie jou storie volg nie ~ dit was regtig, regtig net omdat ek net nie genoeg tyd gehad het vir die lang lese nie. Met al die dinge waarmee ek besig was, was dit ongelukkig nie moontlik nie. En toe dit stiller raak by my, was ek alreeds te ver agter . . . Ek glo egter dat dit 'n treffer sal wees. Voorpoed!)
4 jaar 1 maand 4 weke 1 dag 9 ure oud


dogters van die sOn
Ek hou van die tweede keuse, dit sal jou boek komplimenteer.
Sterkte met jou boek.
4 jaar 1 maand 4 weke 1 dag 15 ure oud


Baie dankie :))
Ok, dis dan 'n uitgemaakte saak en baie dankie vir julle waardevolle insette. Omslag met die foto's :)))
4 jaar 1 maand 4 weke 1 dag 23 ure oud


omslag
Nr 2 carol
4 jaar 2 maande oud


2
jou foto 2 is beslis my gunsteling!
4 jaar 2 maande 1 uur oud


2
My keuse is ook die tweede een :-)
4 jaar 2 maande 2 ure oud


Boek
Al wat ek wil se is: 'ek het jou mos gese!!' Gigigi.
4 jaar 2 maande 2 ure oud


Omslag
Tweede voorbeeld.... trek dadelik aandag.
4 jaar 2 maande 3 ure oud


Ano
Omslag
Die fotos. Dit trek onmiddelik die aandag :-D
4 jaar 2 maande 4 ure oud


omslag
Ek dink ook die 2de voorbeeld sal baie goed werk. Dit skep sommer die regte gevoel :-)
4 jaar 2 maande 4 ure oud


Driekie
Natuurlik moet jy aangaan!!! Lynlopers is beslis 'n boek wat op die rakke moet kom. Ek dink nie jy besef hoegenaamd hoe goed jou storie is nie. :)))
4 jaar 2 maande 4 ure oud


Boekomslag
Ek sal defnitief gaan met die een wat die prentjies van die "anties" op het. Dit sal mooi pas by jou boek en is 'n uitleg wat die aandag sal trek. Mooi gedoen, uitstekend
4 jaar 2 maande 4 ure oud


Boekomslag
Wonderlik vir julle, so trots op julle, eks nou al so ver agter dat ek wonder of dit die moeite werd is om aan te gaan :(
Carol ek hou baie van die 2de omslag, die een met die prentjies van die vroue op. Sommer baie trots op jou vriendin.
4 jaar 2 maande 4 ure oud



Van ons ander lede

WELDADE EN MISDADE

deur Piet Schoombie

Vier en twintig lekkerlees kortverhale en artikels oor 'n verskeidenheid onderwerpe en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar