Gorrel

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het nou vir dae gewissel tussen 2 emosies: hartseer en witwarm woede. Wanneer die hartseer my tref is dit ‘n intense geween oor alles wat ek anders kon doen en moes doen, en alles wat nou vir ewig verlore is. Wanneer die woede voorkom was ek in staat tot moord. Ek het beplan hoe ek ‘n “bullbar” voor aan die Mercedes sou laat sit en straat op en af sou ry totdat ek die kriminele sien. Dan sou ek hulle plat ry. En wanneer hulle lê in die pad wou ek hulle aanhoudend martel met my skokstok. Van gistermiddag af het die aanvaarding stelselmatig begin intree.

Laas Dinsdag het ‘n bende ons dorp op horings gehad deur stelselmatig van huis tot huis te gaan en in te breek. Een van die vensters in my sitkamer (helder oor dag, voor op die straat) is soetjies uitgehaal, terwyl die Engelsman in die kantoor gesit en rekenaarspeletjies speel. Die honde was ook aan die slaap in die huis. Ons raai dat hulle die skote van die rekenaarspeletjie moes hoor (een van daardie wreedaardige skietery affêres), want hulle het baie vinnig weer uitgeklim. Dit het ‘n dag of twee geneem om te besef hulle het wel weggekom met my skootrekenaar.

Ja, ‘n skootrekenaar is net aardse goed. Maar neem asseblief in ag dat al my werk van die laaste 15 jaar daarop was. Ek, as konsultant, is afhanklik van elke stukkie inligting op daardie masjien. Al my skryfwerk wat ek nooit publiseer het nie, is weg. Ook is elke foto van die laaste 15 jaar op my rekenaar gestoor. Soos dit nou staan, het ek geen vakansie foto’s meer nie, geen baba foto’s van al die kinders in my lewe nie. En, die ergste, nie ‘n enkele foto van my oorlede pa nie.

Nou hoekom het jy dan geen “backups” nie? Ja, ek is skuldig, ek het lanklaas een gemaak, maar dit sou nie gehelp het nie. Maandagaand is daar op die rekenaar gewerk en vir ‘n kort rukkie was die “backups” en die rekenaar bymekaar. En in daardie kort rukkie is albei gesteel. Weg vir altyd.

Vir die inbreker was dit net ‘n skootrekenaar wat hy vir R500 gaan verkoop. Hy voel nie skuldig nie, want ek gaan dit mos by die versekering eis. Ek is mos ryk in sy oë. Hy verstaan nie dat hy sopas ‘n groot gedeelte van my lewe gesteel het nie. En hy verstaan nie dat ek nie nou my werk kan doen nie. En as ek nie my werk kan doen nie, kan ek nie ‘n salaris verdien nie.

Ek is baie, baie dankbaar dat die Engelsman en my twee hondekinders niks oorgekom het nie. Maar ek sal soveel beter voel as ek die inbrekers net ‘n klein bietjie kan martel my my 105miljoen volt skokstok.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Werk
Een van die grootste banke in Suid Afrika het my nou net gebel en 'n paar dae werk aangebied. Ek moes toe erken dat ek nie 'n rekenaar het nie, en ook glad nie meer die nodige dokumente om hulle mee te help nie. Ek is terug by woede!
6 jaar 9 maande 1 week 13 ure oud


Die polisie
Ek glo aan 'n kompliment gee waar dit gepas is, en ek moet hierdie keer die polisie komplimenteer op hulle diens. Die polisiediens in ons dorp was nog altyd uitstekend en ek ervaar dit nou weer. Ons as gemeenskap is baie betrokke by die polisie, en hulle by ons. En ek dink dit is wat help.

Vir my is die ergste beslis die magteloosheid. Daar is niks wat ek kan doen om my huis en my goed te beskerm nie. Ek is so bekommerd dat die varke iets aan my hondekinders sal doen wanneer ek nie daar is nie.
6 jaar 9 maande 1 week 13 ure oud


Kriminele...
Ja, die verlore goed is altyd meer werd as net die rand en sent...
Raad wat ek nie altyd self volg nie, maar wel so hier en daar:
Plaas van jou skryfwerk op 'n blog, onder "drafts" as jy dit nie wil publiseer nie, dan is dit "iewers"... Laai jou onthou-fotos op "picasa" of so iets, al is dit in lae resolusie, dan is dit ook "iewers" om te herwin. Jy kan 'n private album maak wat net jy kan sien, so dit is nie noodwendig openbaar nie. Kry 'n eksterne hardeskyf en doen die rugsteun een keer per week, of elke dag as dit werk is.. Maak 'n rotine, soos jy dit sou doen as jy vir 'n baas gewerk het. Elke dag om 5 voor 5...
;-) Steek dan die hardeskyf êrens weg, of sluit dit in 'n aparte kluis toe, wat ook weggesteek is. (Iets wat ook brandbestand is)
Eintlik is dit vreeslik dat mens soveel maatreëls moet tref net om jouself teen die vrug van die kriminele en "laat maar loop" houding van die "regering" te beskerm...
Viva planet of the Apes!
6 jaar 9 maande 1 week 14 ure oud


Skurke
Ek eggo jou gevoel en die ergste van alles is die magteloosheid. Jy kan al daai goed nooit weer terugkry nie en ja, vir hulle beteken dit net 'n handvol geld.

Waar was die polisie? Of moet ek eerder nie vra nie ...

Skokstok klink reg! :D
6 jaar 9 maande 1 week 16 ure oud


Dis erg !
Ek le net vanoggend en dink aan die vermetelheid wat die mense het om in iemand se 'heiligste van heiligste plekke' in te breek. Jou huis is mos jou grot, jou vesting, jou veilige plek. As hulle kos soek, ja kan ek verstaan, maar n foon en n rekenaar. Hulle word nie hard genoeg gestraf nie, dis wat ek dink. Geen respek vir ander se goed of lewens nie. My innige simpatie.
6 jaar 9 maande 1 week 16 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

RANGEERWERF

deur Johann P. Boshoff

Hierdie selfpublikasie, met die volledige titel RANGEERWERF: DIE WAARHEID GELIEG, bestaan uit nege (9) homofiliese kortverhale met sterk biografiese inslag opgeneem. Dit is 'n rangering deur die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar