Gorrel

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Soveel woorde, soveel dade, soveel aksies word gesê en gedoen. Wanneer mens doodeenvoudig eenkant op ‘n stil plekkie gaan sit en stil word voor Sy Grootheid, begin die gevoel van buite hierdie wêreld te wees, so asof jy alles van ‘n buite ruimtelike stasie waarneem.
Die gewaarwording van “bokant” alles en vêr weg daarvandaan om die wêreld se doen en late te aanskou, laat mens soms wonder of alles werklik nog ‘n doel en eindpunt het.
‘n Wêreld vol haat, onmin, onvergewinsgesindhede, valsheid, onegtheid, gejaag na wind, gejaag na geld, gejaag na rykdom en aansien net om tot stilstand geruk te word deur ’n tragedie, hetsy die dood, rampe, ongelukke of misdaad. Wanneer die plaasvervanger van lag, vrede en liefde in korte duur te voorskyn kom, is valsheid en onegtheid moeilik om verby te kyk. Opregtheid en egtheid is egter skaars in ware mens gewaarwordinge, want agter meeste vreugde en blydskap, skuil ’n stukkende wese vol hartseer en pyn.
Onmiskenbaar lê ’n wêreld in flarde van verskille, onenighede, konflik, oorlog, korrupsie, bedrog en moord. Elkeen met ‘n eie eerste beste opinie. ’n Eie ek, ‘n eie troontjie vol waansin van gejaagdheid en hebsug. Elkeen op sy eie eilandjie en in sy eie klein koninkrykie om net die beste te wil besit. Die ontvang het groter geword as die gee sonder voorwaardes. Die eie ek van gee met voorwaardes om aansien en winste te verdien, voer die bo-toon wat onmisbaar geword het in ’n samelewing van ’n eie ek bestaan
Jy sien jouself vir wie en wat jy is, jy sien die mens om jou, jy sien ‘n bestaan van valse hoop, wanhoop en verlatenheid. Die mens se vernietigende wellus wat alles so verganklik, onherwinbaar en onherroeplik maak.
Aanskou mens al hierdie dinge van “bo”, kan ’n mens nie help om te wonder oor God en Sy aardse Koninkryk nie. (Quo Vadis – waarheen?) ‘n Wêreld wat geskep is en veronderstel is om ‘’n plek te wees waar Hy gedien en ge-eer moet word. ‘’n Wêreld wat tot Sy eer bevorder moes word. Ongelukkig is die verval van die mens aan die orde van die dag.
Die soeke na erkentlikheid, die soeke na “iets” wat die mens nie kan vind nie, maak die mens blind vir hul werklike bestaans rede in die wêreld. ‘n Wêreld waar wanorde heers, vrae gevra word omdat mense nie verstaan nie, nie wil verstaan nie, nie wil glo dat God en Sy Hemelinge aan die werk is om ’n aardse bestaan tot niet te maak. ’n Eindbestemming nét aan Hom bekend in tyd, sonder voorwaardes, in liefde en genade, sal Hy,óns, Sy sondaar kinders wat opreg glo en bely, met ope arms ontvang.
Mense skram weg van waarhede en werklikhede, daarom die valsheid en onegtheid, wat die gewaarwording van “bo” soos ’n narre blyspel laat lyk. Daarom vra mens weer Quo Vadis? Net ’n diepe intieme verhouding met ons Ewige Koning kan hierdie narre blyspel omskep word in ‘n wêreld vol vreugde, liefde en samesyn.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

BUITE AFSTAND

Inderdaad, vir die wat nie wil glo nie, is alles buite bereik.
4 jaar 10 maande 1 week 1 dag 3 ure oud



Die winkende Dood

deur neels claasen

die verhaal van n tienermeisie wat in dwelms se kloue beland het



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar