Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek gaan nou heerlik skryf want ek weet julle gaan maak soos ek maak:
By die aanskou van hierdie paragraaf lengte opskrif, gaan julle nie lees nie en net voortblaai na die volgende bydrae.
Dit is gaaf met my -
Opdat.
Ekself nie lees as ek ‘n half uur net aan die naam / opskrif moet lees nie.
Ek verstaan nie hoe moeilik dit is om ‘n twee, drie of maksimum vier woord opskrif te skryf nie –
Wat my dadelik laat dink hierdie skrywer het self nie geweet wat om te skryf nie

Dit en alles wat hier gaan volg, gaan net oor
CURRY MET ROOI PEPER
Dis al. Die stukkie van meneer Lee is net bykomstig en as jy verwys, verwys net na . . . curry

My moer is suur . . .
Vir die lewe.
Die oog verkalking word nou rotsblokke wat vorentoe gestuur word en dit krap en skuur ongemaklik en my kyk is sommer shit!
Gelukkig is daar vreugd in my lewe ( wat opmaak)

Thys.
Ek kies altyd vir Thys skoenmaker uit want my stoel is daar en verhale speel daar af.
Thys het ‘n baie klein plekkie en net vier voertuie kan parkeer sonder om iemand se moer te strip.
Die vier plekke word in twee-twee gedeel deur ‘n sypaadjie boom.
Menige kliënt se dertig rand herstel koste aan sy skoene – verhoog na etlike duisende rande . . .
Omlat die domerd vergeet van die boom agter hom en draai-reverse sy kar se hele eenkant weg as hy die boom tref.
(Ek gaan van so ‘n voorval vertel – dis vreeslik oulik !)
Die straat is nie besig nie – die straat is verskriklik besig – weerskante toe. Ek rook op my lekkerste aan my zol as ek op die Grot se stoep sit en die verkeer aanskou.

Ek wil indraai by Thys.
Thys is twee huise van my af in die sèlle straat, maar ek ry twee kere per dag om die Broodwinner by haar werk af te laai of te gaan haal in die middag.
(Dis te oulik wanneer sy, uiterlik moeg, na ‘n hele dag voor ‘n onnosel klas, vir my belangstellend vra “ en hoe was JOU dag? . . . .”
Dink maar vir jouself . . . .
–     
–      Wel, die verkeer wil-wil my aanjaag maar ek moet eers by Thys stop, maar daar is ‘n Gees wat dwars geparkeer het.
Ek hooter en die gees , hierdie is ‘n vroue gees, vee haar alie af aan my en sy staan en almal – heen en weer - hooter (nou vir my wat die verkeer briek) en sy beweeg effe na agter en ek skuur verby en parkeer.
(daar is nog twee ander plekke oop langs my)
En die wyfie gees staan –
(Is dit die vroulik van gees? Iemand wat uit die graf klim en kom rond neuk op die Aarde is mos ‘n Gees?)

En ek dink . . .
(Wat ek as man natuurlik nie mag doen nie – dink !)
Ek dink tog die wyfie gees het ‘n probleem:
Sy staan reg om uit te ry maar die verkeer gee nie kans nie en ek weet –
Sien ek is gelowig en ek weet ek is nou gestuur –
En
Ek kierie na die besige verkeer, gooi my arms in die lug en dreig met die kierie en sommer die eerste een weet wat ‘n kierie aan ‘n windscreen kan doen - en die dame stop.
(Sien, sy is nie ‘n gees nie want sy het nog haar verstand )
Sy stop en almal stop uit vrees vir die kreupel onbesonne ou siel met die gevaarlike kierie en ek beduie vir die gees”
“Ry – die gat is daar, ry . . .”
En die gees verstaan nie Afrikaans of gebare taal nie –
(Word dit van die mens weg gevat met oorlye?)
En die verkeer wag en ek beduie beter:
“Ry ! Ry net asseblief . . .”

En gees kyk met dowwe oge en ek stap nader en klop en gees draai af die glas van die kar se deur en kyk vir my in Grieks of Hoog Hollands of doods-taal en ek is verlig en kalm en op my mooiste stem:
“Dame u kan maar ry – dis veilig!”

Ses voet diep is diep maar hierdie stem kom asof dit van twaalf voet onder uit die Aarde kom:
“Meneer, ek wil nie ry nie, ek wag vir iemand !”

Ek kan myself nie beskryf nie maar ek draai na die verkeer in hopeloos en kry net uit:
“Ry maar, asseblief almal van julle ry maar - maar asseblief, loop bid tog net vir my . . .”
Hulle het almal vir my gesmile en weg getrek en toe ek by Thys ingaan, kom so ‘n dik dom manlike gees met ‘n rooi gesig uit en stap na sy geesgenoot en met die inklim met sy dik gat kan ek sien wyfie gees wissel ‘n woord want hy draai daai os-nek en kyk vir my.

Geeste . . .
So van geeste gepraat; RSG se omroepers het vandag geeste en van mense wat met helmets gebore is en so aan, gepraat en almal bel en vertel twak stories en ek skryf vir die omroeper:
Ek sien elke dag geeste:
Ou geeste met blougrys gedaaide hare wat teen slakke gang die verkeer briek –
Jong geeste wat kar bestuur met ‘n moerse pyn in die oor wat sy probeer demp deur die oor vas te druk

Vreemd dat hierdie geeste gewoonlik van die ander geslag is . . .

Ek hoor . . .
Ek hoor niks . . .
Ek hoor niks van daai man wat navorsing gedoen oor musiek en Lirieke

Oorsee het die man se praat golwe gemaak.

Hy seg die gemiddelde Liriek is van standaard wat deur Graad R leerders geniet sal word,
Ek dink
Ek is seker
Twee derdes van die Afrikaanse Lerike is benede die waardigheid van ‘n Graad R leerder
Dus sal ‘n bors suigeling dit geniet –
Ek kan almal opnoem; van, “daar is ‘n engel op Tafelberg” tot by –
Ek wil vanaand ‘n baby maak!”
Dan praat ek nie eers van die stemme en geskree en . . .
Mhyyyy. . . .
en
Jhyyyy . . .
Jhyyyy moet hystoe kom . . .

Okei.
My duisend woorde is vol met hierdie een.
Meneer Lee volg.

2015/05/28

Napraat:
Ek sit op my stoel en Thys vertel ‘n storie en ‘n ouerige dame kom in, stop, kyk vir my, kyk weer en sy lig haar vinger:
“Jy is Wolf wat skryf . . .”
Ek standbeeld
Sy gaan aan
“Ek lees alles wat jy skryf “
Al wat ek uitkry:
“Dankie, ek hoop tannie geniet dit –“
“Ek geniet nie alles nie . . .”

Ek is seker sy gaan Curry lees.





Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

***
Altyd lekker as jy so op jou stukke is, Wolffmann...
4 jaar 5 maande 2 weke 4 dae 9 ure oud


:-D
Lekker gelees.
Oor die geeste se geslag sal ek nie kommin taar nie...
Ek is juis immer op dun ys.
;-)
4 jaar 5 maande 2 weke 4 dae 10 ure oud


Curry
kostelik.. ek het heerlik gelag en gelees Willie
4 jaar 5 maande 2 weke 4 dae 12 ure oud


Curry
Dem sien ek darem nou duidelik daai toneel en lag kliphard hier in my allenigheid...ek wag vir iemand, gigigi!
Ai dit was nou weer 'n slag 'n lekker-Wolf-lees!! Wat toe niks van curry geseg het nie.
4 jaar 5 maande 2 weke 4 dae 16 ure oud



Die Ander Vrou

deur http://www.woes.co.za/

Die boek belig 'n wereld oue situasie uit die perspektief van die "ander vrou"- soos deur die vroue self vertel Die boek sluit ook perspektiewe deur 'n maatskaplike werker en 'n predikant in.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar