Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

of 'n beter titel-die dag toe ek amper my huwelik gekelder het met 'n geskenk(en goeie bedoelings daarby)
Ek en die ou vrou is al 70,maar ons het ook swakhede-heelwat!
Ek ry gisteroggend Mosselbaai toe om die motor te laat diens,en hier voor in die ry staan sy!Glo my vry,die toppie laag gesak,die broekie hoog opgetrek-te pragtig.O sorry,dis nie 'n meisie nie,dis 'n spierwit Mercedes SLK230(1999model)En skielik kom sit ou Niek hier op my skouer en voor ek nog verby is,is 'n plan gebore.Ek stop voor Ronat Motors,en soos die duiwel wil is die eerste verkoopspersoon 'n aantreklike donkerkop.Sy staan nader en kyk die ryk omie so op en af.Sy sien die begeerte in my oe glimlag.'Dametjie,seg ek,weet jy iets van visvang?'Nie eintlik nie oom,hoekom vra oom?
'Luister nou mooi,seg ek,en le die bose plan aan haar voor.'
Nou moet ek verduidelik,die antie(dis nou my vrou)koop nie juwele of lekkerruikgoed nie,sy begeer nie 'n huisie by die see nie(want ons bly in een)Maar van doerie jare al,het sy 'n oog vir 'n 'sportskar'.(dis nou 'n lang storie,ons het een gehad,en ek het hom verkoop om 'n erf op Langebaan te koop-sy het my nog nooit vergewe nie.)
Halfuur later stop sy voor ons huis en die niksvermoedende antie word gekonfronteer met die donkerkop in die spierwit sportskar met 'n aankondiging-'Die oom is net besig met die pampierwerk,die transaksie is gedoen,hy wil net he tannie moet 'n entjie kom saamry.Dit sal die dag wees,seg sy,sonder my word so-iets nie gedoen nie,dis onmoontlik.Maar sy staan nader vat-vat so en haar begeerte groei by elke kyk.Hulle ry en haar ponytail waai so in die wind.Die donkerkop druk 'n knoppie en die dak maak geruisloos toe.
Toe hulle by die garage kom staan ek met 'n groot glimlag(onthou sy weet niks van die poets nie)sy val my om die hals en bedank my hartstogtelik vir haar droom wat waar geword het.Ek skrik my uit my geloof uit,sy moes nou geraas het en gemoan het oor die vermorsting en sonder haar ens.Daars nie 'n manier wat ons die kar kan bekostig nie!
Sy sleep my na die verkoopsbestuurder en herhaal die droom wat waar geword het,haar goeie ou man wat soveel omgee,en dit kom al nader aan :'hoe gaan oom betaal?'
Net toe ek besluit om te bely,dat ek verewig jammer is oor alles,pomp sy my in die ribbes en se:Jou ou blikskottel,die donkerkop het dit goedgedink om my intelig oor jou bedrogspul.Pasop,next time is jy nie so gelukkig nie!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

***
Lyk my jy hou daarvan om op dun ys te loop, Johnie :)
5 jaar 1 maand 1 week 4 dae 13 ure oud



Oak Seed

deur Rachelle du Bois

Alicia Venter was a cool librarian with her life and her career mapped out. Until she looked into the compellingly familiar eyes of a stranger. She was shaken to the core. Why was she so powerfully drawn to the stunningly attractive Martin Blythe, yet they’ve never met? Martin Blythe was rich, he was a successful engineer doing research in the university library. And then he looked into the familiar green eyes of a strange young woman. The earth moved for him then as he recognised her somehow. In an instant he knew she was a part of him without which he could not live. Would these two people find the answer to the strange coincidence that kept pushing them into each other’s lives? Would they resist or choose love?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar