Gorrel

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Soos meeste van julle seker weet was my pa 5 keer getroud. Nie een vrou geskei nie. Almal oorlede. Net die laaste een het hom oorleef.
Wel, die eerste 3 was almal lede van die Ou Apostoliese geloof.
Voor iemand dalk aanstoot neem. Ek het niks teen enige ander geloof nie. Ek respekteer elkeen. Dis net dat ek nie altyd saamstem met almal nie.
Ewenwel. Terwyl ek nog op skool was het ek soms saam met Boelie (my pa) en SM (stiefma) na hulle kerk gegaan. Nadat ek getroud is en ek en Helmien vir 'n naweek gaan kuier, was dit ook maar die gewoonte om saam met Boelie en SM kerk toe te gaan. Tot DAARDIE Nagmaal-sondag.
Soos in enige ander kerk, nooi die Oudste my en Helmien om saam Nagmaal te gebruik, as ons dit in ons kerk ook doen. In die Ou Apostelkerk is die ritueel dat die Oudste en 'n Priester of twee voor die kansel gaan staan met die beker en die brood. Die gemeente beweeg dan van voor af, bank vir bank by hulle verby om die Nagmaal te ontvang. Van die oudste tot die jongste kry Nagmaal.
Omdat ek nie hiermee kon saamstem nie, besluit ek om nie Nagmaal te gebruik nie. So stamp Boelie aan my en vra of ek gaan Nagmaal gebruik, siende dat die Oudste, nogal sy swaer uit 'n vorige huwelik, ons spesiaal genooi het. Ek sê nee, ek gaan nie. Ons bank se beurt om vorentoe te gaan kom nou vinnig nader. Weer vra Boelie en weer sê ek nee.
Toe hy die derde keer vra, staan ek op. Kliphard, sodat die hele gemeente my kan hoor sê ek: "Gemeente, ek wil nie saam met julle Nagmaal gebruik nie want ek stem nie saam met julle gebruike nie," en gaan sit. Boelie verstik, SM val flou uit die bank, die Priester vat 'n onbehoorlik groot sluk wyn uit die beker en die Oudste se valstande val uit sy mond! Iewers giggel 'n tiener kliphard.
Nodeloos om te sê dat ek nie baie gewild was nie, en ook nooit weer saam kerk toe is nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

DAARDIE Nagmaal (2)


Sjoe! Amper banaal dapper sou ek sê. Maar dan ook weer:"'Mens moet nie staan en krap waar dit nie jeuk nie" het Pa altoos geseg en Pa het hardkoppige donkies geken...

4 jaar 2 maande 2 weke 5 dae 21 ure oud


Nagmaal
Haha - jy het nie net die lidmate uit hul geloof geskok nie, maar sommige uit hul tande -dit is snaaks!
4 jaar 2 maande 2 weke 5 dae 21 ure oud


die weervoorspelling
*kniebuig*.

n Man moet dapper staan voor sy oortuiginge.

*jy't bols*
4 jaar 2 maande 2 weke 5 dae 22 ure oud


nqagmaal 2
hehehe.. ek kan dink wat se konsternasie dit veroorsaak het!!!
4 jaar 2 maande 2 weke 6 dae 2 ure oud


Nagmaal
Lekker storie Jan! Baie dankie!
4 jaar 2 maande 2 weke 6 dae 4 ure oud


nagmaal
Ai tog en toe skok jy almal uit hulle skoene uit
4 jaar 2 maande 2 weke 6 dae 10 ure oud


: DAARDIE Nagmaal (2)
Ek ken 'n vrou wat sewe mans oorleef het
4 jaar 2 maande 2 weke 6 dae 11 ure oud


Nagmaal
ten minste is/was jy eerlik . . . en dankie dat jy die storie weer geplaas het. :)
4 jaar 2 maande 2 weke 6 dae 17 ure oud


***
Dis nou 'n ding, Jan...
4 jaar 2 maande 2 weke 6 dae 19 ure oud


Nagmaal
Oee alla wereld! Ja-nee ek kan my dit goed voorstel.
Lees gerus my nagmaal storie in dieselfde kerk:
http://www.woes.co.za/bydrae/kortverhaal/103778-nagmaal
4 jaar 2 maande 2 weke 6 dae 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

ORAL IS MY GOD

deur Johann P. Boshoff

N.a.v. hoofsaaklik Psalm 139 word God se aktiewe teenwoordigheid in Boshoff se 36ste boek bepeins. Aandag word in 'n opstel ook geskenk aan die skryf van 'n oordenkingsbundel.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar