Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Onlangs hoor ek oor die telefoon dat my motor wat die afgelope bykans vier jaar diens doen as tydelike vervoer vir die gesin se chemiese ingenieur in opleiding 'n ratkaspyn het. Die voertuig word omtrent 600 km van my af aangewend, so toe die "CV-joints" vervang moes word, sê ek Simon moet dit maar daar naby sy blyplek laat doen, al gaan dit R3000 kos. Hy werk van vroeg tot laat en as die kar staan kan hy nie daarmee rond ry om onderdele te soek nie. So gesê, so gedaan. Na vier dae in die vriendelike werkswinkel om die hoek, is die Corolla reg en ry dit blykbaar heel lekker. Dit was net betyds reg dat Simon sy finalejaarsprojek voorlegging op Potch kon gaan doen. Die een wat hom die vorige jaar gepootjie het. Ewenwel, die keer bring die blou mouter hom daar en terug en hy is nou Mnr S F Scheepers, BIng (chem).
Twee dae later is daar weer 'n geraas en daar lek ratkasolie uit waar die dryfasse in die ratkas indruk. Die seëls is beskadig.
Simon vat die getuienis na George Singh se motorbreekplek en vriendelike onderdele smokkelhuis terug.
"It is the carrier bearing in the gearbox"..
Noise.... according to George Singh & co.
OK...
Ag shit man. Life is so hard. And I, I always wanted to be a rock 'n roll star. Now I'm here, I'm working at the OK basaar.
"I can supply a socond hand gearbox for R3500, fitted, everything included only R6500. Cheap."
Fuck me George!
But not this time...
"Simon, wag so bietjie. Ek sal 'n paar oproepe maak. Dit klink nie vir my reg nie."

Ek bel Gearmax Bloemfontein. R6400 plus BTW vir 'n oorgedoende ratkas, dan gee hulle 1 jaar of 40 000 km waarborg. Nog R1600 vir uithaal en insit. R8000 plus Btw. Plus olie en "consumeables". Dis nou die lappe en seep om die mekkennix se hande en die werkswinkelvloer mee skoon te maak. Alles saam met belasting: R9600.
Maar die kar staan in Edenvale en dis meer as 400 km van Bloem. Google. Gearmax branches. Ok. Vereniging, Pretoria, Benrose... Bel Benrose, praat met Lucky. Hy klink indiaans. Hy vra R9600 vir 'n oorgedoende ratkas. Funny. "Hey Lucky, I think you're trying to get lucky with me. Phone me back, Bloemfontein only charges R6500 plus vat."
So intussen bel ek Pretoria se Gearmax. Praat met Hanneke. Baie vriendelik. Sy bel my terug. Vertel my dit kan moontlik goedkoper wees, maar sal maksimum R9600 kos, alles ingesluit. Sy praat ten minste Afrikaans en klink oulik. Hmmmmm. Ek was lank laas in Sylverton...
Maar: "Ons kry ons ratkaste van ons Benrose-tak af."
So Lucky was dalk net bietjie deurmekaar. Of het skeel gekyk op die kompioeter.
Ek het al die ratkas uitgehaal twee of drie jaar gelede toe ek die release bearing en die koppelaar vervang het. Dis nie so 'n groot werk nie. Ek moet in elk geval volgende naweek Potch toe gaan vir die spanskiet, so dan kan ek net sowel 'n dag of twee Edevale toe kom en gou gou die ratkas vir jou opfix."
"Ja Pa, maar..."
"Hier is nie eintlik 'n gelyk plek om die enjin en ratkas aan op te trek nie."
"Is daar nie 'n afdak of prieël of boom of so iets nie?"
"Hier is 'n tipe afdak, maar dis nie baie stewig nie en ek weet nie of die eienaars baie gedienstig sal wees daarmee dat ek die kar daaraan ophys nie. Maar ek sal uitvind."
"Ok. Doen dit. Ek sal solank die kettingkatrol en battery winch wat ek die windpomppype mee optrek en die gereedskap bymekaarkry."
Lang storie kort. Ek is die Donderdag oggend 10h00 in Kelvin om Simon se huissleutels by sy werk te kry, hy werk toe die week in Ellisras. Sal Vrydagaand terug wees. Ons sal Saterdag oggend Potch toe ry vir die spanskiet daar en die aand terug. Hopelik is die Corolla Sondag op die laatste aan die loop.
Enter left stage: Murphy's law: "If anything could go wrong, it would."
Meanwhile Right stage O'Tool's comment on Murphy's law was preparing for it's grand entrance:
Murphy was an optimist...
(Word vervolg)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

.
waars die fotos?
(-;
5 jaar 7 maande 4 weke 1 dag 15 ure oud


ratkas
nou wag ons in spanning vir wat gaan gebeur
5 jaar 7 maande 4 weke 1 dag 22 ure oud



Die Lady en die Leeu

deur Rachelle du Bois

Sy is een keer gevang, maar nou is sý die jagter met die prooi in háár visier



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar