Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Daar is gebeure wat nie verwoord kan word nie.
Dit is serious gebeurte.

Sy het swaar gedra, baie swaar en ek het gesaam en dit het gehelp want sy het later, in alleen, vir my vertel:
“Pa, pa se bemoediging het dit makliker gemaak.”
Toe-
Toe breek die dag aan.
Die laaste kuier vir Dokter Hentie en Donderdag aand kry ons twee ‘n minuut saam en ek kyk in haar oë en haar oë kyk benoud en bevraagd terug en ek verseker:
“Ek weet jy gaan hierdie nag nie slaap nie; behalwe jou groot ongemak is daar ook ‘n bedekte kommer. Ek sal dit nie deurnag maak nie maar glo vir my – alles is reg.”

Sy het my vroeg wakker gemaak Vrydag oggend: ” Pa, dis tyd – kom kuier asseblief.”

Hier was baie mense en die nuus het gou gekom:
“Dis ‘n yslike, gesonde seun ! “
Op my manier het ek gedeel en almal het loop kyk ; net nie ek nie.

Die lewe is so. Daar is meer as een kind maar net een kind het regtig kontak.. Ek en my Ma was so. Ten spyte van agt, het net ons twee gedeel.
So is ek en Chelle. Sy is soos ek – sy is ek.
Van die begint af : “Pa, watse tool kort ek nog?”
Sy was altoos ‘n hande mens met hande waaroor ek ‘n boek kan skryf.

Die Vrydag gaan verby met baie se versoek : Dis ‘n mooi kind jy kan maar gaan kyk.
Mooi is relatief. Gekreukeld en geplooi is iets anders.
Saterdag oggend sê my foon se gesiggie dit is sy en ek antwoord en sy is vinnig:
“Pa, net jy – jy alleen kom gerus.”

Sy was op haar voete en plaas die bondel in my arms. Ek sê bondel want Christiaan het skoon die skaal op 4.7 kg getrek en die maatstok op 54 cm en die gesiggie was glad soos seep.
Ek hou, draai , bestudeer en kyk en sy het my kamera en dit klik-klik-klik sonder ophou.

Wat ek sien, waarneem en besef is vir myself –
Net –
Net vir haar, sê ek;
Kom gee vir my ‘n soen.

2015/11/04

Napraat.
Michelle was verstom dat die kind in my arms so rustig was. By ander was hy kriewelrig.
Kan ‘n kind van veertien uur al glimlag?
Het so 'n pas gebore al emosie om vas te hou waarvan hy hou ?
Bek trek en huil is natuurlik
Stil, rustig slapend is ook okei
Kan ‘n veertien uur oud baba al ogies oopmaak?
Van die foto’s, kan jy sien, is pas na geboorte – hy is nog nie eers aangetrek nie.
Die foto saam met my is op veertien uur.





Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

***
Ja-nee, ek sien daai glimlag! Dankie vir die deel.
3 jaar 6 maande 2 weke 2 dae 10 ure oud


Soen
Ai moekie, kyk net daai bolle wange. En geen teken van 'n kreukel nie.
Ek dink, Christiaan en Oupa Wolf het gekonnek!
3 jaar 6 maande 2 weke 3 dae 19 ure oud



Jesus Beter en Beter

deur Lynie van Westfort

'N digbundel deur God geinspireer. Geskryf deur 'n verloste vrou. Baie diep het Hy my uitgehaal.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar