Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

As daar een onverstaanbare ding in die lewe is,is dit die vermoe om
goed,goedjies,dinge te versamel.Nie soos in 'n versamellaar nie-kosbaarhede,antiekhede,verkoopbare items nie-nee,dis nou soos in 'n laai,gewoonlik 'n boonste laai van een of ander kas.Een wat gewoonlik naby genoeg is om iets daarin te bere-net vir 'n rukkir,vir eers,vir nou.Ek sal later iets anders daarmee doen.Of dit dan liaseer,sorteer,weggooi,bere,aanstuur,vir iemand wys of so-iets.En stadig maar seker,soos vanmore,is daar iets wat ek soek,ek weet dit was dalk daarin gebere,dan begin ek krap.Tot my verbasing is dit 'n laai vol onbenullige,belanglikhede,wat tot oorlopensvol gestop is.En dan-die aankondiging-Vanmore maak ek die laai skoon.Nie 'n dag langer nie !Wat 'n ongelooflike vergelyking met die mens se vermoe om in sy lewe ook sulke laaie volgestop met nonsens,wat soos 'n rekenaar se geheue,die vermoe al stadiger maak,maar net nie die versamellaar,die opgaarder sover kry om dit gereeld skoon te maak nie.Jy weet dit gaan mettertyd teen jou tel,jou vermoe beinvloed,jou oordeelsvermoe benadeel.Dis so maklik,spyker die laai toe,sluit hom toe,gooi die sleutel weg,maar nee,voor lank loop ek weer met iets wat ek moet bere,nie op sy regte plek nie-die asblik,liasseer kabinet nie,nee dit moet erens gegaar word om die horribale siklus te herhaal.Geen wonder dat belydenis,meditasie, voorraad vat en ander middels tot ons beskikking,sulke wonderlike hulpmiddels is tot 'n beter,meer betekenisvolle lewe is nie.
Maar wag,,ek wil die idee net gou erns bere.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

versamel
johnny en die mens raak ook satdiger want dan moet hy soms ook soos die rekenaar in die geheue rondkrap. ek defrag my rekenaar gereeld en laai ou goed op discs af, werk nogal. Net jammer kan dit nie met die verstand doen nie
5 jaar 8 maande 5 dae 17 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

AFGODE

deur Piet Schoombie

Die aangrypende verhaal van 'n weeskind se stryd en strewe in 'n kinderhuis.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar