Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dis vroegoggend en soos gewoonlik drink ek koffie,sit die geyser aan(vir 'n rukkie)en begin my ritueel in die garage met my oefen fiets en gewigte.Ek skakel ook my televisie aan vir Kyknet se vroee programme.
Vanmore is daar erns iets fout-die aanbieders,Elna en Bettie,lyk ongemaklik,so asof hulle nie hulle woorde ken nie.Ek glimlag,seker weer 'n bemarkingsfoefie.Soos Leon Schuster se fliek 'n paar dae gelede,waar 'n bejaarde vrou na haar verleentheid in een van sy supermark kaskenades vir hom gese het-ek het gesweer jy sal my nie uitvang nie!'Dis nie die 1ste April nie,so 'April fool' is dit nie,glipse? Nee,daarvoor is hulle te lank in die tand.Die 6:30 nuus kom op en weer die aardigheid.Die nuusleser verwys na 'n interessante weerverskynsel,maar niks om oor bekommerd te wees nie(dis gewoonlik die 'cue' om te 'worry'.
Toe ek klaar geoefen het,stap ek weer kombuis toe en weer is iets nie reg nie.Ek kyk by die venster uit om oor die bekende Mosselbaai hawe te kyk,en al wat ek sien is stikdonker en al die liggies soos gewoonlik.Die verskil is,dis 8vm en teen die tyd is dit al helder lig!Ek stap buitentoe,helder sterre skyn in die nag maar van die son of selfs 'n skynsel is daar geen teken nie.Ek sien die vroee more motors op die snelweg ver weg,alles is reg,net die son skyn nie.Nou raak ek bekommerd,stap weer na binne en gaan kyk na verskillende horlosies-alles is dieselfde.Al wat nog oorbly is dat ek droom-ek weet dis moontlik,ek het die afgelope tyd snaakse drome gehad.Stadig groei daar 'n onrus in my hart,se nou net dit is nie 'n verskynsel nie,maar permanent,se nou net dis 'n teken van die einde,Openbaring se profesie van die einde?
Soos U teen die tyd weet,liewe medewoester,is hierdie maar net 'n gorrel,maar tog is dit 'n werklikheid vir so baie mense elke dag.'n Ouerpaar hoor hulle tienerseur het selfmoord gepleeg,die dokter kondig aan dat die gewas kwaadaardig is,jou geliefde is in 'n motorongeluk oorlede,jou huis het afgebrand,jou belegging is daarmee heen,jy verloor jou werk,jou wederhelf sterf in sy slaap.
En so ervaar duisende 'n dag of tydperk in hulle lewe wanneer die son nie net stilstaan nie,maar nooit weer(so ervaar hulle dit)gaan opkom nie.Jou seun of dogter gaan tronk toe(my hart bloei vir Oscar se familie)'n seun of dogter word opgeslurp deur die dwelmduiwel,jou ma of pa of man of vrou kyk jou aan met groot oe vanuit 'n Alzeimers toestand en vra wie jy is.En so groei die lys van donkerte en sonsverduistering oral om ons.
As jy gelukkig is en die son kom nog vir jou op,of die son skyn nog heerlik warm vir jou,laat ons daarin baai met baie,vreeslik baie, dankbaarheid,want wie weet wanneer die son ook vir jou nie opkom nie?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Son
Dankie dat jy ons weer so bietjie tot stilstand, en tot nadenke gebring het.
5 jaar 7 maande 2 weke 2 dae 9 ure oud


donker
Laat mens weer bietjie dink en dankbaar voel. Baie dankie vir die sinvolle bydrae...
5 jaar 7 maande 2 weke 2 dae 14 ure oud


son
Dankie vir hierdie bydrae. die Meestrer is oppad alles dui daarop
5 jaar 7 maande 2 weke 2 dae 16 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

n Vergane Era

deur neels claasen

n boek met verhale en staaltjies uit die skrywer se eie eie spoorwegloopbaan



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar