Gorrel

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Mos laas naweek ʼn skaapgeslag en soos altyd begin alles in my kop by kos en dan gaan dit verder. Ek het nog nooit skaapkop geëet nie. Ma eet nie afval nie en Pa het gesmul aan alles, van die snoet tot die poep, as julle verstaan wat ek bedoel. Dit sou in elk geval kos mors gewees het as ek die skaapkop gebak het en daar is net ek om te proe ? Ou Giel sit nie sy mond aan volksvreemde kosse nie.

Toe skuif my gedagtes na die diamant wat so groot soos ʼn skaapkop is, wat Boetie een maal oor gepraat het en ek onthou hy’t vertel van Siener van Rensburg wat glo die fonds vooruit gesien het maar niemand het ooit die diamant gekry nie.
ʼn Diamant is mos net ʼn klip. Dit moet eers geslyp en gepoleer word en dan eers is dit ʼn Diamant. Reg ?, en wat gaan jy doen met so ʼn groot klip, gepoleer of te not ? Kan dit nie aan jou vinger of aan jou ore of nek hang nie? Sny jy hom in kleiner dele is dit mos nou nie meer die grootste skaapkop nie. Dan is dit net afval.

Ek staan in die bank, los laaste in die ry en wag vir die tellers om te leer tel. Ek het geduld, dit kom met ouderdom. Ek kan mense kyk en luister. Na so vyftien minute sien ek daar staan Doom Roelfie. Ek het lus vir gesels, skerts, . Ek sê : “More Doomnie ! Hoe gannit ?, en met die vrou? en die kinders ? “ Daai man was nog nooit ʼn groot geselser nie, meer van ʼn luister man. Nou het ek al resep neergeskryf en ons het die kerk basaar en die toring bespreek, maar die tou is nog lank. Ek sê: “Doomnie, Ek het nou goed daaroor gedink. Ek dink nie ek wil meer hemel toe gaan nie...” Ek sien aan die manier wat hy meer regop staan, dat ek nou sy volle aandag het. “Hoekom?” vra hy.

Ek verskuif my gewig na die ander been, kyk die man reguit in sy blits blou oë. “Sien, die ding is soo, in die Bybel staan daar van die Hemel, dis net wall-to-wall goud en perels en diamante en ek is nie een vir blinkgoed nie, die dat ek mos hier in die bos tussen die khaki en groen woon, vir jarre al ek gaan nie eers Beton oerwoud toe nie. Daar is dit net neonligte waar jy kyk. “

Ek sien die man verwerk hierdie inligting, ek hoor hou dink hy, ek hoor hou maak sy brein tjieng-tjieng soos ʼn outydse kas register. Toe kry hy so ʼn glinster in sy ogies en dit kreukel in skrefies. “Dit is miskien so dat die Hemel baie blink is, maar....... Dink net hoe lyk dit aan die ander kant !”
Hahahaaa , Ek het so lekker gelag die bank sekuriteit wou my uitgooi. Skerp Dominee..Skerp !



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Juweel
En flym-flippen-skerp is jyself ook. Doom is so reg, als net 'n matter van keuses!
6 jaar 9 maande 2 weke 4 dae 2 ure oud


Slim...
het sy baas gevang, sê my ma altyd. :D !

Uitstekend, uitstekende skryfwerk!
6 jaar 9 maande 2 weke 4 dae 3 ure oud


Skaapkop juweel
Die skaapkop-eeters-gulde sal vir jou medaljeer vir die juwele wat jy uit 'n skaapkop kan optoor.
Nogal oulik wat oom Doom nie uitspel nie. Baie interessant want sien, die twee Aardse maters is tesame opgeroep met die verskil elke een is na 'n ander plaas en alsó word hulle op hulle se beurt terug gestuur Aarde toe om nog disipels te werf en hulle ontmoet en elkeen dood van nuuskierig oor hoe dit in die ander een se wêreld lyk want op sig waarde lyk nie een baie sleg nie.
Die gesprek verloop as volg . . .
Wag. Ek sal skryf daaroor. . .
6 jaar 9 maande 2 weke 4 dae 16 ure oud


***
Ja-nee, vol punte!
6 jaar 9 maande 2 weke 4 dae 22 ure oud


Tien uit Tien!
Skitterend geskryf! Slim Doomnie daai van jou! ;)
6 jaar 9 maande 2 weke 5 dae 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Skat van die Seerower

deur Rachelle du Bois

Dit is die jaar 1845. Twee jong vroue is op 'n belangrike sending per skip van Frankryk af na Engeland op pad. Een het ’n kosbare skat in haar besit wat veilig in Engeland besorg moet word. Dis egter nie so maklik nie, want hul skip, Du Vent, word deur twee Franse edelmanne onderskep in ’n poging om te keer dat die skat in Engeland beland, want dit is die eiendom van die Le Veque-familie. Die mans is vasbeslote om dit terug te neem na Chateau le Veque in Nantes, Frankryk. Sal die pragtige dames die sending suksesvol voltooi ten spyte van ʼn storm op see, ontvoering, misverstande, bedreigings en allerhande ander ontberings en noue ontkomings? Of gaan die twee Fransmanne sorg dat die skat terug besorg word waar dit hoort?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar