Gorrel

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Van oggend toe ek in die voortuin kom sien ek Gladiolus (of soos dit in die blomboek van Christo Pienaar staan; Gladoilus hartulanus). Dit is heel oop, al blomme, in skakering van 'n sagte pienk met witroom in die binnekant. Dit laat my aan 'n smaklike aarbei roomys dink, ek kan proe hoe smelt dit op my tong weg.

Die blombolle kom nog van my ma af. Toe ek en my gesin nog Kersfees huistoe gegaan het, was haar blomme altyd vol in die blom. Dit bring heimwee, ek sien weer my pa iewers uit die tuin kom en my ma wat met onwillige bene die stoep trappies afklim. Die opgewondenheid, van die kinders, ouma en oupa. My lekker kry tuis gevoel vir 'n paar dae is ek weer in ma en pa se huis en deel van hulle manier van dinge doen.

Nou is hulle nie meer daar nie, dus verby. Die blom sal oor 'n paar dae begin fleur verloor, die blommetjies sal so een vir een dood gaan. Alles wat mooi en goed is, gaan verby, dus net geleen.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Kersfees
Pragtige gedagtes en soet herinneringe. Dis die een ding wat nooit vergaan nie en nie gesteel kan word nie. Jou herinneringe en volgende seisoen is daar vars Gladioli!
3 jaar 5 maande 2 dae 20 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    DIE DODELIKE SPEL

    deur neels claasen

    Speurverhaal waarin luit. Kas Dreyer die moord op n smokkelaar ontrafel



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar