Gorrel

Titel: Die Gym
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek is een van daardie natuurlike lui mense. Jy kry hulle in alle vlakke van die samelewing. Ek sit liewer as om te staan, of nog beter, lê liewer as om te sit. ‘n Paar jaar terug het ek die groot 40 getref, en die volgende oggend het my metabolism gaan staan. Wanneer ek nou op die bank sit en ‘n koeksister eet, kan jy dit duidelik op die boude sien ‘n week later. En met die inflasie soos wat dit is, kan ek dit nou regtig nie meer bekostig om elke maand groter klere te koop nie.
Die enigste uitweg is dus om te begin oefen. Soos ek reeds gesê het, dit kom nie natuurlik vir my nie. Twee weke terug het ek toe aangesluit by die gym hier by die werk. Ingesluit by die kontrak is ‘n evaluasie sessie met ‘n outjie van die Sports Science Institute. Matthew was pragtig. So ‘n mooi seun met sproete oor die neus en sagte dons waar hy eendag ‘n baard gaan kry. Ek verduidelik vir Matthew dat ek vreeslik onfiks is, maar ek dink nie hy het my geglo nie. Hy sal my fiksheid meet. Eerstens moet ek op die fiets-van-die-hel klim en vir 7 minute trap. Na 2 minute kon ek sien Matthew dink hy gaan vandag vir die eerste keer die ambulans moet bel, en hy vra toe maar dat ek onmiddelik moet stop en afklim. Op bewerige beentjies (hulle het om-die-een-of-ander rede dun gebly) stap ek na die volgende masjien. Ek moet ‘n klompie gewigte op sit en dan myself met my bene probeer wegstoot. Teen die tyd is Matthew se kleur terug en hy vra dat ek by 70kg begin en dan van daar af meer gewigte op sit. Ek het 70kg weggestoot. Een keer. Toe is ek klaar. Matthew het my nie probeer oortuig om weer te probeer nie.
Daarna moes ons kyk hoe sterk my arms is. Hierdie keer was ek baie positief, want ek kan baie inkopies dra. Ek sal die goue medalje kry in die inkopie-olimpiese spele. Matthew sê ons begin by 30kg. Wie is die “ons” waarvan hy praat? Ek sien nie dat hy enige gewigte probeer beweeg nie! Na ‘n paar sekondes is ek rooi in die gesig en kreun soos een wat nou net ‘n nuweling in die wêreld gaan inbring, maar die gewigte het nog glad nie beweeg nie. “Ons” probeer toe maar 20kg. Ek het dit gedoen. Een keer. Toe is ek klaar. Die laaste een is sit-ups. Ek moet ten minste 22 kan doen in ‘n minuut – dit is wat onfikse mense kan doen. Nou ja, wat kan ek sê? By 17 het Matthew gevra ek moet asseblief ophou. Ek ontstel die ander mense in die gym met al my geluide.
Laasweek het ek die uitslae terug gekry. Hulle kon glad nie my fiksheid meet nie; ek is nie eens op die skaal nie. Dit was die eerste keer dat hulle dit sien. Ek het hom mos gesê ek is onfiks! Dit sal die mooie Matthew leer om die tannies te glo. Hoe het sy ma hom dan groot gemaak?
Ek was nou al 4 keer terug by die gym en ek het al 4 keer oorleef. Die eerste sessie moes ek meestal arms oefen. Die volgende dag moes ek die rekenaar-muis met my neus rondskuif. Dit maak darem ook dat ek minder eet, want ek kan nie my arms hoog genoeg optel om die kos tot by my mond te bring nie. Ek het al 600 gram verloor.
Ek het nou gou die gorrel getik, want ek gaan oor ‘n uur terug gym toe en ek weet nie of ek daarna die rekenaar sal kan gebruik nie. Hou vir my duimvas.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

hahahhaaa
So die stuk waarheid geniet. Ek is seker jou brein is super fiks en jou humor sin is Honnerd !!
7 jaar 2 maande 3 weke 1 dag 21 ure oud


Gym
Kyk, as jy nie spier geheue het nie moet jy dit maar stadig vat sodat jy elke keer wat jy gaan so bietjie meer kan doen. Jy sal sien dit is die beste motiveerder as jy kan voel jy verbeter konstant en synde jy nou by baie onfiks begin, gaan jy lank kan verbeter.
7 jaar 2 maande 3 weke 2 dae 11 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Hartsnare

deur Driekie Grobler

100 Inspirerende gedigte en hartsgedagtes oor menswees en die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar