Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ja, daar is altyd ʼn ‘eerste keer’.
Woorde wat male sonder tal deur iemand geuiter word.
“Dit is die eerste keer.”
Iemand het eendag die volgende (vir my, verwarrende) waarheid op papier vasgelê
“Ek het jou nodig omdat ek jou lief het.
Ek het jou lief omdat ek jou nodig het.”
Na meer as veertig jaar saam, word hierdie twee sinne toepaslik.
Na meer as veertig saam, word die vraag:
“Het jy my lief?”
Vervang met hierdie twee treffende sinne.
In die huwelik moet ʼn ander woord vermy word:
“Ekskuus.”
Poog om in jou handel en wandel só op te tree, dat hierdie woord so vêr moontlik nie geuiter word nie.

Ten spyte van al my versigtigheid en deurdat die Duiwel nie ʼn lui man is nie, word hierdie filosofiese beginsels geraak.

ʼn Hond en ʼn toilet.
Haar liefde is die honde. Sy boer met honde. Die hele wêreld is opgedeel in stewige kampe met goeie slaap kwartiere. Die hele werf is in kampe opgedeel. Soveel só, dat dit onmoontlik is om vanaf die agterdeur buite om, by die voordeur te kom.
Die een moedertjie het kleintjies. Sy word verskuif na die buitekamertjie naby die agter deur, om sorg te vergemaklik. Die eerste twee weke is 24 uur sorg nodig. Elke twee ure is inspeksie tyd. Dwarsdeur die nag ook.

“Edelagbare Regter, gun my asseblief net die geleentheid om my askuus te verduidelik:
Nommer een.
Ek probeer skryf. Wanneer ek aan ʼn storie dink, is my handeling nie altyd rasioneel nie. My gedagte is meer gekonsentreerd op die formulering van my storie waarmee ek besig is, dan is ek bietjie verstrooid in my optrede.
Nommer twee.
In skryfwerk, is daar ook kompetisies. Vele Web werwe, uitgewers, instansies en instellings, gebruik die geskrewe woord as reklame, bevordering of iets in der voege.
Dit is vir my lekker en ontspannend om uitdagings aan te pak. Dan is dit ook ʼn las op my konsentrasie. Op my roetine verantwoordelikheid en pligte.
Hiermee wil ek net, ter versagting, verduidelik dat my optrede nie doelbewus of aspris was nie.
Dankie Edelagbare.”

Elke huis het sy afsluit roetine. Myne ook.
Ek bring die nag koffie kamer toe. Terwyl sy my pilletjies en die rytjie tjoklits op die bedkassie neersit, loop ek terug. Ek sluit die agter deur en sit die ligte af op my pad terug kamer toe.
Die feit dat haar deel nie gedoen is nie, pla my nie.
‘Sy is seker gou in die toilet.’
Ek kruip in, skakel die televisie aan, omdat dit die beste slaap middel op Aarde is. Ek het vinnig aan die slaap geraak. Net té vinnig.
Ek droom. Ek droom van donder weer, van hael wat op die dak val, van stormwind wat aan die deure en vensters ruk, van honde wat uit vrees blaf en te kere gaan.
Ek skrik wakker. ʼn Aardbewing maak my wakker. Daar is dit weer Die agter deur. Dit klink of die Romeine met hulle stamp pale die deur wil afbreek. In die bed lampie se lig sien ek dat sy nie in die bed is nie.
‘Magtag, is die vrou nou op haar alleen na die oorlog toe?”
Ek spring uit en storm kombuis toe. Ek storm die deur. Die Romeine gaan wen. Die deur gaan meegee. Ek hoor haar benoude roep:
“Willie! Willie! ....”
Ek is benoud. Wat doen sy buite?
Ek sluit vinnig oop.
Die gesig van ʼn verwoede Taurus Rex, tanne en druppende speeksel, rooi bebloede oë!
“Wat de hel! Hoekom sluit jy my uit? Is jy van jou kop af?”
Ek steier verskrik terug. Ek stotter in verweer...
“Askuus!”
Verwoed!
“Ek moet die huis afbreek om jou wakker te kry!”
“Askuus vrou, dit is die eerste keer !”
Drie dae. Hoor my lied. Ek vertel jou, drie dae van nag, verwyt, en vermaan:
“Doen dit weer!”
ʼn Vrou het mos nie ‘ophou’ nie.
Die vierde dag. Dinge het redelik genormaliseer.
My versekering :
“Ek het jou lief omdat....”
“Ek het jou ook nodig omdat....”
Werk nogal.
Die roetine gaan voort
Sy is nie in die kamer nie. Die tjoklits en my pilletjies is nie op die bedkassie nie. Ek sit elkeen se koffie op die bedkassies en loop terug.
Kyk, kyk in my oë. Ek is verstrooid maar nie onnosel nie. Ek stamp my kop nie twee kere nie.
Ek weet sy is buite by die hond met kleintjies. Ek sluit nie die deur nie en los die kombuis se lig aan. Ek los ook die gang se lig aan.
Die Duiwel...?
Die badkamer en toilet en portaal se lig skakelaars is ʼn ry skakelaars onder mekaar. Ek sien die badkamer se lig is aan. Ek sit die hele lot af.
Die kranse weergalm.
“Willie, sit aan die lig!”
Sy is in die toilet!
Weer trap ek in die wip.
“Askuus !”
“Vader, hoe gaan ek my lewenstryd wen?”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Die hond en 'n toilet
.... en (lyk my) so hou die misverstande ook nie op nie. Maar 'n belangrike les leer ek uit hierdie kostelike stukkie skryfwerk - kyk maar uit vir mekaar, want 'n mens weet nooit!
8 jaar 6 maande 3 weke 3 dae 4 ure oud


hondelewe
wereld en hier dog ek ek bly alleen met 'n vrou in die wereld.van die pilletjies af tot die veelvuldige aanhou tot ek skreeu.of jy het insig in my lewe of daar is dalk nog baie manne wat dieeselfde stryd stry.wat van 'n volkstaat vir verstote mans ?
8 jaar 6 maande 3 weke 4 dae 1 uur oud


WIP
Ek is 'n vrou maar ek het ook nie raad nie, want daar is nie pilletjies vir dom nie. Gelukkig is dit 'n pragtige werpsel wat die kaskenades veroorsaak. Lekker storie ten koste van jou eer.
8 jaar 6 maande 3 weke 4 dae 6 ure oud


Askuus....
Ai Oom Willie, ek kan die prentjie net voor my sien. Dit is snaaks hoe lagwekkend 'n andersins onsnaakse voorval kan raak as mens dit in retrospek neem, en dan oor vertel. Die oorvertel vat al die lelik weg en los die snaaks...en nou moet ek nie hard lag nie. Anders is ek ook netnou aan die 'Askuus'
Baie dankie vir die vertellingtjie wat met ons gedeel is...Wys net, komedie ken geen perke..
8 jaar 6 maande 3 weke 4 dae 6 ure oud


Waar
Waar kry ek nou die tyd van die more 'n droë broek .
Die stukkie waarheid het ek nou geniet . Miskien gaan die regter vir jou sê wat van kommunikasie meneer ,roep haar om tehoor waar is sy en as sy vra " wat wil jy hê " sê dan maar net " ek is lief vir jou " .Dan weet jy mos waar is sy en dan kan daar almiskie twee rye van daai tjoklits saam met die pilltjies lê .
8 jaar 6 maande 3 weke 4 dae 10 ure oud


Kostelik! Avonture op eie drumpel!
8 jaar 6 maande 3 weke 4 dae 10 ure oud



Treë na Innerlike Genesing

deur Leonard John Holmes

Hoe werk mens deur die verlies van ’n geliefde? Hoe hanteer jy die depressie, haat en selfverwyte op ’n jong ouderdom? Hoe vind jy God as jy Hom nog nooit persoonlik geken het nie?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar