Gorrel

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Sy hoort nie hier nie. Sy hoort ook nie daar nie. Sy vlug van kwaad, deure klap en harde woorde. Sy blok haarself. In haar kamer. Sy vermy golwe.
Al redeneer sy daar met haarself is dit net sy in haar eie stil.
Sy gee op. Sy gee oor.
Die laaste bietjie gee wat sy het.  Vat dit ook asseblief.
Sy wil nie en kan nie meer veg nie.
Haar spontaan is klaar. Sy kan nie meer lag of dit beter laat lyk nie. Die bak met versiersuiker is leeg. Sy is moeg. Haar self is weg. Waar is sy? Wie is hulle? Sy voel sy rou. Los haar.

Die sewe dwergies het ophou sing en net aanhou loop. Rooikappie is moeg vir rooi. Sneeuwitjie het aanhou slaap en die drie beertjies is in die dieretuin opgesluit. Almal wou op hul eie manier alleen wees en het daardeur mense uit hul lewens weg geveg.

Of dit in ‘n huis, kerk, werk of op die grens is, oorlog maak die mens en die siel dood. Dit skep 'n onherstelbare afstand. Hou op met opkrop. Praat met mekaar. Vind 'n middeweg. Omhels die verskil tussen jou en ander. As jy gaan aanhou wegkruipertjie speel gaan jou maats moeg raak om tot 10 of 100 te tel en jou los waar jy is. Want dis mos waar jy wil wees. Weg.
Maak oop jou deur. Hys die wit vlag en aanvaar almal om jou. Aanvaar jouself.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Die Kreet van Kwaad
Inderdaad
6 jaar 11 maande 4 dae 19 ure oud


Kreet
Mmmm ... slaan jy mos die spyker op die kop!!!

Jy moet meer skryf. As mens eers jou bydraes begin lees, kan jy nie ophou nie. :)
7 jaar 8 maande 1 week 5 dae 1 uur oud



Van ons ander lede

Die winkende Dood

deur neels claasen

die verhaal van n tienermeisie wat in dwelms se kloue beland het



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar