Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek herhaal weer uit vorige bydrae. – (Ek sien dit word nogal gebruik)
Ek staan op die voetgangers loopvlak van die Stormsrivier brug op ‘n baie besoekersdag en doen die triek wat elke keer werk.
Bymekaar ‘n lekker bol snot, hang oor die reëling en release en watch hoe dit val stroompie toe en bymekaar die volgende en skaars klaar, loer ek na links en na regs en sien die vooroorgebuigde spoegende ry mense en die waterval van spoeg stroompie toe.

Wel, ek is nie nou by die brug nie maar wel voor die Mall en het niks om oor te skryf nie en tas wild na iets – enige-iets al is dit iets soos Karmenaadjie in haar skryf stuk “WOORDMOROON” bedoel.
Ek maak plan en stap tot net buitekant die besigste ingang, kyk op, albei hande bak voor die oge en wys nou en dan na iets daar vêr bo en maak verkleurmannetjie oge na links en regs en almal staan bakhand en die braafste kom nuuskierig nader om van my posisie af beter te kan sien en die meer braafste vra:
“Wat, wat is dit – wat sien jy?”
En so ‘n mooi heup, wilde woeste hare stamp aan my uit erge nuuskierig en ek antwoord kykend:
“Ek is ‘n skrywer en soek ‘n muse . . .”

Haar vinnige wegstap met die een-vir-jou-en-een-vir-my boudjies en woorde:
“Dit is nou on-intelligent!”
Was genoeg muse want die woorde wil ek vanaand op Woes toevoeg.
Hierdie neiging wat nou slaafs - Mall en Stormsrivier styl -nagevolg word
Hierdie neiging tot opskrifte langer as die skryfsel self met koppeltekens tussen in . . .
Wat het die swaaiboudjie girl my toegevoeg?
Dit is nou on-intelligent.

Oeeeps.

Willie
2014/02/07




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Mens
Ja wat het van af-tyd geword, he?! Is jy weer besig om te oortree met on-intelligente geselskap, he?
3 jaar 9 maande 2 weke 4 dae 14 ure oud


***
Ek dog jy wou bietjie rus -- ek wou mos sê: wat jy waar gaan kry?
3 jaar 9 maande 2 weke 4 dae 14 ure oud



Buffelshoek se nuwe stasiemeester

deur neels claasen

n Spoorwegroman oor die lewe op die buitestasies in die sestiger en sewentiger jare



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar