Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

By al die negatiewe wat klets blaaie en skryf blaaie en web blaaie inhou, is daar beslis baie goeie punte ook.
Ons almal ontmoet vriende. Baie is gesig loos maar loop oor van woorde.
Juis omdat hulle buite bereik is en half asof hulle nie werklik bestaan in lewende lyf nie, raak ons persoonlik en intiem bevriend.
Ons vertel, huil, lag en deel en almal emosie saam in die proses.

In die proses kom daar uit oord en noord E-posse. Prentjie E-posse, woorde E-posse, film E-posse, ernstige E-posse, humor E-posse, van alles en nog wat.
Sommige verwerp dit as gemors pos.
Ek verwerp sommige wat ooglopend gemors is. Sien dit alvorens ek dit oopmaak.

In die vriende vind, ontdek proses, deel ons ook persoonlike E-pos adresse uit. Sulke rondgaande anonieme E-posse – Wie weet waar die goed se oorsprong is- stuur ons dan aan mekaar.

Soos ek sê, miskien is daar ʼn manier om vas te stel wie die oorspronklike skepper of afsender is. Maar meeste kere is dit irrelevant. Die ding kom by my uit en ek het ʼn spesiale plek/legger waar ek dit berg en later in ʼn DVD omskep en dan heerlik op my TV lê en ‘weersien’.

Op hierdie selfde manier, kom soms spesiale inspirerende woorde, versies by my aan.
Ek herhaal. Die goed is universeel en die skepper is onbekend.
Nogtans erken ek die skepping daarvan ek bedank die skepper vir sy/haar bydrae om lig in my soms donker lewe te verskaf.
Ek het hierdie een ontvang en beskou dit as spesiaal. Ek het nie almal se privaat E-pos adres nie en het dit goed gedink om dit as bydrae te plaas.

Woes se sisteem aanvaar of verwerk nie sierskrif nie en ek plaas dit plein en gewoon:

Lees en geniet dit saam met my.

Die mooiste glimlag verberg die grootste hartseer;
Die sagmoedigste mense is al die ergste verneder;
Die mooiste oë het al die emmers vol trane gestort;
Die warmste harte het al die meeste pyn gevoel;
Die stilste mense het die diepste geheime;
Die wat die gouste oordeel het die meeste geraamtes;
Die wat die hardste lag verberg die minste self vertroue;
Die mooiste liefde is nie selfsugtig nie;
Die mooiste sprokie is die een in jou drome;
Die beste plek om in te wees is in iemand se hart;
Die gelukkigste mense is die dankbaarste;
Die beste Dokters is die mammas;
Die lekkerste gevoel is om verlief te wees;
Die mooiste woorde is “Ek is lief vir jou.”;
Die beste dinge in die lewe is gratis;
Die beste pad is die een waarop jy die meeste geleer het;
Die edelste mense het die swaarste pad geloop;
Die meeste aanmoediging kom van jou beste vriende;
Die waardevolste lesse word geleer deur ons grootste seer;
Die wonderlikste geskenk is die geskenk van die lewe;
Die onmoontlikste dinge is moontlik ons glo;
Die grootste waarborg kry ons in ons geloof.

Geniet die lewe.
Heil die skepper van hierdie waarhede
Willie F van Tonder
2012/04/05



Spaar Geld op Versekering

Kommentaar

al la la!
Albei sneeuwolf en bismarck se woorde is baie waar. Die verskil? Dit hang af hoe jy daarna kyk. Bv. die eerste lyn:

'Die mooiste glimlag verberg die grootste hartseer' versus 'Die aakligste grynslag verberg die grootste hartseer.'

Dit hang dalk af van hoeveel die persoon al seer gekry het. Party mense het al so baie gehuil dat die verskil tussen 'n gelukkige en ongelukkige gesig dieselfde lyk.

Dit wil vir my voorkom om die mense in sneeuwolf se weergawe nog wil probeer, waarin bismarck se weergawe die mense hard en bitter is. Die rede waarom ek so se is: C.S. Lewis het gese: 'Om enigsins lief te he is om weerloos te wees.'

Ek sal albei weergawes aan my mense per e-pos wil stuur sodat hulle kan besluit watter persoon hulle is of wil wees.

Groete.



2 jaar 1 week 2 dae 7 ure oud


die mooiste woorde
baie mooi en baie waar
2 jaar 2 weke 4 dae 16 ure oud


Intensies
Mens kan duidelik die verskil in intentionaliteit tussen anoniem en bismarck se weergawes sien en dit is dit wat woorde mooi of banaal maak, die gees daaragter.
2 jaar 2 weke 4 dae 22 ure oud


Mooi woorde
Dankie sneeuwolf dat jy hierdie met ons gedeel het. Bismarck...wat sal ek sê? Jy slaan die hamer so op sy kop! Ons wil baie keer nie sien dat die 'hardvogtige, grynslaggendes'net probeer 'n muur ophou ter beskerming van hulself. Wanneer mens genoeg moeite en geduld insit, ontdek jy Juwele!
2 jaar 2 weke 5 dae 7 ure oud


Sneeuwolf
Hierdie is beslis iets om oor en oor en oor te lees. Baie dankie.
2 jaar 2 weke 5 dae 11 ure oud


&
Sorrie Sneeuwolf maar ek kon myself nie keer om die 'soete waarhede’ so ‘n bietjie om te keer nie.
Besluit maar self of die goeters wat so wyd en syd per e pos, sms ens verkwansel word, werklik soveel ‘kosbare waarhede’ bevat, as wat die eerste oogopslag ons wil wysmaak.
Hey! En ek is ook nie ‘n ou siniese wetter nie. Inteendeel.

Die aakligste grynslag verberg die grootste hartseer;
Die hardvogtigste mense is al die ergste verneder;
Die onaansienlikste oë het al die emmers vol trane gestort;
Die koudste harte het al die meeste pyn gevoel;
Die mees lawaaierige mense het die diepste geheime;
Die wat die gouste oordeel het die minste geraamtes;
Die wat die sagste lag verberg die minste selfvertroue;
Die mooiste liefde is ook selfsugtig;
Die grootste nagmerrie is die een in jou drome;
Die beste plek om in te wees is buite iemand se hart;
Die gelukkigste mense is die selfsugtiges;
Die beste Dokters is die dokters en mammas die beste verpleegsters;
Die beste dinge in die lewe is baie duur;
Die beste pad is die een waarop jy die meeste geleer het;
Die misdadige mense het die swaarste pad geloop;
Die meeste veroordelinge kom van jou beste vriende;
Die waardevolste lesse word geleer deur ons grootste suksesse;
Die mees gekompliseerde geskenk is die geskenk van die lewe;
Die onmoontlikste dinge is moontlik ons glo;
Die grootste twyfels kry ons in ons geloof.

Probeer so hard as wat ek wou, maar ek kan en wil nie hierdie twee djippou nie!

Die lekkerste gevoel is om verlief te wees;
Die mooiste woorde is “Ek is lief vir jou.”;

2 jaar 2 weke 5 dae 13 ure oud



Skakerings van Grys

deur Swartberg

n Bundel van 54 gedigte oor n hele aantal jare geskryf. Beskikbaar in elektroniese formaat.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar