Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Juis in hierdie onstuimige weer, sien ek Nonna kyk my net met ‘n houtoog aan toe ek gister oggend haar ontbyt aanbied.
Dit is die teken; vier-en-twintig uur voordat sy kraam, geen kos meer nie.

Ons het saam met haar gesuffer in hierdie vogtige warm weer maar was darem seker sy dra nie baie swaar nie.
Teen die tyd dit haar lentegeur-tyd word, was ou Bruce al tonguit en ek dink effe loodloos.
Beide ons om-die-beurt-nagwaak het deurnag geduur. Nonna het gewag vir die oggendstond en toe haar moederwees taak gedoen en die driekies het, een uur na mekaar, luid die lewe gegroet.

Die sien, en besef het my dankbaar gemaak vir die wyse ou wat die reël neergelê het;
“Een vrou, net een vrou en vir altyd net een vrou.”

Dit hou ‘n man darem paraat en ammunisievol.
Gelukkig gaan hy wat Bruce is met ‘n hele paar ander vrouens, behoorlik bedien, nou sy ses maande van uitrus en duiwe vang en blomme verplant en katte verpletter en sypaadjie vryhou van rondlopers, terdeë geniet.
Ten spyte van die ekstra sterk palasade heinig, loop verbygangers liewers oorkant die straat verby.

Ek verstaan net nie die boodskap nie.
Die Natuur.
Kyk, ek leef naby, baie naby en kry ek myself, dan gee die Natuur ‘n boodskap deur.
Siener van Rensburg moes net geleef het dat hy kan verklaar want sien die feite is as volg.
Nonna het al deeglik haar kant gebring en gaan nou haar oudag tegemoet. Ons is eintlik bly dat sy net drie geskenk het want ek dink nie sy sou weer 9 – 11 kon hanteer nie.
Nou kom ek by die boodskap.
Weereens eweredig gedeel met . . . met die tye van verandering daarby.
Die wittekie – ‘n Damekie, heel eerste en voor op die wa met eie wil, leierskap en afsondering en innerlike krag . . .(apartheid?).
Ek weier om haar tiperende blanke intellektuele supereur uit te wys (!)

Nommer twee was die bruinekie (?)
Bruin ? nou nie juis nie. Soms effe aan die donker kant en soms skyn daar ‘n ligtelikheid ook deur.
Asof ma natuur wil sê:
“Mixed breed brothers and Sisters . . . “

Dan die laaste enekie – die lui, slegte, moet-gehelp-word-want-ek-is mos-die-agtergeblewene . . .
Dit is net die wit tussen die swart wat ek nie mooi lees nie.
Is daar dan nou regtig in die regte wêreld ook ‘n mengery aan die gang?
Sal Siener dit alsó kan verklaar?
Hy moet net nie weer begin met daai klaaglied van:
“Sien, sien julle . . .? Ek het gesê; die gordyne gaan in vodde by vensters uithang!”

Ek weet Kleinjan se Leer Jet se betterie is flet, maar ek dink Anita gaan hom dik tik as hy hier een wil steel vir ‘n anner betterie.

Ek dink dit gaan baie moeilik wees om te sien op watter een het hy sy oog ;
Die wittekie beslis nie:
Hy sal nie kans sien vir nog ‘n “Ja miesies . . .nee miesies . . .nie.
Hierdie kleine Matriargie gaan bedeeld wees met sulke vuurskiettende vattie-kakkies-van-kabouterkies- nie, rooi ogies.
Vir dieselfde rede eet hulle nie konyne nie; die konyn het rooi oge!

Die bruinerige een sal ook nie sy oog trek nie; ek hoor so onder die werkers hulle praat van:
“Amper Baas!”
Die Swartekie sal ook nie afgaan nie.
Om een of ander duistere rede is hulle van nature skrikwekkend bang vir enige wit of swart hond.

Vir diegene met belangstelling, die volgende tregnies:
Bullteriers is swaar honde en plof neer om te lê. Kyk, vir die kraam proses is geen matras nie ( Behalwe vir die kraam logistieke proses – skooonmaak en higiëne)
Nou kan die “varkreëling” duidelik in die kraamkas om die rant gesien word. Die kleintjies weet van die veiligheid onder die reëling en kruip daaronder in vir . . .pasop ! vir doodlê van ma.

Na alles verby is en netheid en sin is in plek, gaan die matras met beskermde bekleding terug, maar daar is nog genoeg skuilplek totdat die babakies sterk genoeg is om self te ontsnap en keer.

Vir my bygelowe – daar is b a i e ! – is die syfer drie vol betekenis.
Dan is elke telling nogal met eie identiteit!
Hugh?
Dankie Nonna!

Willie F van Tonder
2012/11/18

\




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Veels geluk
Mooi so daar!
8 jaar 2 maande 10 ure oud



Botes Stamregister en Kwartierstaat

deur Willie Botes

Genealogiese kwartierstaat oor die Botes familie. Ander vanne sluit in Oosthuizen, Botha, Putter, Du Preez en Shafer



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar