DIE PSALM VAN 'N DRINKER
Koning drankbottel is my herder
alles ontbreek my
in slykerige swart modder laat hy my neerlê,
na troebel waters lei hy heen.
Hy verwoes my siel
in die spore van ongeregtigheid lei hy my
in sy vuil naam se wil.
As ek gaan in die dal van doodskaduwee
vrees ek alle onheil
want hy is met my
sy onheilige stok en staf dryf my,
beroof my van alle rus en heil.
Hy berei die tafel van ongeluk voor my
teenoor my jubelende teestanders;
hy maak my hoof vet met smarte
my beker van ongeluk loop oor.
Net ongeluk en smarte
sal my volg al die dae van mylewe
solank ek
in die huis van koning drankbottel bly.
Lees ander gorrelstukke deur Jan v.d. Merwe
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gorrelstuk
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gorrelstuk
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Rachelle du Bois
Lelani Botha bestuur die eksklusiewe boetiek op die dorp. Sy is beeldskoon, stylvol en kunstig. Maar sy dra swaar aan ‘n geheim waarvan niemand weet nie. Tot hul botanis buurman Leon Postma haar eendag betrap in ‘n situasie wat sy nie langer kan wegsteek nie. Hy weet nou baie meer as wat enige ander mens van haar weet en sy verkwalik hom daarvoor. Hy het geen reg om te weet nie. Sy is pragtig, vurig en wantrouig. En sy is in Leon Postma se lyf, in sy kop en sy bloed. Hy sal vir haar ʼn brug oor die water bou wat haar na hom toe sal bring. Of so hoop hy. Maar Lelani bied hewig weerstand teen haar groeiende aangetrokkenheid tot Leon. Sal sy toegee aan die man wat soos ʼn koors in haar binneste kom intrek het? Sal sy uiteindelik die brug na hom toe oorsteek?