Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

as jy nog nooit vir iemand in die tronk gaan kuier het nie,sal die volgende beskrywing nie veel beteken nie.
jare terug het ek die voorreg gehad om 'n vriend in die tronk te besoek wat sy vrou vermooor het.(as dit verskriklik klink,net die volgende verduideliking:ek was saam met hom vir 3 jaar op 'n teologiese kollege en sy vroutjie was 'n vriendin van my.)die verskriklike daad,wat daar toe gely het,die hofsaak en die gevolge van dit alles ,is soos 'n droom.ek het egter besluit om hom die 6 jaar in die tronk te besoek en sy pragtige dogter te ondersteun.
en dis hier waar die reuk van 'lifeboy' seep my altyd sal bybly.wanneer jy in die tronk instap,in die ontvangssaal,en hy kom ons tegemoet,stralend bly,mooi skoon en die reuk van 'lifeboy seep' wat om hom hang.
die tweede sensasie is die geklap van swaar tronkdeure,die geknars van kolosale sleutels elke keer wanneer iemand uit of in 'n vertrek beweeg.weergalmend,dring dit deur vlees en bloed.
die derde is die ander familie en kinders wat vir pa of boetie kom kuier.'n kultuur van hul eie.maar hier,hier binne is daar nie skaamte nie,net blydskap om mekaar te sien,trane wanneer ons mekaar groet.
ons kan ons maar herinner dat daar elke dag,elke uur,tonne 'lifeboy' seep gebruik word en een of ander ma of pa of boetie of sussie die geklap en geknars van van swaar staaldeure moet ervaar.
en weerklink dit in my hart-daar is ek as dit nie vir die genade van die Here was nie !



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

die reuk van lifeboy seep
mmm ek het 'n paar keer vir 'n vriend in die tronk gaan kuier en selfs as polisievrou was dit vir my erg en het ek my oë amper uit my kop gehuil na die besoeke..... God se genade is groot groot genoeg om onskuldige mense uit die tronk te bevry soos my vriend is..... ons kan net op ons knieë gaan en dankie sê dat ons nog nooit in so situasie was nie...
7 jaar 11 maande 4 dae 2 ure oud


lifeboy
Ek het lanklaas iets so diep menslik gelees. Jy gaan of ervaar alreeds ons Vader se seeninge vir wat jy gedoen het om hom te besoek. Ek aanvaar dis die waarheid.
doet so voort!
noenoes
7 jaar 11 maande 4 dae 3 ure oud


Lifeboy
Dankie daar vir die artikel -- ons almal ken die reuk van daardie seep nè? Ek neem aan die feit dat daar net een hoofletter in jou artikel is, is deel van jou aanbieding, maar dit lees nogal moeilik...
7 jaar 11 maande 4 dae 8 ure oud



Van ons ander lede

Treë na Innerlike Genesing

deur Leonard John Holmes

Hoe werk mens deur die verlies van ’n geliefde? Hoe hanteer jy die depressie, haat en selfverwyte op ’n jong ouderdom? Hoe vind jy God as jy Hom nog nooit persoonlik geken het nie?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar