Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Dit was vandag nie ’n aangename dag nie.
Moord is nooit aangenaam nie. Dit is egter deel van boerdery.
As gevolg van die inteling gevaar, moet die vark bere maar slagplaas toe.
Hier is ek die arbeid. Met grondige redes, is hier dus nie ander werkers nie.
In hierdie geval, bring ek vroutjie se honde werker saam.
Varke skuif is ’n uitsondering. Om meer as een te skuif, vind nie dikwels plaas nie. Daarom moet ons eers ’n soort drukgang oprig. Dit alleen is ’n groot werk.
Indien jy diere skuif, skuif die hele spul. Om sommige eenkant af te keer en dink hulle sal gedwee saamspeel, is ’n fout.
Ek wil die heel onmoontlike doen.
Ek wil die mans van die vroue skei.
Stel jou voor: Julle is ’n gelukkige familie en hier kom ek, ek wil jou man wegneem. Net wegneem, die vader weet waarheen.

Dit is moeilikheid soek.
Diere weet. Diere het sensors wat golwe kan optel.
Werner kom kuier. Hy kry die skok opdrag:
“Gryp daai kierie en kom help.”
Stormende, woes deurmekaar varke, is nie jou maat nie.
Ettienne kom ook onverwags aan. Net vir ’n ‘koppie koffie’. Hy kry sy opdrag.

Die operasie was onbeskryflik woes.
Met heelwat verandering aan die konstruksie, is die bere uiteindelik op die bakkie en smul smaaklik aan hulle ‘laaste maal’.
Die halfsirkel wat die sogge en kleintjies vorm om die afskeid te aanskou, die uitdrukkings van weet op hulle gesigte, die stof en sweet op die manne se lywe en gesigte, vertel ’n storie vir ’n riller.

Ek lê met my moeg liggaam op die bed. Op 4 is die program, LNN van die swart komediant, Loyiso Gola. 
Ek geniet sy pittighede nogal. Hy skroom nie om te skerts nie, alhoewel die bewoording aller fyn geformuleer is. Skertsend maar tog met fyn bedekte bedoelings.
Hy takel Julius Malema en spot met sy kamtige ongesteldheid. Hy spot met Julius se  ‘troos’ toespraak voor ’n menigte:
“Ek sal nie ’n witmens skiet nie – ek sal ook nie toelaat dat ’n wit mens in my teenwoordigheid doodgeskiet word nie!”

Dit is nie vroutjie se ligte hamertjie nie.
Die hou is van ’n swaar hamer – in die middel van my voorkop. ’n Doodhou!
Die besef dat dit ’n grap is. Dat dit as pret beskou word. Dat dit niks is nie.
Wit mense doodskiet is common!
Dit word ’n grap op Nasionale TV.

Ons land spog met van die beste Regslui. Daar is talle organisasies wat kamtig ‘baklei’.
Oes die Regslui dan te lekker om nou betrokke te raak?
Ek het iets gehoor en het ondervinding van die ‘Pro Bona’ manier.
Dit is só sensitief, dat ek nie daaraan wil raak nie.
Weet net, die oes is heerlik!

Aan julle. Weet ook net, luister na my:
Jou vel is ook wit. Jou geliefdes en kinders se vel is wit.
In die skieter se oë is jy miskien net nog ’n vark.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Slagpale
so word ons witmense ook gelei na die slagpale...teen 'n swak prys. Goed vertel soos net jy kan Willie,
8 jaar 1 maand 1 week 1 dag 14 ure oud


Geslagte VARK
Goeie foto.
Jy weet natuurlik wie se naam eintlik op die bloedopvang blik geskryf moes gewees het. Eintlik kan ek aan 'n paar name dink.

8 jaar 1 maand 1 week 2 dae 10 ure oud


Moord
Dink jy dat ons 'witmense' weer begin leer om saam te staan en om te gee vir mekaar se veiligheid? Of se ons maar net nog steeds 'Ag shame dis erg!' en doen niks verder nie. Raak ons banger en lammer of sien ons die bedrygings en maak planne om dit af te weer?
8 jaar 1 maand 1 week 2 dae 12 ure oud


Skokkende grap
Jy praat waar, sneeuwolf...ek sien met wyse oë, hoe ons kinders en vroue verkrag en gedood word...tragiese realiteit...nie net die vroue en kinders, maar die plaas(boer)...ons moet wakker wees...paraat, want hulle
gaan ons oorweldig voor ons weet waar ons is!Ek is
bekommerd oor vandag se jongmense en kinders!
8 jaar 1 maand 1 week 2 dae 21 ure oud


rex
Varke ...
Ou Wolfie, jy is natuurlik reg. Die beste wat ons kan doen, is om te glo dat die kinders van die nuwe bedeling sonder die haat en bitterheid van die verlede sal groei en ontwikkel. Tot beskaafdheid eendag seevier moet ons maar so paraat as moontlik wees in ons daaglikse handel en wandel.
En weet dat ons strepie getrek is, en dat ons daaraan NIKS kan doe nie.
8 jaar 1 maand 1 week 2 dae 22 ure oud



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar