Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hierdie onderwerp moenie lukraak hanteer word nie. Dit is egter waar dat sonde ‘n persoonlike klank het:
Dit wat jy in jou hart voel, is verkeerd – dit is dan sonde in jou oë.
Hieroor wil ek nie bespiegel nie - die variasies op die tema is net te veel.

Daarom huiwer ek om ooit iets bo ‘n ander te kies. Alles in die lewe het waarde – vir een mens net meer as vir ‘n ander.
Ek het twee uitsonderings – Wiskunde en Musiek. Dit was my lewe lank my passie en ek het gesorg dat my kinders daarmee vertroud is. Twee het die kitaar gekies en een die klavier.

My lewe draai en wentel rondom musiek – musiek wat waarde, styl en klas het. Dit was ook altoos my Moeder se woorde wanneer mense ter sprake kom. Sy was ‘n vrou van die Aarde met geen verhewendheid bo ‘n ander nie maar inbors, karakter en integriteit het oorheers.
Mense met hierdie waardes is haar klas en daarom altoos die woorde:
“My kind, gaan heen maar hou jou by jou klas.”

Ek vind dit ongelukkig dat ek in musiek ‘n uitsondering maak maar ek beskou dit as sondeloos. Ek het al met baie groot Kunstenaars hand geskud en woorde gewissel – die lys is te lank maar vir hom het ek nog nie aangeraak nie en ek is redelik suinig met sy musiek.
Wanneer ek sy musiek in ‘n voordrag gebruik – beteken dit die bydrae het in my oë hoog waarde.

Hy word ook genoem : Die blinde man.
Hy was in ‘n motorongeluk deur ‘n dronk man veroorsaak en het die gebruik van sy vingers en een oog verloor en is verder lig sensitief. Hy dra altyd ‘n spesiale donker bril saam met sy Spaanse hoed van Leer gemaak.

Hy tree ook op in plekke wat sterk verdonker is met gewoonlik lampe, kerse en vuur as lig
Hy het meer as ‘n dekade gesukkel om die gebruik van sy vingers terug te kry.
Sy Kunstenaars naam is Esteban

Esteban gebruik drukke wat ontsaglik moeilik is en kombineer dit met snare wat totaal moeilik is. Daarom het sy musiek ‘n ander klank en effek as enige ander weergawe van dieselfde stuk en dit maak hom uniek.
Esteban het net ‘n charisme van sy eie en gaan gerus na youTube en leef jou in, in die klimaat wat hy skep.

Ek dink nie ek sondig deur die man uit te sonder en te respekteer nie.
Ek dink wel my mense sondig met my. Anita se huis is haar heiligdom en soos alle heiligdomme kry sy besoeke – onwelkome besoeke.

Dan kom haar nood versoek:
“Willie, die duiwe verf my huis se dak – kom sing asseblief vir hulle”

Ek dink my sangstem het geld waarde en in hierdie moeilike tye moet ek beslis kyk of ek nie ‘n paar rand kan verdien om duiwe op vlug te jaag nie.

Nou is die geheim uit. Kyk na foto 2 – sien jy enigsins ‘n voël ?
Hoekom nie?

Ek staan eenkant en sing luidkeels

Seeman . . . .
Kom van verre . . .¶


Jip.
Groetnis
Willie
2014/06/18.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Geweeg

deur Manie Jackson

Gedigte van skooldae af , die tyd toe ek geweeg is, tot ek getrou het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar