Gorrel

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die Spook van Forum
So het ek vir Jan oortuig om saam met my ‘n kortverhaal (wat toe ‘n lang kort verhaal geraak het) te skryf. Jan stem toe in met natuurlik ‘n ge- “oe” en “a” en julle weet mos, julle ken hom mos. Maar ons begin toe skryf.
Ons weet albei hierdie verhaal sal ons nou nie beroemd maak nie, maar ons het dit spesiaal vir julle geskryf. Net om die lag kliere weer ‘n bietjie aan die werk te sit. Of om julle senuwees te toets. Ons het nie die verhaal gekoppel aan die reëls van die kortverhale nie, ons het dit net gedoen vir die lekker.
So begin ons skryf. As ek my gedeelte klaar geskryf het dan het ek klaar ‘n idee vir ‘n volgende paragraaf nadat Jan syne geskryf het. Ai toggie, dan kom Jan en hy krap alles deurmekaar en ek moet aan iets anders dink. Ek dink ek het hom net so gekou elke keer as hy ‘n idee het. So glo vir my ek en Jan het dood sekerlik mekaar na elke paragraaf lelik in die wiele gery.
Maar dankie Jan. Ek het dit so geniet om saam met jou te werk om hierdie stukkie werk aan ons vriende voor te lê.
Ek hoop julle gaan elke oomblik van hierdie verhaal van ons geniet. Raai asb julle vriende ook aan om dit te kom lees. Ons het dit nie vir onsself gedoen nie maar vir Woes.
Ons verhaal sal Woensdag aand op Woes verskyn. Lekker lees.
©ANS BOTHA



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Die Spook van Forum
Ek sal spookasem eet maar die spookstorie! Dit bly 'n ope vraag.
4 jaar 1 maand 3 dae 11 ure oud


spook
Die een ou spook was vet en die ander ou spook was maer. hulle sit daar in die kerkhof en raas al te naar.....ons wag in spanning
4 jaar 1 maand 3 dae 11 ure oud


Spook
Ans ek hoop jy besef jy SPOOK by my!! Dis amper 1 uur in die nag, nadat ek al gisteroggend 3 uur uitgeroep is, maar ek moes net eers jou Gorrel lees voor ek gaan slaap.
Ek het elke oomblik van ons storie gate uit geniet. Soms wou ek jou, as jy naby was, met 'n stuk stok oor die kop slaan. nes k my storie lekker agtermekaar het kom gooi jy 'n stok in my speke.
Dankie Ans dat jy my eintlik gedwing het om saam met jou te werk.Ek "dink" ek kan dalk iets op my eiie doen, maar ai, daai selfvertroue ontbreek nog. Soms dink ek met 'n storie of gedig, het ek 'n treffer, maar dan kom die twyfel en dink ek almal hier op Woes gaan vir my lag vir my "stupid" poging.
4 jaar 1 maand 3 dae 13 ure oud


Spook . . .
ons wag in spanning . . .:)
4 jaar 1 maand 3 dae 15 ure oud


spook
Wag in spanning en hoop nie ons kry nagmerries nie.
4 jaar 1 maand 3 dae 21 ure oud


spook van Forum
o ek kan nie wag om hierdie spookverhaal van julle 2 te lees nie!!!!
4 jaar 1 maand 3 dae 22 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Wanneer die vyeboombot

    deur adnama

    Gedigte uit die hart. Soms vir daardie blou dae en soms om mens net weer te laat dink oor die doel van die lewe.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar