Gorrel

Titel: DIE TOU
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek is eintlik maar ’n kombuis man.
Met aandete agter die rug, doen ek my kombuis ding, terwyl sy weer haar masjinerie op die eettafel regskuif. Sy soom die dekentjie vir die verwagte nuweling se kot.
Ek moet ook die koffie ding doen.
Op die kas, so eenkant, staan die waterkan met sy kraantjie. Ek hou die ketel onder die kraantjie en sien ek moet die waterkan tiep, dit is al amper leeg.
Onthou is ’n ander storie.
Onthou om die water bottels saam te vat. Ek bring water van die plot af in groot bottels en vul die kan.
Hierdie water is getoets – regtig getoets by die Universiteit se Lab. Die boorgat is 170 meter diep. In die water ONDER die aarde.
(Terloops. dit is in ’n ondergrondse meer met onbepaalbare diepte, Ons kon sak tot 30 meter in die meer in, toe raak ons meet toerusting on effektief)
Ek moet onthou, gryp dus die foontjie en sit ’n ‘onthou water’ op die dingetjie.

Ek vat haar koffie en sy herinner my weer:
“Die water is klaar, laai die bottels nou dadelik op jou bakkie, jy gaan vergeet. en trek op jou broek man, jou boude steek al uit!”
Getroue slaaf doen dit. Ek trek my broek op en sit die bottels op die bakkie.

Met oggend koffie, 02h00, kom dit weer vakerig:
“Het jy die waterbottels onthou?”

Die dag loop sy loop. Tot en met sonsopkoms doen ek my rekenaar ding.
Ek Gorrel met my, sommige gesigloos, vriende.
Dit laat my lewe.

Die dag loop sy loop.
Ek weet nie wat met my liggaam aangaan nie. Party dae pas die broek styf, dit bly bo. Ander dae, is dit los en ek moet bly optrek.
Ek vervies my, gryp ’n stuk tou, ryg dit deur die lissies en maak vas.
Magties! dit is heerlik, nou het ek albei hande vry om aan te gaan met my dinge doen.

Die dag het nie ure nie, net sekondes. My foontjie is getrou. Hy onthou die water.
Ek vat die bottels en staanmaak dit onder die kraan. Die geluid van water wat loop doen dinge aan ’n mens se wese.
Nou, op hierdie oomblik, doen dit aan my een ding; Ek was te besig met my dinge doen deur die dag, te besig om my blaas leeg te maak.
Op hierdie ouderdom, met brieke wat lank gelede al opgehou funksioneer het en vele bekers koffie later, moet ek spoed, dem vinnig spoed.
Ek spring, maak solank oop, gryp en druk sy gorrelpyp toe. Die inlê kweper is neffens, storm op hom af, release en ….
Aaaa ! hemels.

Spring terug, die waterbottel loop oor, vat weg, ruil om, maak vol, sit proppe terug, pak op die bakkie en die foon lui.
“Bring sommer brood ook saam.”
Duisend dinge moet reg wees voordat ek die hek agter my toemaak. Ek maak die bakkie se deur oop, draai eers om en kyk. Ek gaan deur die ‘opstyg lys met reëls’ in my kop, gaan alles deur.
Tevrede, alles is reg, trek ek weg.

Ek stop by die Spar en loop deur die rakke.
Tamaties. My tamaties is klaar.
Die man wat nie ten minste een tamatie per dag eet nie, moet sy kop laat lees. Ek eet soms drie. Elke dag. Dit is nogal ’n ritueel om te aanskou.
Brood. Ek laai een en takel volgende ry
Cadbury. Sy verjaar oormôre. Ek laai twee.
Cadbury met vrugte en neute.
Tande paste. Myne is al platgedruk. Ek begin dit nou al glad oprol.

Ek loop ry op en ry af.
Rama. Origional. Die vetkoek het myne in die grot al bykans opgevreet.

Ek kom by die kasregister. Dit is ’n dametjie wat ek nie ken nie. Ek kan die dametjies nie uitlos nie. Moet eers grap – te hel met die tou mense agter my.
Ek sien die bedrag:
“Kinta, ek hoop ek het genoeg kontant.”
Ek tiep die kleingeld sakkie uit. Die goed is swaar, sy moet dit minder maak. Terwyl sy werk, grap ek.
Ek sien sy kyk onderlangs na my ‘belt’ se kant.
Ek moet nog note ook gee. Ek tel note af, sy kyk nie na die note nie, sy kyk na my belt. Ek grap terwyl ek tel. Ek sien sy hoor nie my grap nie. alhoewel sy glimlag.
Dit val my by van die tou.
“O, jy sien my belt?’
Ek lig my hemp en wys haar my tou belt.
“Die dem. broek het bly afval toe gryp ek maar die tou, ons maplotters kan planne maak.”
Ek sien sy kyk na die tou, maar net ’n vinnige kyk en toe tel sy die geld en ek verbreed haar glimlag met nog ’n grappie en loop.

By die huis, is sy steeds besig met die soom van die dekentjie en ek vat vir haar koffie.
Sy kyk vir my en kyk na my belt:
“Willem, sal kruisbande nie beter wees nie?”
Ek trek my skouers op.
“Willem, het jy brood gebring?
“Ja, liefding en ander goeters ook.”
Sy draai terug na haar werk en sê so sydelings:
“ Jy moet begin onderbroek dra, jou gulp is oop.”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

DIE TOU
Eish!
8 jaar 1 maand 1 week 6 dae oud


Die tou
LMGA!!! ek is mal daaroor ek dink ons gaan lekker klaar kom
8 jaar 1 maand 1 week 6 dae 22 ure oud


Tou
Hehehehhe, Willie man dit laat my nou aan myself dink! Maar was dit darem 'n lang tou?
8 jaar 1 maand 2 weke 5 dae 9 ure oud


Die Tou
Ai Sneeuwolf jy verdryf al die stof wat ek opgetel het deur die dag met rerige stories wat mens met jou hart laat lag!
8 jaar 1 maand 2 weke 6 dae 7 ure oud


Tou
Sit maar op daai foontjie 'Onthou om die kweper se deksel'
Arme ou meisietjie by die til!!!!
8 jaar 1 maand 3 weke 7 ure oud


Hangtou
Ag hoe lekker om die dag so te begin.
Jy is 'n 'tonic', plein en simpel.
8 jaar 1 maand 3 weke 8 ure oud


When...
God made little boys
He made them out of string
He had a little left
...
Now please just put away the damn thing!

Eina - Wolfie jou tou hang los!
8 jaar 1 maand 3 weke 8 ure oud


Hehe!
XYZ: X-check Your Zip! Lekker gelees en gegiggel...
8 jaar 1 maand 3 weke 22 ure oud


die tou
Goeiste Willem, toe isit nie die tou wat al die pla en aandag trek nie, jy sal ma vroulief se raad volg ne!
8 jaar 1 maand 3 weke 1 dag oud



Kroniek van die Suid-Afrikanse Weermag (1912 - 1994)

deur Francis Gillieron

Beskryf die geskiedenis van die ou SA Weermag vanaf sy stigting in 1912 tot sy ontbinding in 1994. Die SA Weermag se voorgeskiedenis word ook weergegee.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar