Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek drink nie,behalwe 'n wyntjie nou en dan.Maar wanneer ek vleisbraai(dis ok net ek ek en die vrou)dan kyk ek wat is is oop en beskikbaar.Vandag is dit 'van Loveren River Red'.
Vroegvanmore het ek 'n openbaring gehad(lank voor die wyntjie)oor die mens,die godsdiens,die ewigheid,die toeval ens.Sommer 'n ongelooflike insig oor die 'waarheid'.Teen 10vm,na ek 'n brief spoedpos mos stuur Durban toe(R62 !)kry ek opdrag om vleis te braai vir middagete.Teen die tyd draai die openbaring hier deur my kop,en ek besef ek het hulp nodig.Dis toe dat 'van Loveren' se River Red,die werk moet doen.In die agtergrond speel ek 'n C.D.uit die geskiedenis,ek stook die 'brickets'(ek weet nie meer hoe om vuur te maak met hout nie).En stadig maar seker,soos die proses vorder en 'van Loveren' sy deel doen,kry ek die wonderlikste insig oor lewe en dood,die rasse vraagstuk,die Polekwane vergadering en sommer alles wat saak maak.'A visit to Mars' wat ek gisteraand gekyk het,kry ongelooflike betekenis.Sommer alles wat gepla het.kry nuwe betekenis.Dis asof die wyntjie so 'n sagte wysie speel in my kop:'Moenie worry nie,alles gaan olraait wees'
Nou probeer ek gou,terwyl alles so duidelik is,dit aan my Woes vriende oor dra.Maar ek moet gou maak ,ek sukkel om die toetsbord raak te sien,hoekom is alles so maklik,so duidelik,so logies?
Ek dink ek gaan nou 'n bietjie slaap,'n man het nodig om weer dinge in perspektief te sien.Maar ek is feitlik seker van een ding-ek moet weer 'n bottel van die 'van Loveren' in die hande kry.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Wonder
Klink of daai Van Loveren dieselle deuntjies as Bob Marley sing.
7 jaar 8 maande 1 dag 12 ure oud


Uit die mond van die Suieling
word alles duidelik totdat jy gaan slaap. More wonder jy hoekom jy nou nie meer kan onthou presies hoekom dit so belangrik was om 'te Weet' nie.. Hahahaha Het jy Disprins ?
7 jaar 8 maande 1 dag 16 ure oud


-
...en mens verkondig hierdie wyshede net totdat iemand vir jou sê, "dit is tyd om te gaan slaap".
7 jaar 8 maande 1 dag 22 ure oud


Gesondheid!
Dankie vir hierdie lekkerlees bydrae!
7 jaar 8 maande 2 dae 9 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die Lied van Lorelei

deur Rachelle du Bois

Mikrobioloog Talana de Waal keer na haar familie se sitrusplaas in die Laeveld terug om navorsing te doen. Sy bring haar vriendin en kollega, Dr Lerina Keyser saam. Alles gaan voor die wind tot haar kleinboet en sy vriend besluit hul ouer broers, Marius en Armand se liefdeslewe het 'n hupstoot nodig. Die misverstand wat volg het katastrofiese gevolge. Die vreeslike flater laat die wraak van die meisiekinders vlamvat. Tot die bye swyg en die swartvlieë hou op eiers lê . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar