Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dit is my goeie reg om soms ook maar suur te wees.
Die oggend nuus rapporteer:
“ Taiwan, die grootste produsent van rys sit met meer as veertien miljoen ton rys in voorraad en kyk buigend na China opdat die Chinese het besluit om een miljoen ton van die voorraad aan te koop.”

Die oor-aanbod van rys duur egter voort.
Kan rys suur word van ouderdom?

Op dieselfde maat is daar in ons geskrifte ‘n oor aanbod van Gedigte.
Ek dink beslis dat Gedigte ook suur kan wees –
Bloot
Opdat die “kenners en magtiges” se voorkeur na my denke nie altyd so wonderlik is nie.

Hierdie magtiges se voorkeure is vir my nie altyd duidelik nie.

Ek, as lid en trots daarop ook, is teleurgesteld dat so baie van die prag werke wat op Woes verskyn nie erken word deur hierdie “magtiges” nie.
{Glo vir my, dit word wel raak gelees!}

Ekself staan nie eers in die skadu van talle van ons Digters nie –
Maar ek het my reg om te oordeel of dit wat ek lees waardevol of leeg is en ek lees so baie waardevolle juwele op Woes raak, maar dit bou net op as voorraad in die Woes-stoor en word nie erken in die media nie.

Wat moet die gemiddelde nederige Digter doen om net bietjie erkenning te kry?

Ek het al na ‘n uitsending geluister waar ‘n Digter se werk gedissekteer en bejuig word en daarna volg ek my Predikant se raat –
Ek seg net : “ sjuuu-sjuuu-sjuuu . . .”

Ou Dominee kom die tuinpaadjie op met die Woord onder arm vir sy huis besoek.
Ek is besig om die hoennertjies van die stoep af te jaag want hulle beskyt alles en ek is luid en arms swaaiend :
“Tjokoff-tjokoff-tjokoff . . . “
Ou Dominee gryp my aan die skouer:
“Seun! Nee-nee-nee; maak net sjuuu-sjuuu–sjuuu, hulle sal vanself tjokoff! . . . “

Na my oordeel en denke is daai kamtige Gedigte soos ou rys; ook maar maar suur . . .

2015/08/12



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Suur
Suur seg jy...mmm... baie diplomaties gestel. Ek hoop tog nie jy sjuu vir die skrywers nie, want ek wil tog nie he iemand moet tjokoff nie. Nee ek wil he hulle moet aanhou tot die suur weggaan.
3 jaar 11 maande 1 week 5 dae 10 ure oud


Lees en dig . . .
ai, as ek net meer tyd gehad het, sou ek regtig almal se werk lees en kommentaar lewer. Ek lees maar net die wat vriende is en versoeke stuur se werk en probeer so positief moontlik kommentaar.
3 jaar 11 maande 1 week 5 dae 14 ure oud


Dig . . .
Ek skryf nie juis oor wat in die binnekring van Woes aangaan nie maar wel oor wat die Media en die koerante se reaksie en negatieweteit is oor wat op Woes aangaan. Ek is baie seker hulle weet deeglik maar niemand seg iets nie.
Hier is baie en beter werke wat wel vermelding werd is en baie Woesters het al bundels publiseer maar van buite Woes word niks vermeld nie.
3 jaar 11 maande 1 week 6 dae oud


suur rys
ek wil vir Evelyn ditto... ek probeer ook so ver moontlik alle nuwe werke lees en kommentaar lewer maar sien ook dat baie van die woes skrywers skynbaar nie in ander se werk belangstel nie maar tog graag kommentaar op hulle ie werk wil he.. dan is daar natuurlik die eenvoudige woordjie van dankie teenoor die wat wel die moeite doen om kommentaar te lewer wat agterwee bly...
3 jaar 11 maande 1 week 6 dae 3 ure oud


suur
Ek is geneig om saam te stem Sneeuwolf, hier het talle nuwe digters ge-arriveer met hope potensiaal, maar of ander lede dit raaksien is te betwyfel. Ek lees alle nuwe bydraes sover moontlik en haal iets positiefs uit om die digter te inspireer, partymaal is dit maar moeilik want mens moet grawe en ander se werk staan eenvoudig net soos 'n paal bo water, maar ongekommentaar wel gelees.
3 jaar 11 maande 1 week 6 dae 4 ure oud



Kruispad

deur Manie Jackson

Toe Luzette en Manie se paaie gekruis het, en die lewe daarna.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar