Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Na aanleiding van 'n interressante en leerryke stuk oor digkuns vir dommes -- en daarvoor is ek dankbaar --, waarby vir my nog een kapiteltjie ontbreek het.:

Graag sou ek iets wou lees (en leer) oor hoever die grammatika en spelreëls (nog?) in die digkuns van toepassing is.

Is dit nou verpligtend om sonder hoofletters en punt en komma te dig?
Is die gebruik van deeltekens en kappies en ander tekens verbode?
Watse straf word opgelê as `n digter nie so en soveel persent Engelse rymwoorde gebruik nie?
Laat die digterlike vryheid dit nog altyd toe dat 'n digter grammaties-korrekte sinne bou?

Ek het dit ook nie studeer nie, maar onthou dat 'n grondreël in die skool was:
Praat (en skryf) só dat die ander mens jou kan verstaan.  Of swyg.

Die oumodiese inspekteur kom vorentoe gedurende die taalles van die moderne onderwyser, en skryf 'n sin aan die tafel:
  --  Die onderwyser se inspekteur is dom.
Jannie moet die sin met interpunksie versien, soos volg:
  --  Die onderwyser, sê inspekteur, is dom.

Geld die reëls nie meer nie (in die digkuns)?

Met geïnteresseerde groete,
phanToom  -];o)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

:-)
Ek sal ook nooit al die reels verstaan nie. Ek hou van gedigte skryf wat rym, nou lyk dit my is dit ook outyds en vervelig......vir sommige mense.
8 jaar 1 dag 3 ure oud


In aanerkenning
Verskoon my asseblief!
Die lesenswaardige rubriek deur Katriena Katryn dra die titel Poësie vir ,Dummies', en het op woes.co.za op die 8e. Junie 2008 verskyn. (Dis al meer as 1 000 maal gelees -- met reg!)
Groetnis
vanToom



8 jaar 4 weke 4 ure oud


Ek okkie
diggie menek
-];o)
8 jaar 4 weke 12 ure oud


Nou praat jy
Lees ek die gedigte en poësie in byvoorbeeld Digters en Digkuns, sien ek al die reëls van skryf daar.
Op Woes is ek tereg gewys dat
net klein lettertjies moet gebruik word
geen leestekens nie
woorde mag verdraai word om by die rym te pas
die sin mag krom en skeef gebuig word om by die rym van die skrywe te pas

Daarom

Askuus, ek kan nie dig nie!
8 jaar 4 weke 12 ure oud



Van ons ander lede

The Road to Eden

deur Rachelle du Bois

Once rich and still beautiful, Eve Vermont’s life was in tatters. She found a job as house manager with the wealthy and powerful Blythe family. She soon realised that the compelling Adam Blythe was determined to uncover the painful secret of her past. She was forced to accept that he wasn’t going to stop until he knew what brought her to Oak Manor but was she prepared to open up and allow him to know her as he intended? Or would she keep hiding from Adam and the world? Adam Blythe found a stylish, beautiful and mysterious woman in his home. As house manager. She was totally unsuitable for the job, and he felt compelled to find out more about her. And as he uncovered the layers of this incredible woman, his love for her grew and he knew he had to keep her at Oak Manor at all costs. But would she stay?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar