Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Netnou dink julle happiness . . .
Jipeee . . .!
Ou Wolf is stil – hy is seker Annerland toe.
Kom wens hom happy landings toe . . .

No Ways.
Verkeerd.
Ekke hy iiiiiis!

Dinsdagaande is arm mens aande. Dan bied Ster Kinekor geleentheid vir arm mense om ook te gaan fliek – teen . . . twee vir die prys van een.

Sy is die broodwinner – die enigste een wat ‘n jop het in hierdie huis en sy nooi my saam. Ek saam vreeslik graag want die fliek en ‘n blikkie Coke (by die kafee gekoop ) is op haar.

Clint Eastwood het die film gemaak. Daarom trek dit my aandag.
Chris Kyle het vir tien jaar die oorlog van die Amerikaners teen die Arabs oorleef. As Skerp Skutter het hy honderd en sestig kepies op sy geweer se kolf kon maak.
‘n Baie goeie fliek met al die nodige spanning, frustrasie, liefde en wreedheid – baie goed uitgebeeld.
Oor die waarheid.
Dan sterf die Amerikaanse Volksheld aan die hande van ‘n mal Oorlog- veteraan.

Ek gee nie geheime weg nie – gaan Google maar die storie.

Een ding lei na ‘n ander en in die lig van die aand se genieting en die feit dat my oge nog nie sal toe gaan nie, dink ek ook aan ander mallighede soos in die Beste Boekie vertel:

Stop.
Gaan hierdie paragraaf verby.
Lees beperking – blou soos die hemel – XXXX
Thanks vir vertrek na die volgende paddagraaf.
Lees nou mooi. Tel mooi. Maak somme.
Ek skryf in syfers:
$4,800,000,000. – In Rande is daar nie die eweknie getal nie want dan moet ek die dollar met nog 15 vermenigvuldig.
Wat is snaaks?
Die liefde.
Dit waaroor gesing word in die letterkunde.( En op Woes - erg!)
Die liggaam.
Jip die liggaam . . . van ‘n vrou.
Hierdie is die bedrag wat ‘n ryk Rus vir sy vrou moes betaal het –
Betaal het om hom te los sodat hy die liggaam van ‘n ander vrou kan gaan beproe !
Hier staat my kop stil –
Wat kan nou anders wees?

Welkom terug:
Weer geld:
$1,079,952 . . .
Maal dit nou met vyftien
Dis die bedrag wat ‘n Duitse Museum verloor het toe ‘n skoonmaker ‘n Kunsstuk ge-asblik het –
Reken hy ; ‘ Dit is ‘n stuk rubbish!”

Weer ‘n getal.
Hierdie keer baie groter as enige hier bo . . .
73 !
Hoekom só min ?
Verkiesing resultate deur die Goewerment van Azerbaljan uitgereik . . .
(Ek het al gehoor van Maljan – oor sy kop seker raas. Maar Baljan ?
Ek wil hier liewers nie hardop raai nie . . .uitjies . . . UIE?
In elk geval, hierdie is die getal meerderheid kiesers wat vir die President gestem het.
Net jammer; die uitslae is uitgereik voordat die stemmery begint het !
Ruik iets in Suid Afrika?

Weer ‘n getal.
Dit lyk my ek speel nou klop-klop.
Raait, kom ons speel:
Klop-klop . . .
Wie’s daar ?
Waarsitie . .
Waarsitie wie . .
Waarsitie levetrie!

Okei, die volgende getal is naais.
24 !
Tia is ‘n Neopolitiaanse Bull Mastif teef.
Dis die getal babatjies ( Die meeste ooit aangeteken) wat met ‘n Keizer snit uit haar gebore is.
9 Dametjies en 15 bulletjies !
21 van hulle het oorleef!
Pragtig nê?

Luister die een;
(Weer ‘n getal)
78 . . .
Dis die getal ‘ teen opstand bestand’ voertuie wat die Duitse polisie gekoop het.
Nou moet jy glo. Die Duitsers maak nie foute nie.
Hierdie ma se voertuie moet bestand wees teen opstande.
Teen Missiele.
Teen Molatof Cocktails. ( Dis die bottel petrol met ‘n brandende lappie as lont)
Teen vliegende klippe en bakstene . . .
Kyk, ‘n Duitse skare in opstand is nie jou maat nie.
Toe ?
Toe loop vertoon die Polisie een so ‘n voertuig en die skare vererg hulle. . .
Wanneer Duitsers kwaad word, dan word hulle kwaad en voordat hulle die rug draai en wegstap van hierdie magtige tuig . . .
Draai hulle om
En
Met tennisballe, vrot eiers en plastiek bottels vol water . . .
Wrak hulle hierdie wonderlike polisie tuig!

Nog ‘n klop-klop
Die getal 3600
Hierdie is grillerig.
Dis hoeveel soorte van spinnekoppe daar in die Amasone woude rond beweeg.
Die grootse een?
Die Goliat voël eter . . .
En die meneer kan tot dertig jaar oud word!

Ek klop klaar met:
911
Die vrou . . .
Hierdie vrou gryp die telefoon.
Sy gryp, bewe, rittel en stamel, waansinnig . . .
Bel:
“Bring asseblief vir my net ‘n donnerse sigaret!”

Baai
2015/03/10








Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Di
Verstand-verskrikkend....my vertaling van 'mind boggling' Oulik ne?
Anyway, dis wat al hierdie syfers maak in my kop.
Wat is daai vliek se naam?
4 jaar 9 maande 1 dag 2 ure oud



beloftes

deur daniel v kaylan

'n Briewe roman oor die verlore, verbode liefde van 'n jong meisie...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar