Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

'n Uur gelede kom sit ons vriende ons en vetel van hulle twee maande besoekie aan Namibie.Hulle kinders woon daar en hulle vir oulaas met die motor gaan kuier.Nou die vriende is nie sommer gewone mense nie,hulle is gesoute Suidwesters wat al 'n boek geskrywe het oor hulle omsweringe.'n Verhaal wat vele mense se lewens maar vaal laat lyk.Hulle is nou-al groot mense,diep in hulle sewentigs.So 'n besoek gaan gepaard met baie voorbereidings.Dis geskenke vir al wat 'n kind en kleinkind is,net die beste klere vir allerhande uitstappies waarop ma en pa,oupa en ouma getrakteer gaan word.Peuseldinge,garnaalkonfyt,rooskonfyt,beskuite en sommer vele dinge wat doer in die verre lande nie noodwendig beskikbaar sal wees nie.
Onthou Windhoek is ver en daar word beplan om oor te slaap 'n paar keer.So gebeur dit dat hulle die tweede nag in Keetmanshoop aanland by vriende in 'n aftree-oord.Diefwering,mooi snoesig tussen elektriese heings en 'devils fork' heings.Waar kan jy nou veiliger kry?Net die nodige word afgelaai om weer vroeg te ry kinders toe.
Twee-uur die nag skreeu die Mercedes se alarm en teen die tyd dat hulle die motor bereik is die skade reeds gedaan-venster met geweld stukkend geslaan en drie tasse gegryp.Met al die mensies se klere,geskenke vir die kinders,alles.O,hulle was darem tegemoetgewend,los al die 'cool bags' met kos en drank.Na die ergste skok word die polisie gebel en die gesprek gaan so:'Mevrou,wat wil u he moet ons doen?''
Is julle nie die polisie nie,vang julle nie skelms nie?'
Om 'n lang storie kort te maak-die ondervinding word opgevolg met longontsteking in Windhoek,R900 dokters rekening na 4 ure se gewag by 'n kliniek omdat die dokters blykbaar nie nuwe pasiente soek nie,nog twee besoeke aan 'Pathcare' vir bloedmonsters wat 'n verdere R2000 kos.O ja,het ek genoem dat die dokter by die kliniek nie afrikaans of engels kon praat nie(hy is Bulgaars)
Mutual en Federal was,met behulp van hulle plaaslike makelaar fantasties om vinnig by Glasfit die venster te vervang,net om uit te vind,die geweld van die inbraak het die venster meganisme beskadig en daar is net een in die land wat per koerier aangestuur moes word.Dit word toe ook spoedig gedoen en die storie eindig met 'all's well that ends well,of so-iets.
Weet julle wat,hulle het oom Pieter se gunsteling koor sing das
gevat.
Dis darem 'n blerrie skande......



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Skande
Sulke goed laat mens se bloed behoorlik kook! Bo en behalwe die finansiele verlies is dit bejaardes waarvan mens praat en ag nee man, die polisie se reaksie! Stem saam, dit is 'n blerrie skande!

Terloops: Garnaalkonfyt? Rooskonfyt? Wil jy nie asb die resepte met ons deel in "Vandag in Woorde" nie? Ek vrek nou van nuuskierigheid ...
7 jaar 4 maande 4 weke 1 dag 7 ure oud



Vergete Pioniers

deur neels claasen

n spoorwegroman uit die sestigerjare



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar