Gorrel

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ons begin mos voels voer voor die slaapkamervenster!Wat 'n vreugde-allerhande voels begin ons erf ontdek-gewone outjies,mossies,vinke,spreeus,hier en daar 'n tarentaal.Shame daar is een eensame fisant,hy het erens iets verkeerd gedoen en was deur die familie weggesmyt(ek ken die gevoel)
Toe ontdek ek een more die buurvrou oorkant die straat spog met heuningbekkies,sysies of so-iets.Maar hulle is pragtig en fyn.Maar soos dit die lewe gaan,die outjies drink net soet suikerwater uit so 'n ;fancy' bottel,gevul met rooigekleurde water.Dadelik soek ek en kry gelukkig op saterdag se markie,so 'n bottel.Die oom verkoop hulle vir R45.Kan nie wag om by die huis te kom nie,my wandelstaf in die tuin te staan maak,my bottel vol rooiwater maak en in die kamer gaan sit.En wragtag,nie 'n halfuur nie,toemeld hulle aan.Tot ons groot vreugde.
Toe begin ek wonder,hoekom hou hulle van rooi,wat van blou?En net daar soek ek nog 'n bottel('n Pel maak hulle vir geskenke,moet ek toe uitvind)Terug by die huis,bottel vol blouwater,binntoe en gaan wag.Natuurlik sal jy my nie glo nie,'n halfuur later toe proe enetjie aan my bloubottel ook.Daar stort die wetenskaplike teorie(myne natuurlik)dat hulle deur die rooikleur aangetrek word,in duie.
Nou wat van groen,geel,pers?Ag vader,nou maak ek my eie bottel,en hierdie een word 4uur die oggend(ek kon nie slaap nie)buite opgestel.
Teen die tyd het ek vir ma 'n handige,ligte verkyker by Kalahari.com aangekoop en wil jy nou wragtig,hulle suip aan die een ook.
Blykbaar(volgens my pel)is glasbottels beter.Die kry jy net van sekere soorte wyn.
Die week gaan ek wyn koop en koekkleursel.Snaaks hoe mens se dae en dinge kan verander.
Long live bird watching!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ano
Blou
Te dierbaar! OK, nou weet ons voels is kleurblind, of dalk geniet hulle net al die 'cocktails' :-))
5 jaar 6 maande 2 weke 1 dag 5 ure oud


bloubottel
Lekker gelees Johny
5 jaar 6 maande 2 weke 2 dae 1 uur oud


blou bottel
lekker gelees Johnny
5 jaar 6 maande 2 weke 2 dae 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Bothaville in the Second Anglo Boer War

    deur Francis Gillieron

    CHRONICLE OF BOTHAVILLE'S ROLE IN THE SECOND ANGLO-BOER WAR



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar