Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dit is ‘n heerlike onderwerp wat Bestuur vir ons voorgestel het hierdie week.
Dit gee enige storie verteller vrye teuels om voort te borduur en te vernuwe aan eeue oue verhale, verdigsels, waarhede en vertellings –
En -
Soos ek alreeds genoem het – doen ek skaamteloos mee aan hierdie oorvertellings.

Een ding is nie ‘n oorvertelling nie . . .
Not ‘n dem . . .
Dit is waar.

Die gedigte wemel van verfoei en verwyt –
Van verlange en van hunker –
Van swaarkry en geluk –
Van wil en wil nie -
Van kan en kan nie –

Maar een ding is waar en die raat het ek gratis gegee.
Dit is eintlik raat teen domgeite.

Hierdie parkie voldoen volmaak aan die Engelse woord –
Tranquility.
Daar is nie ‘n Afrikaans vir die woord nie –
Rustigheid is nie dieselfde nie want vrede ontbreek.

Dit is wat heers hier in die parkie met sy massiewe bome, mooi blom tuine en rusbankies.
Ten spyte van die omring deur massiewe kantoorblokke en winkels en ‘n gejaag van karre en geroesemoes van ewige gejaagde mense –
Word alles gedemp en selfs verstil deur die skone natuur hier in die parkie en oorheers die koer van duiwe en vrolike sang van voëls alles wat rondom aangaan.

Ek drink hierdie tranquility in en weet dat hierdie soete smaak heers ook in die Ander Wêreld wat alreeds binne my sig lê.

Ek kom sit gereeld hier om gedagtes te vertroetel en, soos nou sit op die bankie hier neffens twee manne in hulle fleur met hulle middag kosblikke en ek luister onwillekeurig na hulle wêreld se klagtes en onderwerp –
Vroumense . . .

Die een met die polo-nek trui is die klaer:
“Hendrik, glo vir my ek is klaar. Hendrik ek vertel jou ek is vodde en raadop. Hierdie Magriet maak my klaar, klaar, glo maar vir my.
Dit is voordat ek werk toe gaan. Met middagete moet ek huis toe gaan en dan is een keer nie genoeg nie –
O’ nee! Sy soek nog ‘n rondte en dan kry ek na werk nie eers kans om ‘n bier oop te maak of ons moet eers kamer toe gaan om behoorlik te groet.

Voor aand ete is dit glo net ‘n voorgereg en na aand ete en TV kyk . . .
Hendrik, dan is dit asof sy Spitfire brandstof gesluk het . . .”

Ek luister en ek hoor en ek weet; die man is nog dom en ek verhef my stem:
“Mater, moenie dom wees nie en vat my raat en al jou probleme is opgelos en sy stop met haar trieks want dan word dit - volgens haar - jou luste!”
Ek kan sien die man is gereed vir raat want hy is stil en gee aandag –
“Trou haar my seun. Trou haar en als is verby!”

2015/04/17



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Dom
Hehehe oeee eheh
4 jaar 7 maande 1 week 7 ure oud


***
:))
4 jaar 7 maande 1 week 1 dag 7 ure oud



Vader, vergeef

deur http://www.woes.co.za/

'n Geestelike digbundel met 46 Gedigte wat begin by sosiale kommentaar oor die euwels in ons samelewing en dan oorgaan na storiegedigte gebaseer op ware verhale van gebedsverhoring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar