Gorrel

Titel: Dries
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek glo nie ek het julle al van Dries vertel nie.
Ek was in Std.4 (Gr.6) toe ons van die plaas af, dorp toe getrek het. Hoofstraat 118 Paarl. sal ek dit ooit vergeet.
Ons was nog besig om in te trek toe Dries kom kennis maak en uitvra oor waar ons vandaan kom en wie ons is. Dries was die bure se seun, 'n jaar ouer as ek en 'n Mongool.
Tydig en ontydig het hy kom inloer. Later het ons gewoond geraak dat hy nie klop nie, maar sommer net instap en homself tuismaak.
Menige dag moes ek direk na skool by hom gaan speel. Hyhet net nie nee vir 'n antwoord gevat nie.
Sy geliefde spel was krieket. Hy wou net altyd "bat" en ek moes "boul." As ek moeg was net nie meer wou speel nie, mjoes ek hol vir my lewe. Hy het sy pa se byl gegryp en my gejaag tot ek ons deur in sy gesig kon toeslaan.
Dan was daar sy kar. 'n Tafel met 'n stuurwiel voor en 'n nommerplaat agter. Waar is die dag toe hy die tafel tot op die sypaadjie gestoot het. Hy het hulle telefoon opgetel en net begin skakel. Toevallig kom hy toe by Bester's garage uit. Hy bevel hulle om dadelik 'n insleepwa te stuur want sy kar staan. Binne 5 min. was die insleepwa daar. Hoe meer die man vra waar is die kar hoe kwater word Dries. Is jy dan bebli...? Kan jy nie my kar sien nie? Die ding se enjoting plug is stukkend! Sleep weg en maak reg! (War die enjoting plug was weet ek tot vandag nog nie.) Dries se pa moes maar ewe gedwee die rekening betaal.
Toe sy pa hom met die besem wou bykom gryp Dries weer die byl. Toe ou Ampie (soos ons kinders die oom genome het) weg hol, sê Dries so ewe kalm: "Die ou wetter is nog bang vir my!"
Dan was daar die dag wat ons die hengse lawaai van toeters in die straat hoor. Dries se swaer het sy kar voor hulle garage, teen 'n effe opdraende geparkeer. Dries besluit toe dat hy nie daar mag parkeer nie. Hy haal die kar uit rat en laat dit agteruit loop tot reg in die middel van die straat.
Dries en sy ma het elke jaar in Grahamstad gaan vakansie hou. Hulle blyplek en treinkaartjies was klaar bespreek, toe sy onverwags 'n week voor hulle vakansie, oorlede is. Almal soek vir Dries. Ek kry hom onder sy bed waar hy lê en huil. "Nou's die Ouvrou vrek en ons vankansie in sy maai in!"
My ma is net 3 maande later oorlede. Op die dag van die begrafnis kom Dries ewe sedig simpatiseer met trane wat stroom oor sy wange. Hy was verskriklik life vir my ma. "Oom Hennie, Johan en Hentie, ek wil net baie geluk sê met die Antie se dood."
Later het ek begin werk, my pa het weggetrek en het ek Dries vir baie jare nie weer gesien nie.
Een jaar, met vakansie in die Kaap, hoor ek dat Dries se suster hom in Stikland laat opneem het nadat sy pa ook oorlede is. Met baie moeite en sukkel, kry ek eindelik toestemming om Dries te mag besoek.
Verslae staar ek hom aan. Maer, uitgeteer en uiters verslons, staan hy daar. Die son kom op oor sy gesig. Met 'n gil storm hy op my af. Kry my beet, omhels en druk my styf teen hom vas.
Teen my verwagtinge in onthou hy my sowaar na al die jare!
"Wie is jy? Gaan weg, jy pla my. Ek wil gaan eet en slaap!"
Dries, ek sal jou altyd onthou. Ek het gesien jy rus ook nou saam met jou ouers, nie ver van my ouers en broer af nie, in die Paarl begrafplaas.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

die weervoorspelling
dankie vir die pragtige memories.
almal behoort dit te lees.
5 jaar 4 dae 22 ure oud


Dries
dankie Jan vir hierdie kosbare deel .. ek ditto ook vir Viooltjie
5 jaar 1 maand 2 weke 2 dae 3 ure oud


D
Ai jinne man, siestog. Geluk met die antie se dood....kan jy nou meer.
Wat 'n eer om ook vir Dries te leer ken deur jou skrywe.
5 jaar 1 maand 2 weke 2 dae 6 ure oud


Dries
Ek stem saam met Viooltjie. Lag met 'n traan.
Dankie Jan!
5 jaar 1 maand 2 weke 2 dae 9 ure oud


dries
dankie vir die deel van hierdie hartseer storie Jan
5 jaar 1 maand 2 weke 2 dae 17 ure oud


Dries
Dis nou 'n pragtige storie. Hy sou darem seker nie régtig kap met daai byl nie . . . ?
5 jaar 1 maand 2 weke 2 dae 19 ure oud


Dries
Diis nou 'n ware glimlag met 'n traan storie, Jan. Dankie dat jy dit met ons gedeel het :-)
5 jaar 1 maand 2 weke 2 dae 20 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Sonstraalbeloftes

deur Doret Johnstone-Robertson

'n Digbundel. Grootliks in Afrikaans, maar bevat ook vyf van my gedigte wat ek in Engels vertaal het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar