Gorrel

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek en my broer se dogter is terselfdertyd verlief. Ek, as geskeide vrou, op 47, verlief op ‘n yslike groot Engelsman met ‘n rooi baard. En my niggetjie, op 13, is verlief op een van haar skoolmaats van 15. Altwee van ons is gelukkig dat beide die “ouens” ook op ons verlief is, so alles is goed. Laas Donderdag is ek en die Engelsman nou al 11 maande bymekaar, en Vrydag het die jongetjies ‘n hele maand saam gevier.

Alhoewel ek nou nie my volwasse verhouding met jonge niggetjie sal bespreek nie, hou ek haar op die hoogte van hoe dit gaan en hoe gelukkig ek is. Sy, aan die ander kant, bel of sms gereeld om my op hoogte te hou van hoe dit daar by haar gaan. Ek weet nie van nog tieners wat alles van hulle lewens met hulle ma en tannie bespreek nie. En niggetjie se kop is reg aangeskroef. Sy het vir die jongman vertel hoe kwaai haar pa is en dat hy geen nonsies gaan duld nie. Sy het ook uitgevind dat dit onwettig is vir seuns van 16 om seks te hê met dogters van 13, en sy het toe ook so aan die mannetjie oorgedra. En sy het hom laat verstaan sy is nog net 13, so hy kan haar hand vashou, maar sy gaan nie meer toelaat nie. “Uitgaan” beteken dat hulle saam stap skool toe, en dan weer huis toe in die middae. Daar word nie buite skoolure gekuier nie. Saterdag bel sy my toe vreeslik opgewonde. Vrydag was mos die 1ste “anniversary”. Die jongman het soos gewoonlik saam met haar en 2 vriende huis toe gestap. Maar toe sy moes afdraai (en die ander dan gewoonlik aanstap), besluit die mannetjie om so ‘n entjie saam met haar te stap. Sy vertel hy was effens vreemd en styf. Toe hy groet, gee hy haar ‘n drukkie, en die volgende oomblik soen hy haar vol op die mond! En vandaar die oproep: sy het haar eerste soen gekry!

Ek is so bly vir haar dat haar verhouding so mooi onskuldig is, en dat haar eerste soen so ‘n groot geleentheid was. Van haar vriendinne het alreeds seks gehad, en vir hulle beteken soen en hande-vashou niks. Dit moet vreeslik wees om op 13 al so ‘n blasé uitkyk op verhoudings te hê. Ek en die Engelsman was vir amper 2 maande net vriende. Daarna het hy my hand vasgehou, maar wou my nie eers soen nie. Ek moes eers bewys dat hy die enigste man in my lewe is. En daardie eerste soen was fantasties! Net soos my 13-jarige niggie s’n.

Dit is lekker om verlief te wees! Op 13 en op 47.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Van ons ander lede

VREEMDELING IN MY VADERLAND

deur Piet Schoombie

Dit handel oor die probleme wat baie Suid-Afrikaners in die nuwe SA ondervind en hulle wroeging met die vraag of hulle moet ry of bly. Lesers sal hulle ten volle kan vereenselwig met die realiteit van korrupsie, misdaad en moord in dié boeiende verhaal..



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar