Gorrel

Titel: Durban
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vanoggend vroeg lui my foon. "Oom jan, jy moet asb. kom want jy moet Durban toe ry." "Het ek reg gehoor, Durban? Daar is mos nie myne nie, en ons ry elke geval nie daarheen nie???" "Ja oom Jan, jy moet iets by ons SANDVIK-kantore daar gaan aflaai. Wel, dis nie in Durban self nie, maar sowat 10 km voor Durban."
Soos blits spring ek in my werksklere en laat wiel na ons stoor. Dis redelik ver, maar net die gedagte aan 'n ander pad as die gewone afgesaagde een na ZAC of KANGRA is al klaar 'n bonus.
Omdat ek nie tolpadgelde kry nie moet ek oor Graytown ry. Die pad self is op sommige plekke nou nie juis iets om oor huistoe te skryf nie. Slaggate is vir kilometers aan die orde van die dag. Ek is deur twee uiters gevaarlike passe waar daar skaars plek vir een voertuig is. Wat nog van twee wat by mekaar moet verby uit verskillende rigtings. Aan die afgrond se kant is geen versperrings nie en jy moet maar meet en pas om by mekaar te verby. Een misrekening en jy is die afgrond af.
Mense, die natuurskoon maak egter op vir al die stress. So asemrowend mooi het ek lanklaas gesien. Duiselingwekkende afgronde aan die een kant. Berge, heuwels en koppies aan die anderkant. Hoogtes vanwaar jy kilometers ver in die toekoms kan sien. Bome en plantegroei wat ek nog nie voorheen gesien het nie. Die pragtigste blomme, bossies en struike. Genoeg om jou asem weg te slaan. Plek plek nog asvaal en swart na die winter, en dan onverwags, die lowergroen velde wat voor jou uitstrek.
Pomeroy en Tugela sal ek bitter graag weer op my eie tyd, besoek.
Hulle laat my aan 'n tweeling dink. Finkel en koljander. die een soos die ander.
Deur hierdie dorpies kan jy nie haastig ry nie. Daar is nie 'n manier nie. Verkeer kom feitlik tot 'n stilstand. Beeste, bokke, skape en hoenders wei rustig in die strate en vreet hulself dik aan die miljuisende oopgeskeurde swartsakke vol afval koolblare en wat nog alles daar uitpeul.
Gee jy pad vir een van die diere moet jy baaaaie versigtig wees om nie 'n stalletjie, wat sommer in die middel van die straat opgeslaan is, plat te ry nie! Dan is daar natuurlik ook nog die ewige taxi's wat ry soos hulle wil.
Stopstrate, of dan geen verkeersreels, bestaan in hierdie dorpies nie. Elkeen ry soos hy wil. Tussen hierdie deurmekaar mal spul moet jy ook jou oog uitgooi vir voetgangers. Die pad behoort aan hulle.
Dan skielik is jy deur hierdie gekkespul en die oop pad wag vir jou. Haha! Jy dink die bees of bok staan 'n km ver in die veld. Op die een of ander onverklaarbare rede staan hy skielik in die middel van die pad. Paar maal het ek sommer die toeter geblaas om te kyk of hulle skrik. Sal nie weer nie. Daai dier kyk jou aan asof hy dink jy is mal. Jy moet mos weet die pad behoort aan hom!
Doen jouself die guns, vir 'n onvergeetlike ondervinding, en gaan ryy bietjie daai roete. Ongelukkig het ek net my werk se vervoer, anders het ek een naweek weer hierdie pad gaan ry. Dis absoluut 'n onvergeetlike ondervinding en regtig die moeite werd.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Durban
Onse mooie land!! Jy skets dit so mooi!
4 jaar 1 maand 3 weke 14 ure oud


Durban
Behalwe so om en by Durban en hier-en-daar 'n ander dorpie klink dit my die ou Natal bly steeds ongerep...
Dankie vir die saamry, Mater!
4 jaar 1 maand 4 weke 1 dag 20 ure oud


Durban
dankie dat jy jou uitstappie met ons kom deel het Jan
4 jaar 1 maand 4 weke 1 dag 23 ure oud


pad
dankie vir die saamry Jan. die beskrywing is darem no so tipies Natal as wat jy wil beleef
4 jaar 2 maande 1 dag 7 ure oud


Pad . . .
klink amper soos wanneer ons deur Botswana ry . . . net daar is die wêreld vir 800 km maar net dieselfde (vir my ook pragtig) Kalahari. Daar draai die donkie in die middel van die pad darem sy kop weg van jou kar af as jy aankom. Natuurlik moet mens maar stadig ry.

Dankie Jan, dat jy ons saamgevat het deur hierdie mooi wêreld.
4 jaar 2 maande 1 dag 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Wie Praat Nou? Boek 1 - ʼn Gids na die wêreld van Geestelike Energie

deur Thalita Goosen

Wie Praat Nou? Boek 1 - 'n Gids na die wêreld van Geestelike Energie - is die eerste van 'n reeks opeenvolgende boeke wat vanuit 'n geestelik/wetenskaplik/sielkundige denkrigting onderrig. Hierdie reeks boeke is gemik op daardie mense wat gereed is vir 'n hoër Waarheid en reguit antwoorde.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar