Gorrel

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Deesdae luister ek ook Radio RSG in die more(nuwe 'gimmick' met oorfone van my selfoon af.Dis nou as ek op die oefenfiets die lang pad vat en tuur oor die see.Maar 'n paar oggende is die inligting en besprekings wat ek moet aanhoor nie goed vir hart nie,en as ek een van die dae stil word,gaan soek my daar erens op die pad met my oefenfiets(dis nou die 'stationary' een)Want wat ek hoor maak my uiters depressief.Vir die rede oefen ek,vir die hormoon inspuiting om net oor die ergste te help.In die Oos-Kaap,veertig dokters wat nie salaris gekry het van Januarie af nie,in 'n ander deel 80 skoolhoofde wat met vol salaris geskors is,in die polisie-jare gelede toe ek in die mag was,moes ek 3 eksamens afle om luitenant te word en jou kanse was nog maar skraal.Nou word 'n konstabel 'nb kolonel en totaal onbevoegde mense word aangestel,Iemand wat inbel vertel dat hy nou kort op 'n ongelukstoneel was en toe daag daar 41 kolonelle op bahalwe al die ander.'n Ander inbeller vertel dat hulle 'n gewapende roof beleef het en na die polisie(blykbaar heel gou)opgedaag het en die perseel deurgegaan het,toe vermis hy meer goed as wat gebuitis in die rooftog,Nou moet ek stop want ek kry sulke snaakse rukkings in my regteroog en dis nie goeie teken nie.My probleem is nie soseer dat hulle range uitdeel nie,ek deel die sentiment dat daar dalk 'n omkeerstrategie kan kom wat werk,net een vraag:Wat doen jy dan met al die honderde onbevoegde persone wat elke denkbare afdeling in staatsdiens,polisie,hospitale,howe volsit(of rondstaan en niksdoen)Jy sal hulle nie mag afdank nie,jy kan hulle nie almal'suspend' of skors nie?En die laaste cherry op die koek vanaand se nuus van die munsipale bestuurder wie se salaris tot oor die 2 miljoen opgesttot is.Vergewe my,nou kan ek nie meer nie,ek moet nou een of ander bottel nadertrek....



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

liggies brand
Oom Wolf, daardie ligte brand "on appro"!
7 jaar 8 maande 3 weke 4 dae 7 ure oud


Weet jy . . .
As mens alles en alles in berekening bring is daar een wonder werk:
Hoe de moer kry hulle dit reg dat die land se ligte nog brand?
7 jaar 8 maande 3 weke 4 dae 14 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Die winkende Dood

    deur neels claasen

    die verhaal van n tienermeisie wat in dwelms se kloue beland het



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar